Mag ek uit die slaapkamer praat?


Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za
V: Ek en my beste vriendin gesels graag oor ons huwelike. Ons deel sekswenke en ek sal haar vertel as ek weer kwaad is vir my man. Onlangs het ons saam met hulle gekuier (haar man is ook vriende met my man) en iets is gesê wat hom laat besef het ek bespreek ons sekslewe met haar. Hy was woedend. Ek sien niks daarmee verkeerd nie en voel dis vir my beter om teenoor ‘n vertroueling te bieg as wat ek opkrop. Is dit okay om jou man en jou sekslewe met jou beste vriendin te bespreek? En waar trek ‘n mens die streep?

A: Ek dink meer mense moet begin gesels oor hulle huwelike – die goeie en die slegte daarvan. Die idee dat ‘n mens nie uit die slaapkamer mag praat nie, laat baie huwelike in die donker. Ons gesels tog oor alles anders in ons lewe met ons vriende soos ouerskap, werk, geloof, dieet, ensovoorts. Dié ‘geselsies’ het ‘n dubbele doel in die sin dat dit vir jou ‘n uitlating gee wat keer dat jy nie alles hoef op te krop nie. En tweedens dien dit as ‘n manier om jouself en situasies teen ander te meet. Die meeste mense wat na my kom vir berading is vas oortuig dat hulle die enigste mense is wat met hierdie probleem sukkel. Gedagte begin dan in hulle rond maal: “Dit maak hulle abnormaal, ‘n duidelike teken dat daar fout is met hulle, dat hulle iets verkeerd gedoen het”, en so raak die angs groter en groter. 9 uit 10 moet ek vir hulle vertel dat hulle probleem is eintlik ‘n baie algemene een en is nie reg ‘n probleem nie. Maar hoe sal jy weet dat jou huwelik normaal is as jy nooit daaroor praat met ander mense nie?
Omdat ons nie buite die slaapkamer gesels nie, word ons seksuele frustrasies op gekrop en weet ons nie altyd of ons sakeprobleme normaal is of professionele ingryping verg nie.
Noudat jy die voordele van ‘uit die slaapkamer praat’ met ‘n vertroulike vriendin ken, moet ek jou ook inlig oor die potensiële slaggate, en ook waar om die lyn te trek:

1. Wees versigting om nie jou man se karakter en integriteit af te breek terwyl jy jou gevoelens ontlaai nie.

2. Ek glo aan ‘n intieme huwelik waar man en vrou naak voor mekaar staan (Genesis 2:25). Wat dit beteken, is dat daar geen geheime heers tussen ‘n paartjie nie. Só iets kom altyd uit en dan is dit nie net dit wat jou man moet verwerk nie (mans in baie skamer oor hul seksualiteit as vroue!), maar ook die leun.

3. As jy jou man toestemming gee om ook sy seksuele frustrasies met sy vertroulike vriend(e) te bespreek, sal hy dalk meer inskiklik wees oor jou openhartigheid teenoor jou vriendinne.

4. Onthou egter: Niemand mag gesels as julle nie eers self met mekaar daaroor gepraat het nie.

Om met jou vriendin te gesels, gaan jou dalk beter laat voel, maar dit gaan nie jou seksprobleme oplos nie. Die enigste oplossing is om oop en eerlik met jou man te gesels. Sodoende sal jul huwelik groei.

Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

Raad vir die Man om sy Libido te verhoog


Raad vir die Man om sy Libido te verhoog
Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

Tans is die meeste vrae wat ek ontvang rondom die man se lae libido. Dit sê vir my dat die mans in Suid Afrika is onder geweldige druk. Druk by die werk, druk om finansieel te voorsien, druk om ‘n goeie man te wees, druk om ‘n goeie pa te wees, druk om ‘n goeie Christen te wees. Al hierdie druk wat die man onder is, los baie min ruimte vir sy seks dryf om te floreer.
Vrouens is gelukkig in die sin dat hulle makliker hulle lae libido kan wegsteek. Daar is baie maal wanneer ‘n vrou wel seks het al is sy nie lus nie. Sommige vrouens ‘fake’ orgasmes. Maar die arme man. Hy kan nie ‘n orgasme ‘fake’ en nog minder seks hê as hy nie lus het nie. Die man kan nie sy lae libido wegsteek nie.
Hier is nog so paar praktiese wenke om die regte tiepe testosteroon in die man weer te laat vloei.

• Eet vleis : Hoender, bees en skulpvis is alles hoog in die mineraal Sink is. Hierdie mineraal help met die produsering van testosteroon

• Massering van die testes : Testosteroon word in die man se testes geproduseer en massering van die testes stimuleer meer produksie daarvan. Doen dit vir so paar minute elke dag

• Wees kompeterend : Studies het gewys dat mans wat ‘wen’ het meer testosteroon

• Meer voorspel : Tydens voorspel skei die vrou feromone af wat die man meer ‘turned on’ maak.

• Oefeninge : Mans wat ten minste drie keer per week oefen het hoë testosteroon vlakke

Erotiese Soen


Erotiese Soen

‘n Soen kan so baie dinge beteken. Ons soen ons kinders, ons soen groet as ons so geleer is, ons soen selfs ons skoonma’s as ons braaf is. Terwyl ons nog ge-date het, was soene eufories. Maar so baie van die huwelik paartjies wat my kom sien kla dat of hulle nie genoeg soene kry nie of dit net nie meer lekker vind nie. In sommige kulture word ‘n soen meer eroties en intiem gevind tussen twee mense as wat seks beskou word.
Een van die redes hoekom die soen sy regmatige plek in baie huwelike verloor het, is omdat dit beskou word as iets om klaar te kry voordat jy kan seks hê. Ironies genoeg die meeste mense wat so voel oor seks, kla ook dat hulle seks ook nie meer so lekker en opwindend is nie. ‘n Soen word beskou as iets wat tieners doen wanneer hulle nie mag seks hê nie, of ouer mense wat nie meer seks wil hê nie. Dr Andrew Stanway beweer dat ‘n paartjie wat meer gereeld soen sê vir hom baie meer van die huwelik se seksuele en algemene gesondheid as wat gereelde seks vir hom sê.
Interessant dat die meeste prostitute sê dat hulle nie bereid is om hulle kliënte te soen nie, want dit los hulle vir hulle eie liefdes verhoudings.
Nadat jy anderste begin dink oor soene en begin opgewonde raak om die erotiese soen terug te bring in jou huwelik in, is die eerste ding wat jy moet doen om die soen uit die slaapkamer te bring. Die soen is nie meer die voorganger van seks nie. Die soen is die petrol wat jy in jou en jou maat se seksualiteit-tank gooi. Hoe meer jy deur die dag soen, hoe verder sal jy kan gaan in die slaapkamer.

Wat kan jy doen om jou soen meer eroties te maak?

• Maak seker jy is lekker genoeg om te soen. Hierdie sluit beide mond higiëne in as ook om terug te soen. Daar is baie min wat meer afsitting is as wanneer jou maat nie positief reageer op ‘n soen of enige ander seksuele daad nie.
• Neem elke geleentheid om mekaar te soen.
• Vermei die gewone soen op die lippe vir ‘n rukkie en eksperimenteer met ander plekke op jou maat se gesig en lyf om daardie soen te plant. (Jy sal vinnig agter kom daar is baie verskuilde sensitiewe plekke waarvan jy nie gewet het nie)
• Blinddoek jou maat terwyl jy die soen werk doen. Dit gaan meer fokus op die gevoel-sensasie sit as ook op die fantasie en opgewondenheid van hierdie ‘vreemde-soen’.
• Wissel jou soene af met sagte – harde soen, kort pik soen en lang gevoels soene.
• Moenie bang wees om jou tong te gebruik nie.
• Byt, blaas, knibbel, suig en trek is alles deel van die erotiese soen.
• Soen ‘n bietjie met jou oë oop, veral as jy jou maat op die lyf soen.
• Breek die soenery op om in mekaar se oë te staar, voordat julle verder soen.
• Luister vir enige positiewe terugvoer wat jou maat gee. Wanneer jy al die regte knoppies druk, bly bietjie langer daar.
• Soen jou maat waar sy gesoen wil word. Baie vrouens geniet dit nie as hulle mans hul borste of nippels soen nie. Soen haar waar dit haar sal bly maak en sy sal die guns ruil.

Onthou net, die erotiese soen is meer as net voorspel of iets wat tieners of jong verliefdes doen. Dit is jou beste manier om jou eie en jou maat se seks dryf hoog te hou as ook om daardie diep liefdes gevoelens te kommunikeer vir wat jy geen woorde voor het nie.

Voorbereiding vir die huwelik


Timothy,
Voorbereiding bring voorspoed… het die een oom ‘n gesegde in ons gemeente! En hoe meer ek daaroor wonder hoe meer word ek gekonfronteer oor my perspektief op wat voorbereiding behels,..
i. Wanneer begin ek my voorbereiding? (Timothy party ouens dink voorbereiding hanteer net die trou reëlings, die res sal ek uitwerk soos krampe terwyl ek loop, help asseblief!)
ii. Wat kwalifiseer my as die perfekte maat, is die kriteria vir gereedheid ouderdom en dies meer?
iii. Onthale en rokke vs reinheid en romanse, wat is die verhouding (Parts in relations to?)

Antwoord:
i. Niemand pak enige iets groots aan sonder die nodige voorbereiding. Jy mag dit dalk net net maak sonder die nodige voorbereiding, maar jy sal nooit wen of goed doen nie.

• Die kanse dat jy mr right dadelik gaan ontmoet, en dadelik verlief raak ens is min
• Jy het ‘n beter kans om in iets te hardloop en seer te kry. Hand op wie al seer gekry het in ‘n verhouding?
• Kom ek vertel vir jou wat het ek gedoen toe ek met Janet uit gegaan het om ons voor te berei vir die huwelik.

1. Ons het oor belanrike dinge gesels wat baie keer tot argumente gelei het
2. Ons het niks onder die mat in gevee nie, soms net vir ‘n rukkie laat af koel
3. Nie toe gelaat dat ons fisiese liefde oorneem oor ons vriendskap en commitment liefde nie
4. Gereeld met vriende en familie gekuier. (Idea inplaas van saambly)
5. Gereeld vir mekaar gevra hoe kan verbeter

• Teen die tyd toe ons trou het ons presies geweet wie ons maat is en wat om te verwag.

ii. Sjoe, my skoonpa het vir my persies dieselfde vraag gevra toe ek sy dogter vra om te trou toe ek net 20 jaar oud was.

• Het ek God se vreude oor my verhouding met Janet?
• Het ek genoeg geld om vir haar te sorg?
• Is ek volwasse genoeg om ‘n man te kan wees? (Al was ek te jonk om ‘n wettiglike dokument teken nie ;)

iii. Elke vrou het ‘n begeerte om met ‘n wit rok by haar troue af te stap. Mans moet hiervoor luister en dit respekteer.

• Maar vir baie is die uiterlike beeld wat hulle vir die publiek wys meer belanrik as wat regtig in hulle verhouding aangaan. Dan gaan geen wit rok, ring aan jou vinger, sny van die trou koek enige iets vir jou beteken nie.

• Wees eerlik met jouself en met jou maat en laat julle ware verhouding mense beindruk nie net die mooi tradiesies nie.

Raad vir “Jong getroudes”


Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

V. Ek is 25 en trou volgende jaar, ek lees nou van mense wat in hul huwelik 10years down the line seksueel sukkel, of hul sien mekaar nie meer soos destyds nie, of pappa sien mamma nou as moeder en nou wil hy haar nie meer raps nie ensovoorts ensovoorts…Op hierdie stadium in my lewe kan ek so iets nie indink nie (ons is jonk en um ja, sien meer uit na die honeymoon as die troue hehe) maar is daar stuff (moets en moenies) wat mens van dag nommer een in die huwelik kan doen of nie moet doenie wat ‘n mens se seksuele kant van die huwelik sal sustain & beskerm? (behalwe obvious goed soos moenie emosionele wrokke laat bou nie, moenie met ander mense flirt nie, moenie ‘n 100kg optel nie) Ek praat van day-to-day living…

In elk geval dis dalk ‘n simpel vraag maar jou antwoord sal my interesseer…

Groetnis

A. Geluk met julle trou datum volgende jaar. Mag julle huwelik ‘n voorbeeld vir almal rondom julle wees. En ek is bly om te hoor julle sien meer uit na die honeymoon as die troue self. Dit sê vir my julle het besluit om te wag tot die honeymoon om saam te slaap. (Well done) Ek en my vrou was self een van die eerste mense wat by ons eie trou gery het ;)
As ek vir jou net een day-to-day living tip moet gee hoe om die erotika tussen julle nog sterk te hou na 25 jaar se getroude lewe is dit die woord “tsâchaq”. Tsâchaq is ‘n Hebreeuse woord wat beteken lag, terg, speel en om jouself te geniet. Gaan lees Genesis 26:8 waar Isak vir Rebekka tsâchaq, en dit is nie die tiepe lag, terg en speel wat gepas is tussen broer en suster nie. Dit is ‘n erotiese lag, terg, speel en om jouself te kan geniet in jou maat se teenwoordigheid.
Ek het die ander dag in ‘n restaurant gesien hoe ‘n sewentig jarige oom vir sy vrou (ook 70) iets in die oor fluister en toe haar oor so bietjie van ‘n nibbel gee. Sy het so bietjie skaam gelag en sy hand vas gehou. Na al die jare tsâchaq hulle nog mekaar. En as jy kan tsâchaq dan weet jy die res van jou huwelik is ook gesond.
Groete
Timothy Kieswetter
Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

Help! My man is nie meer lus vir seks nie!


V. “Ek en my man is tien jaar getroud en hoewel daar niks skort met my libido nie, is my man nooit meer in die bui vir seks nie. Dit gaan finansieel goed met ons, hy is gesond en ons verhouding is beter as ooit. Wat kan die oorsaak wees?”

A. Geagte leser, daar kan verskeie rede wees wat ‘n man se libido sal verminder of hom keer om ‘n vol ereksie te kan kry en daardie sal selfbewustheid hom keer om intiem te wil raak.
1. Werk/ of ander stress
2. Mediese redes, soos hartprobleme onder andere
3. Seksuele bevrediging op ‘n ander plek, soos pornografie of ‘n skelmpie
4. Hy kan ‘n onderliggende emosionele wrok teenoor jou koester
5. Dat hy jou in ‘n ander lig begin sien het. Bv. Sommige mans sukkel om seksueel met hulle vroue te verkeer nadat hulle geboorte gegee het, of baie gewig opgetel het of deur ‘n siekte of trauma gegaan het.
6. Dit is ook moontlik dat na 10 jaar se ‘vanilla’ seks, het die eroties en ‘excitement’ die slaapkamer verlaat.

Volgens jou vraag skakel jy so paar van die redes uit. Maar ek sal die volgende voorstel wat jy kan doen.
1. Kommunikasie tussen man en vrou is absoluut van kritiese belangrikheid. Gesels met hom hieroor, moenie tot enige gevolgtrekkings self spring nie.
2. Het hierdie verandering in jou man se libido skielik of oor ‘n gelyktydige tydperk gebeur? Indien dit skielik gebeur het, is daar heel waarskynlik ‘n spesifieke insident of situasie wat dit ge-‘trigger’ het.
3. Daar is ‘n hele paar dinge wat julle kan doen om hulle seks lewe op te ‘spice’ as dit ‘n bietjie ‘vanilla’ geraak het. Eksperimenteer met nuwe posisies, kry vir julle seks-speelgoed, bring rolspel in julle liefde maak roetine in. Dink buite die boks en bring die fun terug

Hierdie situasie moenie geïgnoreer word nie, want dit kan potensieel julle huwelik verwoes as dit gelos word. As hierdie eenvoudige wenke nie genoeg is om julle weer intiem te kry nie, stel ek voor dat julle ‘n afspraak by ‘n seksuoloog maak.

Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

V. Ongelukkig in jou huwelik wat nou?


A. Baie kere bevind ons onsself in ‘n situasie waar ons die vraag vrae: “Hoe het ek hiér beland?” En soms is die huidige omstandighede so onverdraagbaar dat skei vir jou na die enigste opsie lyk. Skei is nie sonder sy eie trauma en emosionele hartseer nie. Dink terug aan die tyd toe jy wel gelukkig was in jou huwelik. En asb gaan sien ‘n huweliksberader voordat jy ‘n besluit neem om te skei. Daar is geen rede vir enige iemand om ongelukkig in ‘n huwelik te bly nie. Werk daaraan, want ek kan jou belowe jou huweliksmaat geniet ook nie die ‘hel’ wat julle huwelik geword het nie. Moenie wag dat dit te laat is om help te gaan kry nie, gaan lank voordat julle mekaar begin dreig met skei.

Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

Raad oor “Bene lam en snak na asem seks”


Raad oor “Bene lam en snak na asem seks”

Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

Hi Timothy,

Dit was vir my ‘n groot eer om jou te ontmoet. Jy het ‘n fantastiese Jesus-liefde vir mense. Ek lees graag jou Gesonde Seksualiteit’s Blog. Dis inspirerend vir die huwelik en sekslewe.

Vandag het ek die guts bymekaar gemaak om vir jou te skryf en hier is my dilemma. Ek wil graag hê my bene moet lam raak en my asem moet jaag vir my man, ek dink dit het te doen met intimiteit. Ons het gereeld seks, maar niks van die vinnige hartkloppings of oorweldigende klimakse nie. Ek weet my man is lief vir my, maar ek kan dit nie in my hart voel nie. En dis eintlik so jammer, want hy probeer regtig hard. Jou raad sal baie welkom wees.

Groete Anoniem

Liewe Anoniem
Daar is nie ‘n goue reël of tegniek wat vir almal laat snak na hulle asem en lam bene gee wanneer hulle seks het nie. Elke persoon se dinamika is anderste. Sommige moet weer werk aan hulle voorspel, tegniek, skuldgevoelens, maar in jou geval antwoord jy dit jouself deur om te sê: “ek dink dit het te doen met intimiteit”. Jy sê weet dat jou man vir jou lief het, en dat hy baie hard probeer (ek neem hier aan dat hy baie hard probeer in die slaap kamer om die regte tegnieke te doen om jou lekker te maak)
Julle probleem lê by hoe jy voel, hy voel oor jou. So hierdie is meer vir jou man om te lees en te doen. Wat jy kan doen is om jou vooropgestelde ideas te werk, en agter te kom dat realiteit is baie maal anderste as om aan ‘n droom vas te hou. ‘n Man in jou bed is baie beter as ‘n ridder op ‘n wit perd!!!

Daar is 3 dinge wat ‘n man moet doen om ‘n vrou “lam bene en snak na asem seks” te gee.

1. Veilige te laat voelJy as man moet jou vrou anderste hanteer, anderste na kyk, anderste oor praat as enige iemand anderste. Dit oomblik wanneer jou vrou hoor en sien hoe jy haar anderste hanteer (en ek bedoel BETER hanteer as ander) gaan sy baie veilig begin voel in jou teenwoordigheid. Die rede hoekom hierdie belangrik is vir ‘n goeie seks lewe is omdat seks is baie intiem en waar julle baie kwesbaar is vir mekaar. Hoe meer jou vrou veilige voel (Gen 2:25 “Kaal voor mekaar kan staan sonder om skaam te voel”) hoe meer gaan sy haar eie seksualiteit kan geniet.

2. Soen haarOm haar veilige te laat voel is die platform wat julle jul erotiese liefde vir mekaar kan op bou. Deel julle fantasie met mekaar, fokus op mekaar se “hot zones” (sal binne kort ‘n artikel oor dit skryf). Party keer moet jy jou vrou net vat en vry. Dit is goed om haar mooi op te pas en te respekteer. (Baie mans sê vir my dat hulle nie seks met hulle vrouens kan geniet nie, want hulle respekteer te veel hulle vrouens om ‘dirty’ seks met hulle te hê.) Hierdie is absolute snert. Seks binne die huwelike is nooit ‘dirty’ nie.
Die dogtertjie in elke vrou wil veilige voel (stap 1), maar die seksgodin in elke vrou wil begeer word en wil “lam bene en snak na asem seks” hê. (stap 2) En dan die vriendin in elke vrou wil graag verstaan word. (stap 3)

3. Huil voor haarHier is waar die meeste mans sukkel. En ek vermoed dat dit is waar julle probleem lê. Daar bitter min wat ‘n man meer kan doen as om sy emosies met sy vrou deel wat intimiteit tussen mekaar versterk. Maar mans word nie geleer om hulle emosies te wys of deel nie, want dit is mos ‘n teken van ‘sag of sussie’ wees. Dit is ook snert! God het vir die man ook emosies gegee, en om dit op te bottel het groot nagevolge. Hier is so paar sinne wat julle kan klaar maak om die man te help om sy emosies te begin deel.

Ek is baie dankbaar dat jy …
Ek is bekommerd as jy …
Ek is benoud wanneer …
Ek is op my gelukkigste as …
Een van my grootste vrese is …

Ten slote
DIT IS NIE DIE MAN SE VERANTWOORDELIKHEID OM VIR DIE VROU ‘N ORGASME TE GEE NIE, DIT IS DIE VROU SE EIE SEKSUALITEIT WAT SY MOET LEER OM TE GENIET EN MET HAAR MAN TE DEEL!!!

En wat hierdie 3 stappe wat ek vir julle gee gaan doen, is om vir die vrou ‘n veilige platform te skep om “naak voor jou te staan” om haar seksualiteit te geniet.

So in ander woorde die man skep die atmosfeer en die vrou raak ontslae van haar vooropgestelde ideas!

En onthou net asb. “lam bene en snak na asem seks” is nie iets wat oor nag gebeur nie, maar is iets wat jy dag in en dag uit moet oefen. Seks in die huwelik is veronderstel om al hoe beter, hotter en ORGASMIES te raak soos wat die jare aangaan, soos wat julle in hierdie 3 punte (toegewydheid liefde, erotiese liefde en vriendskap liefde) meer en meer word vir mekaar.

Ek hoop dit kon help
Timothy Kieswetter
Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

RAAD OOR IMPOTENSIE


RAAD OOR IMPOTENSIE
Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

Hi Timothy

Ek en my man het nie huweliksprobleme waarvan ek kan kla nie maar, ons het probleme in die slaapkamer. Hy dink nie so nie, maar dis vir my ‘n probleem. Hy sê dat seks nie vir hom belangrik is nie, dis nie waaroor die huwelik gaan nie. Ek stem, dit is nie waaroor die huwelik gaan nie, maar dis tog ‘n baie belangrike deel van die huwelik. Hy sal 3 weke en langer laat verby gaan waarin hy nie eers ‘n poging aanwend om seksueel te verkeer nie, ek het dit getoets, geen aanleiding gegee nie om te kyk hoe lank sal hy daarsonder bly. Dit is seker nie die regte ding om te doen nie, maar dit laat my voel of ek nie begeerlik is nie. Ek was baie oorgewig maar het nou 16kg verloor, maar dinge het nie verbeter nie, ek het gedink dit is a.g.v. die oorgewig dat hy nie belangstel nie.

Ek het al met hom gepraat daaroor, die ‘ek voel-begrip’ gebruik, maar dit het nie veel gehelp nie. Hy is nog deeltyds in die weermag, en was onlangs vir ‘n mediese ondersoek wat deur die weermag vereis word. Hy is ‘n roker en die dokter het vir hom gesê dat hy die rook moet los, maar hy doen ook nie dit nie. Ek vermoed dat die feit dat hy rook veroorsaak dat hy dalk tot ‘n mate impotensie het, hy kan byvoorbeeld nie die daad voluit doen nie, dan raak hy pap, as ek dit so kan sê.

As ek die email teruglees dan lyk dit of ek en hy probleme het, maar miskien kan jy raad gee. Ek kan my nie indink om by enigiemand anders seksuele bevrediging te kry nie, ek is lief vir hom en is aan hom verbind met die verbond van God.

Ek stuur nou maar die mail, al praat jy my net moed in, want ek sien nie ‘n oplossing vir die probleem nie, hy is maar erg hardkoppig, of is alle mans maar so, ek praat nie graag oor goed tussen ons wat my pla nie, ek wil nie ‘n druppende kraan wees nie. Ek hou nie daarvan om te kla nie, mans kla so maklik oor hulle vroue wat gedurig kla oor goed wat nie reg is nie. Ek maak iets reg as dit verkeerd of stukkend is, maar hierdie een is vir my ‘n tameletjie.

Baie dankie vir jou aandag
Groete
Jillian

Hi Jillian
Dankie vir die vrymoedigheid wat jy neem om vir my te email, ek weet dit is nie altyd maklik om oor ‘n mens se seksuele probleme te praat nie.
Maar ek wil verseker vir jou moed in praat!

Ek sal dink dat die grootste probleem van jou man se lae libido “sex drive” is gewortel in die verleentheid wat sy impotensie vir hom bring. Vir ‘n man is impotensie amper net so goed soos selfmoord. Mans het baie sterk identities’-ankers in hulle seksualiteit en vermoë om deur vrouens
seksueel begeerbaar gevind te word.

En met impotensie val baie van die man se manwees, selfbeeld en seksuele-identiteit weg.
En deur om seksuele situasies te vermei (in jou geval 3 weke sonder enige seks) hoef hy nie sleg te voel oor sy impotensie nie, want hy keer homself om in die eerste plek daar te gaan.

En ja, ek stem 100% saam met sy dokter oor die rook. In seksuologie het ons ‘n spreekwoord wat sê “Met elke sigaret wat jy opsteek val een ereksie plat”
So hoe meer jy rook, hoe meer ereksies gaan jy verloor en hoe groter die kans vir impotensie.

Daar is pille op die mark wat sal kan help met impotensie, maar om oor te skakel na ‘n gesonde dieet en leefwyse is baie beter. Dit sal goed wees as jou man terug gaan na sy dokter toe om te gesels oor sy impotensie en dalk ‘n voorskrif te kry.

Dit is nou op ‘n biologiese vlak, en op ‘n emosionele vlak kan jy vir hom laat verstaan dat jy 100% okay is met sy impotensie, dat hy nie minder van ‘n man is vir jou nie, maar vir eers sal dit ‘n goeie ding wees as jy nie meer elke dag vir hom vra vir seks nie. Hierdie gaan net meer druk op hom sit, waarvan hy net sal wegskram. Sit hom neer en sê vir hom dat jy graag wil seks het met hom, maar jy gaan vir hom spasie gee om nie meer so onderdruk te voel nie.

En op ‘n seksuologie praktiese vlak, kan julle die ‘wil hê’ deel ‘n bietjie aanpas.
In plaas van penetrasie-seks, fokus julle eerder op sensuele-seks of speel-seks.
Eksperimenteer met orale seks, masturbasie, erotise tas en massering, fantasie uit-speel, koop vir jou ‘n ‘nurse outfit’ of wat ook al hy van hou en jy in gemaklik is. Dit is belangrik dat jou man vooraf weet dat wanneer hy nou met jou vry, gaan dit nie eindig in seks nie. Bly weg van penetrasie-seks vir ‘n tydperk wat julle op saam besluit, en geniet ‘tiener-seksualiteit’ weer waar jy kreatiewe manier vind om mekaar te geniet sonder om saam te slaap.

Hou aan om oor die onderwerp te gesels tussen julle twee, sonder om soos ‘n druppende kraan te klink, (soos wat jy dit so mooi gestel het). Verstaan, vir hom is impotensie seksuele identiteit selfmoord.

MAAR dit hoef nie te wees nie, want omtrent alle mans gaan een of ander tyd in hulle lewe met ‘n fase van impotensie sukkel. DIT IS NORMAAL. Maar ons moet probeer om dit net by ‘n fase te hou. As dit kronies word kan dit ‘n groot probleem veroorsaak in die huwelik.

Jillian, ek hoop ek kon vir jou moed in praat en tog genoeg vertel dat dit ‘n area is wat aangewerk moet word.
Daar is nog BAIE ander aspekte wat ‘n rol sal kan speel in jou man se ‘lae libido’ en impotensie en sonder om met hom te gesels en vrae te vra kan ek ongelukkig nie meer spesifiek vir julle help nie.

So hier is wat ek voorstel julle moet doen:
* Hou aan gesels oor julle seksualiteit
* Maak ‘n afspraak by die dokter en kry medikasie wat sal help met die impotensie
* Moenie so baie penetrasie-seks gefokus wees nie, fokus op sensual en seksuele “speel” meer
* As daar ‘n naby seksuoloog of seksualiteit berader is, sal dit goed wees om vir so paar sessies saam te gaan.

Alle sterkte en julle is meer as welkom om vir my enige iets nog te vra of om nog “speel”-seks ideas te kry.

Gesonde Seksualiteit
Timothy Kieswetter
http://www.gesondeseks.co.za

Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za