V: Waaroor kan ek en my vrou praat na 10 jaar?


V: Waaroor kan ek en my vrou praat na 10 jaar?

Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

A: Dit is waar dat na ‘n lang tyd om saam te wees begin jy mekaar so goed ken dat daar baie van die oorspronklike opwinding om die persoon te leer ken begin verdwyn. Om lang termyn nog steeds jou kommunikasie vars en opwindend te hou is dit belangrik om mekaar se emosies, vrese en fantasie te deel. Te veel huwelike is geneig om vas te hak om slegs “gebeurtenisse” uit te ruil. “Dit het gebeur, of dat het gebeur.” Jy sal ‘n baie dieper kommunikasie lewe hê as jy begin om te sê: “Ek het vandag so en so gevoel”, “Toe dit of dat gebeur het, het dit my vrees/fantasie geprikkel”

Maar hier is so paar praktiese wenke wat jy kan doen om na 10 jaar jou kommunikasie weer ‘n hupstoot te gee:

• Begin saam ‘n nuwe stokperdjie. As jy alles van mekaar alreeds weet, hoekom leer julle dan nie iets van nuuts saam nie.
• Begin ‘n gesprek waar een van julle ‘n joernalis is wat ‘n onderhoud doen met die ander een wat ‘n ‘superhero’ is. (Hierdie is ‘n eenvoudige manier om te begin praat oor mekaar se fantasie)
• Doen dieselfde as die vorige een waar jy ‘n joernalis is maar die keer is die onderhoud met ‘n gevangene wat die doodsvonnis gekry het. (Hierdie is ‘n eenvoudige manier om te begin praat oor mekaar se vrese)

P.S Jy mag nou dink, Timothy hierdie is stupid kinder speletjies hoe sal hierdie ooit werk. Dit is presies hoekom dit sal werk. Dit was daardie ‘stupid kinder speletjies’ in julle jonger dae wat veroorsaak het dat julle verlief geraak het opmekaar. Ons het heeltemal te ernstig geraak in ons verhoudings. Speel ‘n bietjie weer met mekaar!

Podcasts – Gesonde Seksualiteit


· Wie is Timothy en wat is seksologie?
Play · Download

· Hoe vêr mag ‘n ongetroude gelowige paartjie seksueel gaan?
Play · Download

· Christene en pornografie
Play · Download

· Hoe om met pornografie te breek
Play · Download

· Pornografie en tieners
Play · Download

· Pornografie in die huwelik
Play · Download

· Seks en manipulasie
Play · Download

· Waar het die verlief gevoel gegaan na my trou dag?
Play · Download

· Wat is sekseule wellus?
Play · Download

· Wat seksuele wellus NIE is NIE
Play · Download

Help my man is impotent
Play · Download

Toegewyde liefde
Play · Download


Seks en kinders in die huis
Play · Download

Hoe om vlerk te sleep
Play · Download

Leer wat romanse is!



Jou liefdes maat of vrou hou aan karring oor jou onvermoeë om romanties te wees.
Timothy,
Dit is miskien nie belangerik vir ons as mans nie, maar dit laat haar hart vinniger klop, en dan as ons wil eerlik wees, doen sy goedjies wat jou hart vinniger laat klop, so dalk is dit die moeite werd om te leer wat romanse is!
Die groot vraag is, wat beskou Evas as romaties?
Ps. “Timothy hier het ons ernstige hulp nodig” – skryf ‘n luisteraar

V. Neem haar uit op afsprake? Ons mans is mal oor burgers of hoe?
A. Die grootste ding wat ‘n vrou wil sien is dat sy vir haar man die belanrikste ding in die lewe is. Jy moet haar anderste (beter) behandel as enige iets anderste in jou lewe. Met dit sal dit vir jou ‘n goeie fondasie skep om romanties te wees.

Afsprake stuur ‘n baie duidelik boodskap. “EK MAAK TYD VIR JOU” Jou vrou sien dat al die ander belanrike dinge in jou lewe kry ‘n tyd en plek in jou dagboek, en as jy haar daar ook in pen, verhoog jy dadelik haar belanrikheid.

Dit maak die ete of fliek so veel meer amptelik vir albei. Baie maal nadat jy vir ‘n lang tyd al getroud is of al kinders in die huis het is dit so maklik om dinge saam te doen sonder om regte “saam” dit te doen.

V. Is dit ‘n ingesteldheid
A. Nie almal hou van roetine of vasgestellede ‘dates’ nie. Maar dit is ‘n baie goeie manier om in die gewoonte te kom om wel vir mekaar spesiale tyd te maak.

V. Hoe belangerik is moeite?
A. Elke persoon kan hierdie vraag vir hulleself antwoord deur om ‘n maklike formule te gebruik (Moeite = Resultate)

Die moeite wat jy insit het ‘n direkte uitwerking op die resultate wat jy gaan uitkry.

V. Speel verrassings ‘n rol en het jy voorstelle?
A. ‘n Onverwagte geskenk op ‘n onverwagte tyd!

‘n Bos blomme na ‘n gisteraand se bakleiry sal haar help om jou te vergewe, maar ‘n bos blomme afgelewer by haar werk of langs die baba doek om ruil tafel sal vir jou baie meer resultate bring.

Ek wil net hier noem dat as jy romanties wil wees net om vanaand te score, dan mis jy die punt heeltemal. Die doel van om jou vrou te romantaseer is om ‘n atmosfeer en kultuur te skep van ‘n intieme huwelik

V. Wat van clichés? Kers ens.?
A. Daar is ‘n rede hoekom iets ‘n cliché geword het… want dit werk!!!

Ete by kerslig, sjokolade op die bed, rooi roos blare gestroei in die slaapkamer. Haar gunsteling musiek wat in die agtergrond speel.

V. Is dit regtig nodig om haar dit te vertel wat sy weet, soos ek is lief vir jou, jy’s pragtig?
A. Hierdie laat my dink aan die ou oomie wat na 30 jaar se huwelik nooit vir sy vrou gese het hy is lief vir haar nie. Toe iemand vir hom vra hoekom nie, se hy dat toe hy op hulle trou dag vir haar gese het hy is lief vir haar het hy dit bedoel, en as hy ooit van plan verander sal hy haar inlig.

Om komplemente te gee en vir haar en te se jy is lief vir haar is om jou emosies vir haar te wys en dit is soms moeilik vir mans om te doen.

V. Ek wonder partykeer of ek oplettend genoeg is?
A. Ons let dinge op wat vir ons belanrik is. Nuwe model van jou motor of die verandering in die Springbok span.
As jy ‘n atmosfeer en fondasie skep om jou vrou anderste (beter) te hanteer, sal jy meer oplettend wees.

So ‘n kaal besigheid? Kan ek nie net iets bedek nie?


Timothy,
Om naak voor jou vrou te staan, emosioneel, spiritueel en fisies is van die moeilikste dinge wat enige man kan doen. Op geen ander stadium is jy meer kwesbaar as op daardie oomblik wanneer jy oop en eerlik voor haar staan.

V. In daardie lig is dit duidelik hoekom moderne mans gryp na ding waaragter hulle kan skuil soos alkohol byvoorbeeld?

A. Die mense se eerste reaksie is homself (sy naaktheid) te bedek. Omdat ons ‘n diep innerlike openbaring het dat ons te kort kom. Dat ons in ons naaktheid nie die mas kan op kom nie.
Dit het begin met Adam en Eva. Nadat hulle gesondig het, was daar iets missing en hulle het dit probeer wegsteek vir hulleself en vir ander. En vandag nog raak ons dronk, raak ‘workaholics’ enige iets om agter weg te skuil dat ons beste is nie goed genoeg nie.

V. Hoe belangrik is dit om jouself so bloot te stel, wat as sy nou alles van my weet ?

A. ‘n Gesonde huwelik is een waar hulle ‘naaktheid’ tekortkominge, foute en slegte gewoontes okay is met mekaar. “Ek is lief vir jou net soos jy is.” En dit is slegs in so ‘n naak voor mekaar staan verhouding, waar jy werklik kan groei.

!!Maar as jy jouself die hele tyd probeer bedek, al jou foute verskoon, verdrink of wegsteek hoe kan jou vrou of man ooit die werklike jy aanvaar!!

Wat vir my baie interessant is dat toe Jesus op die kruis vir ons sterf en al die sonde van die wêreld op hom te neem, sê die Bybel dat hy kaal was. Hy het die wêreld se naaktheid voor God die Vader geneem en gesê dit is wie ek is, daar is niks wat ek wegsteek of ontken nie.

… en God het dit so aanvaar!
V. Om veilig te voel met my vrou klink vreemd, maar dit is nie, gestel ons hou vakansie met vriende en my vrou se vriendin is getroud met ‘n spier-paleis is dit belangrik om dit met haar te kan deel , en dat sy my laat veilig voel, Timothy het jy raad?

A. Jy bedoel, jy is jaloers en jy soek jou vrou se versekering dat sy darem nog van jou bierpens hou? Om jou vrese, angs en emosies te kan identifiseer en met jou vrou of man te deel is die mees kragtigste wapen om te groei as mens en in die verhouding.
Ek sê gereeld vir my vrou, daardie man intimideer my, ek voel nie waardig om met so ‘n persoon te gesels nie, ens.

!!Ek ken my kaalheid, en dit is okay want my God en my vrou aanvaar my net soos ek is!!

Vraag: Hoekom sukkel ‘n mens met jou seksualiteit partykeer?


Antwoord:Want jou seksualiteit is een van die mees intiemste en eerlikste weergawe van wie jy is. Dit is moeilik om so oop en eerlik met jouself en jou geliefde te wees om jou seksualiteit te wys of selfs te erken. Genesis 2:25 beskryf dit soos man en vrou wat kaal voor mekaar saam.
Daar is niks wat jy kan weg steek nie.
Dit is interessant dat die sielkundiges het agtergekom dat onverwerkte trauma wat jy in jou kinder jare op getel het, manifesteer in jou seksualiteit en fantasie lewe. Dit is ‘n manier vir jou brein om iets wat seer gemaak het te verwerk dat dieselfde situasie vir jou eroties is. Hierdie is ook dan ‘n rede hoekom baie mense met hulle seksualiteit sukkel want dit beskerm ‘n dieper onverwerkte seer.
Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za