Vraag: My seuntjie het begin om met homself te speel! Wat nou?


Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za of stuur dit via Facebook. (Almal bly anoniem)

Vraag: hi, ek het ‘n vragie vir Timothy. My seun (11) het begin ontdek wat lekker is en is eintlik so onskuldig, gaan le sommer op my sitkamer bank op sy maag en … Ek weet nie hoe om dit te hanteer sonder om hom te knou op seksueele gebied nie, los ek hom of jaag ek hom kamer toe of verbied ek hom om dit te doen? Is dit gesond? – Anoniem

Antwoord: Dit is baie gesond en normaal en moenie negatief daarop reageer nie. al wat jy wel vir hom moet leer, is wat privaat gedoen kan word en wat kan publiek gedoen word. leer dat in die publiek vat jy nie aan jouself nie of ‘expose’ jy nie jouself nie. maar as jy bad of in die bed alleen le kan jy maar vat as dit lekker is

Ek het my vriendin se man per ongeluk gesoen!?!


Vraag - “Ons was onlangs ‘n klomp vriende by ‘n braai en het lekker gekuier. Ek en my vriendin se man het in die gang in mekaar vasgeloop en voor ons ons kon kry, het ons mekaar gesoen. Ons het onmiddelik weer opgehou en albei besef ons het miskien een drankie te veel ingehad. Dit pla my baie. Daar is definitief niks tussen my en my vriendin se man nie, maar wat nou? Moet ek my man vertel dat dit een onbesonne oomblik was? Moet ons die vriendskap verbreek? Of moet ons maak of daar niks gebeur het nie…?”- Anoniem, Standerdton.

Antwoord:
Anoniem as jy al my advies vir ander gelees het, sal jy weet dat ek glo in ’n huwelik waar beide man en vrou 100% alles van mekaar weet en okay is daarmee. Dit is tog die enigste manier om iemand waarlik lief te hê, wanneer jy waarlik die persoon heeltemal ken. So die ideaal is en waarnatoe jy sal moet strewe is om vir jou man te vertel. Die rede hoekom ek nie in geheime glo nie, want dit is soos kanker wat jou van binne opeet. Maar ek moet hier ook noem dat jy jou tydsberekening moet reg kry, want die nuus gaan heel waarskynlik jou man omkant vang. As julle alreeds sterk kommunikasie kanale tussen julle het, gaan voort en vertel hom. As julle nie regtig diep dinge met mekaar deel nie, is dit dalk nie die beste onderwerp om mee te begin nie. Begin om iets uit jou verlede te deel wat hy nog nie van jou weet nie. Wanneer jy en jou maat ‘kaal’ staan voor mekaar deur om oop en eerlik te kommunikeer is dit belangrik om aanvallend of ‘defensive’ te raak nie. As hy kwaad reageer, moenie jouself verdedig nie, bly by ‘ek is jammer ek het jou seer gemaak.’
Aangaande jou vraag oor die toekoms van die vriendskap? Ek dink nie jy hoef enige iets drasties te doen nie, maar waak net jou hart en as jy enigsins gevoelens begin ontwikkel vir hom is dit tyd om drastiese stappe te oorweeg.

stuur jou vrae van timothy@gesondeseks.co.za