Wees Mr Luister plaas van Mr Fix-it


Image

Meneer Luister plaas van Mr Fix-it

Hoekom is dit so, dat wanneer ons vrouens vir ons vra om iets rondom die huis te fix kan dit tot twee jaar neem om ‘n kasdeur reg te maak, maar wanneer sy net van ons verwag om te luister, dan spring ons tot die uitdaging om haar emosies te ‘fix’?

  • Leer wanneer om die Alfa-man te wees en wanneer om jou sagter emosionele kant te wys.

Daar is niks beter as om jou vrou veilig te laat voel nie. En dit is die Alfa-man deel van jou, wanneer jy as koning, priester en profeet van jou huis optree. Maar wanneer jou vrou met ‘n emosionele probleem na jou toe kom, werk hierdie macho, Alfa-man rol nie so goed nie.

‘n Gesonde huwelik is een waar jy as man nie net leiding kan neem nie, maar een waar jy jou sagte kant wys. ‘n Deel van jou wat nie al die antwoorde het nie, ‘n deel van jou wat nie elke bul by die horings wil gryp nie. Maar eerder net iemand wat bereid is om in stilte te sit en luister en probeer verstaan.

  • Wat kommunikeer jy aan haar?

Elke keer wanneer jy iets wil ‘fix’ wanneer jou vrou net wil hê jy moet luister, is jy besig om aan haar te kommunikeer dat sy alleen is in die huwelik. Maar deur om simpatie te gee deur om haar hand vas te hou en toe te laat dat sy kan huil sonder om te vra “wat is nou fout?”. Om oog kontak te hou terwyl jy simpatiek luister of wanneer jy terug reflekteer dat jy haar emosies verstaan, bevestig jy vir haar dat sy nie alleen in die huwelik is nie, maar dat jy saam met haar in die huwelik is, nie net as die Alfa-man nie, maar ook as die Emosionele-man.

 

  • Twee dinge wat emosies verlang

Daar is slegs twee dinge wat emosies verlang: Om gedeel te word en om verstaan te word. So volgende keer as jou vrou na jou toe kom met haar emosies, laat toe dat sy dit met jou deel en wys haar jy verstaan, al doen jy nie 100% nie. Want die antwoord lê nie in wat jy moet doen of sê nie, maar eerder in die kans wat jy haar gun om haar hart met jou te deel.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Hierdie artikel het verskyn in die Intiem tydskrif Feb-Mrt 2012 uitgawe

Posted in Uncategorized | 1 Reply

Gesonde Seks Huiswerk #29 – Skilpad en Haas Seks


ImageGesonde Seks Huiswerk #29

Skilpad-en-haas-seks

Ons almal ken die kinderstorie van die skilpad en die haas. Hulle het gestry oor wie die vinnigste is en het besluit om teen mekaar resies te hardloop. Haas was arrogant in sy verkleinering van Skilpad en het hom vinnig in die stof gelaat. Haas het halfpad moeg geraak en het besluit om ʼn vinnige slapie in te werk en was glad nie bekommerd oor Skilpad nie want hy was nog ver.

 Toe Haas wakker skrik het Skilpad stadig maar seker oor die wenstreep geloop en die resies gewen!

Wanneer dit by seks kom, het hierdie storie ʼn baie duidelike boodskap. As jy wenstreep toe jaag, gaan dit nie lank wees voordat jy moeg raak ek kom voordat jy gearriveer het. Ek kan al hoor hoe die vrouens “Amen!” skree.

Mans is gewoonlik soos Haas, hulle dink hulle moet so vinnig as moontlik hul eindbestemming bereik. Nie baie mans het al die tegniek aangeleer om langer seks te hê sonder om vinnig te kom nie. 

Die Gesonde Seks-Huiswerk vir die week is om te leer hoe om julle ritme af te wissel en nie net in een rat te bly nie. Begin stadig. Neem jou tyd. Jy is besig om liefde te maak met jou sielsgenoot. Volg mekaar se leidrade om te weet watter ritme vir die ander een lekker is.

Wanneer jy voel soos Haas en besig is om moeg te raak en jy wil kom, dink terug aan Skilpad wat haar tyd neem. Neem ʼn oomblik om stil te lê tot jou kragte weer hernu is en dan gaan julle voort om skilpad-en-haas-seks te hê.

Eksperimenteer met ritmes en intensiteit en jy sal sien hoe daar ʼn hele nuwe wêreld van Gesonde Seks vir jou sal oopgaan!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Gesonde Seks Huiswerk #28 – Bad Seks


ImageGesonde Seks Huiswerk #28

Seks in die bad!

Verlede week se huiswerk was stort-seks, maar omdat baie van julle net baddens het en nie kon deelneem nie, doen ons vandag bad-seks! Enige iemand wat al seks in die bad probeer het, sal verstaan dat dit nie die maklikste ding in die wêreld is nie! In die eerste plek is dit moeilik om die vrou te penetreer want die water spoel al haar lubrikasie weg en net wanneer die man sy lê gekry het en sy ritme reg het, spat al die water uit die bad uit!

Om seks in die bad te hê, gaan nie oor penetrasie van die liggaam nie, maar eerder oor die penetrasie van die siel. Wat is meer romanties as ʼn bad vol skuim, die vars reuk van skoonheid en sagte kerslig wat jou maat se gesig verhelder?

Ons gejaagde lewens laat ons nie toe om een oomblik te ontspan nie . . . en dis amper iets wat ons in ons dagboek moet inskryf. So as jy nodig het om dit te doen, doen dit. Skryf in jou dagboek: Bad-seks! Daar is niks beter as om saam met jou maat in die bad te ontspan nie.

Tap vanaand vir jou maat ʼn bad en masseer mekaar se kop, skouers en hakke. “Groom” mekaar soos wat die Engelse sal sê. Skrop hakke, spons af en vryf warm! Hierdie sal julle na ʼn nuwe vlak van intimiteit neem!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Gesonde Seks Huiswerk #27 – Stort Seks


ImageGesonde Seks Huiswerk #27

Stort- Seks

Stort-seks behoort hoog op jou seksaktiwiteit-lysie te wees! Dis iets wat al twee van julle ewe veel kan geniet. Ongelukkig lewe so baie van ons verby mekaar . . . sien mekaar netso in die verbygaan. Stort-seks kan dit alles ten goede verander sonder dat julle jul besige lewens hoef te verander.

Mens stort gewoonlik aan die begin of die einde van die dag; dus nooi jou maat volgende keer saam as jy gaan stort – jy kan vertel wat die dag alles vir jou inhou of hoe dit verloop het. Hierdie is ʼn baie intieme manier om weer deel van mekaar se lewens te word. Die stort is nie net die ideale plek vir ʼn geselsie nie, maar kan ook baie romanties wees. Daar is min dinge in die lewe so intiem, romanties en eroties as om mekaar se lywe in ʼn stort te was.

Soms sal daar net genoeg tyd oorbly vir julle om stort-seks na die 3de vlak te neem, maar dis die moeite werd om die kans te vat en dalk bietjie laat te wees vir werk! Laat die water ʼn bietjie sagter loop en draai die stortkop weg van jou af; jy wil nie die intieme oomblik bederf met ʼn sterk straal water in jou gesig nie. Daar is twee gunsteling posisies wat jy kan probeer:

1. Druk haar ferm teen die muur vas – net nie teen die stortdeur nie, want dan gaan julle dit moet voortsit op die badkamervloer! Jy kan haar nou vasdruk en penetreer. Sy kan soos wat dit vir haar gemaklik en plesierig is, haar heupe al die pad vorentoe stoot. Hou haar heupe vas om haar te ondersteun.

Jy kan hierdie posisie nog méér eroties maak deur haar heupe nader aan die waterstraal te skuif sodat jy kan sien hoe die water op haar uitgestote lyf val. Jy kan met wille plesier dophou hoe die water die seep van haar lyf laat vloei . . .oor haar borste, dan haar maag . . . en dan opdam waar jy een word met haar.

2. Hierdie posisie is netso eroties! Sy kan omdraai sodat jy haar van agter af penetreer; sy buig vorentoe sodat die water op haar rug val. Dit gaan vir die man voel asof hy seks onder ʼn waterval het! Maak seker haar boude is deeglik met seep gesmeer om die gevoel te bevorder. Die man bepaal die tempo en staan regop agter haar terwyl hy haar met sy hande op die heupe ritmies vorentoe en agtertoe beweeg!

Die stamp van haar seepgladde boude teen sy manlikheid sal genoeg wees om hom aan haar vir die res van die dag te laat dink! Dit maak nie saak of jy die stort gebruik om met mekaar te gesels of stomende seks te hê nie; moet net nie vergeet om klaar te maak voor die warm water opraak nie!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Posted in Uncategorized | 1 Reply

Gesonde Seks Huiswerk #26 – Musiek Seks


Gesonde Seks Huiswerk #26
Musiek-Seks

Musiek is die enigste iets wat almal kan verstaan – maak nie saak watter ras of klas jy is nie. Dit oorskry alle grense, dit is die oorbruggingsmedium van die individu. Dit het die vermoë om jou emosies aan te raak; dit maak jou rustig as jy kwaad is en dit kan jou opwek met polsende ritme.

As musiek so ʼn kragtige rol in ons lewens speel, hoekom inkorporeer ons dit nie in ons sekslewe nie? Die wêreldbekende seksuoloog, Dr Ruth Westheimer, is eintlik gekant teen agtergrondmusiek tydens seks omdat dit intimiteit kan verdoof. Sy raai aan dat julle eerder op mekaar moet konsentreer as op die musiek.

Vandag se Gesonde Seks Huiswerk werk daarom bietjie anders – jy is nie veronderstel om op die musiek te konsentreer en van jou maat te vergeet nie. Die musiek gaan jou wel help om al jou aandag op jou maat te vestig. Dit sal juis help om die sensasie en seksualiteit tussen julle op te jaag eerder as om dit uit te doof.

Dit is daar om ‘n nuwe stomende dimensie in julle sekslewe te bring! Die ritme en atmosfeer gaan die toonsetter wees; julle liefdemakery moet by die musiek pas. As die musiek vinnig en polsend is, moet jou sekspassies ook versnel; as dit weer stadig en rustiger raak, moet jy eerder sensueel en stadig te werk gaan.

Hier is ‘n paar wenke:
As jy lus is vir lang intieme-seks, luister na klasieke-musiek.
As jy lus is vir aggressiewe-seks, kan jy nie verkeerd gaan met jou gunsteling rock-en-roll -liedjie nie.
As jy lus is vir passievolle-seks, kan julle altyd na julle gunsteling liefdes-liedjie luister.
As jy lus is vir energieke-seks, dan is die nuutste R&B of pop-album net die ding.

Seks moet meer wees as iets wat julle net doen, maar wanneer seks ʼn melodie uit die hart word, kan julle waarlike Gesonde Seks hê!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012