
Gesonde Seks Huiswerk #39
360-seks
Vandag se Gesonde Seks huiswerk gaan nie oor 360 dae van seks of 360 ritmiese posisies nie, maar eerder oor één posisie wat jou in elke rigting gaan laat kyk . . .
Wanneer die vrou bo is en op haar man sit, begin sy stadig maar versigtig draai terwyl haar man se penis nog binne in haar is. Hierdie beweging gaan baie nuwe sensasies by julle albei opwek omdat die vagina in ʼn posisie gaan wees waaraan julle nie gewoond is nie.
Kommunikasie is hier baie belangrik. As dit vir die een seer of ongemaklik raak, moet julle dadelik stop. Maar wanneer julle op ʼn plek kom waar dit vir julle al twee lekker is, spandeer ʼn bietjie tyd om dan Noord Noord Wes te kyk en speel rond met verskillende bewegings.
Hierdie posisie werk baie goed saam met rolspel! Die vrou kan soos ʼn seerower aantrek wat opsoek is na land!
©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012
