Wat is jou bra-grootte en hoe om dit te vergroot? (Of nie?)

breast-enlargement-implant

Ek het gister ʼn artikel geskryf oor die grootte van die man se penis en hoe dit ʼn sielkundige effek op die man se ego en seksuele vermoë kan hê. Maar natuurlik is dit nie net die man wie se seksualiteit aan seksorgane gekoppel is nie. Die vrou se seksualiteit word dalk meer direk geaffekteer as die man s’n, omdat nie baie mense die man se penis sien nie, maar almal kyk na die vrou se borste.

Studies het gewys dat vrouens wie hulle borste laat vergroot het deur inplantasies, na die operasie ʼn hoër sekslus as voor dit gehad het. Die manier hoe ons na onsself kyk en van onsself hou, is die presiese manier hoe ons seksueel sal optree.

(Lees ʼn bietjie die artikel oor hoekom vrouens dit moeilik vind om komplimente te aanvaar hier.)

Met hierdie artikel probeer ek nie vrouens kry om hulle borste te vergroot nie, maar om eerder te hulle te kry om die seksgodin in hulle binneste te ontsluit. (En dit hoef nie te wees slegs nadat jy groter borste gekry het nie!)

Ek hou van wat die aanbieder van die BBC TV program How to look good naked altyd sê: “Love what you’ve got because it is all you’ve got.”

Want as ons nie van onsself hou nie, (en ja ons almal het iets waarvan ons nie hou nie, niemand in die regte wêreld is photoshoped nie), is ons geneig om soms eienaardige dinge te doen.

Kyk ʼn bietjie na hierdie advertensie vir “breast slapping” wat blykbaar die nuwe in ding is in Thailand vir breast enlargement. (Daar is baie wife-slapping wat al vir jare hier in Suid Afrika aangaan, maar is seker nie dieselfde dinge nie.)

So wanneer jou man na jou toe kom en vra of hy jou borste so paar warm klappe kan gee, sê maar net vir hom jy het gehoor hierdie tegniek werk ook om ‘hom’ groter te maak. (Hierdie gee heeltemal ’n nuwe uitkyk op die kinderspeletjie waar ons probeer wegruk voordat ons hand geslaan word.)

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

Vir meer inligting oor seksualiteit en hoe jy ook ʼn Gesonde Sekslewe kan geniet, skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap by www.gesondeseks.co.za

3 thoughts on “Wat is jou bra-grootte en hoe om dit te vergroot? (Of nie?)

  1. Is daar iets wat mens kan doen om hul kleiner te kry???
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

  2. of n lekker lift te gee na mens kinders gehad het, ek dink almal wat groot borste het sukkel met swaartekrag.

  3. Jammer Stefna. Daar is absoluut niks wat mens kan doen om dit kleiner te maak nie! Ek het als probeer van gewig verloor tot simpel pille en gym, maar dit het als behalwe verklein! Op die einde maar Verkleining laat doen.

    Niemand weet of verstaan die las van OOR GROTE borste nie, en almal dink maar dit is mos Sexy. Ek kon NOOIT n bekini dra of kry, straplose toppies of rokkies. Moes altyd 2 bra’s dra nevermind n strapless een. Knopies hempies is taboe. NATUURLIKE oor grote borste laat n vrou “boetch” en “unsexy” voel! Dit gee rug en nek probleme en selfbeeld! Dis seer as mens slaap, hardlooop, speel of self gedurende intiemiteit. My man kon nooit aan dit vat nie.

    Niemand kan dan vir n vrou se jy is die mooiste ding nie, want alle vroulikheid wat jy MOET beleef is ontneem te danke aan OORVROULIKHEID! Ek was sportief al die jare en verbande oor my 2bra’s kon nie eers die pyn en vernedering weg neem nie.

    My hart gaan uit na elke oor grote vrou daar buite, want mens lyk en voel groter as wat jy is, jy word of was gespot, jy weet as mense jou moet beskryf dAn is dit “die een met die groot “BOOBS”. Jy voel nooit sexy sonder n bra nie!

    Soo ek is seker n paar klappe deur n vrou se borste gaan nie dit verklein nie Timothy, maar eerder gaan jou man n paar klappe ontvang van jou borste!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s