V. Is vry sonde? Vry bedoelende vat, soen ens ens…


Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

V. Is vry sonde? Vry bedoelende vat, soen ens ens…

A. Ek sal graag wil hoor wat is jou ens ens… :) Die reëls wat die kerk vir ons gestel het rondom ons seksualiteit was bedoel om ons te beskerm, want verhoudings is dié plek waar ons die seerste kan kry. Maar ongelukkig het hierdie “reëls” – “Dit is sonde”, “Dit moet wag tot die troudag”, “Dit sal God se hartseer maak”, “Dit is wellus”, ook skuld gevoelens mee gebring en ’n swaar las op baie individue en paartjies kom sit. Reëls sonder om die groter konsep te verstaan gaan jou of rebels maak teen dit, of dit gaan jou gees knak. In hierdie geval sal seksuele skuld ’n groot gewig rondom jou verhouding wees. So ek gaan nie vir jou sê wat jy mag en nie mag doen nie. Ek gaan vir jou die groter prentjie skilder. Dit is jou lewe, jy kan jou eie besluite maak. (Wat die meeste van ons in elk geval doen)

1. Erotiese liefde (Vry, vat, soen ens ens…) is alles deel van die liefde wat God vir die mens gegee het om te geniet. Spreuke 5:18-19 “Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol liefde, so mooi soos ‘n takbok, soos ‘n ribbok. Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm.”
En is dit nie so dat erotiese liefde ons almal bedwelm nie? Dit is goed dit moet so wees. Geniet dit.

2. Trouheid (Commitment liefde) ’n mens se seksualiteit word nie aangeskakel eers wanneer jy trou nie. Die fisiese aantrekking begin by die oomblik wanneer julle mekaar se oë vir die eerste keer vang. En soos wat julle verhouding en liefde groei raak die trouheid (belofte om nie meer seer te maak nie) groter en groter. Erotiese liefde is blind en dink nie voordat hy iets doen nie, daarom moet ons na Spreuke 5:15-16 ook luister “Jy het tog self ‘n vrou, jy het tog self ‘n put met water: drink die strome uit jou eie fontein. Moet jou fonteine dan ook die wêreld vol loop, jou strome water oral heen vloei?”

Ten slote: Die groot prentjie is dat Erotiese liefde en trouheid behoort saam en daarom kan daar nie ’n reël wees wat deur die bank vir almal geldig is nie, want nie alle verhouding het dieselfde belofte van trouheid aan mekaar nie. En om te trou net vir trou is ook nie die antwoord nie, want wat beteken dit as jy net paar jaar later mekaar skei.
Daarom moet elke paartjie vir hulleself oordeel, wat is vir hulle eties reg of nie.

Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

Wat wil die moderne vrou van haar man hê?


Wat wil ’n vrou hê?

Vroeër jare was die antwoord maklik: Bring die brood huis toe, dissiplineer die kinders, beskerm jou huisgesin . . . sou vroue sê.

Vandag is dinge veel meer ingewikkeld en daardie lysie van eise verskil van vrou tot vrou.

Wil hulle hê die deur moet vir hulle oopgemaak word? Of moet ons hulle nie ‘onderskat’ nie? Moet ons vra wat pla of moet ons liewer stilbly?

Om die antwoord te kry op die vraag: “Wat wil die moderne vrou van haar man hê?”, is elke man se soektog en nogal ’n ware enigma.

Ek kan darem sê na sewe jaar verstaan ek my vrou beter, want ek besef nou dat daar nog baie is wat ek nié van haar nie verstaan nie! Dalk is dit God se manier om ons as mans aktief by ons vroue betrokke te hou? Want as ’n mens al die antwoorde ken, raak die werk baie minder!

Ek het so ver drie spesifieke behoeftes geïdentifiseer wat mý moderne Eva van my wil hê: Sy wil by my veilig voel; sy wil hê dat ek haar moet begeer en romanties moet wees; en (dalk die mees afgeskeepte een) sy wil hê dat ek vir haar moet luister en haar emosies moet respekteer.

Dit raak net egter ’n bietjie ingewikkeld as sy dit álles gelyktydig wil hê!

Ek kan onthou toe dit tyd geword het om my swanger vrou hospitaal toe te neem. Ek moes vir haar luister en verstaan dat sy baie bekommerd en benoud voel. Dié inligting moes my tot aksie laat oorgaan om haar hospitaal toe te jaag, maar nie voor ek die deur vir haar oopgehou en haar gekomplimenteer het oor hoe mooi sy lyk nie. Soos wat ek deur die verkeer in en uit duik, oor oranje ligte versnel, vorder ons goed. Heel trots op myself, my oerinstink en my gedrewenheid om Vroulief vinnig genoeg by die hospital te kry. En ewe skielik, so uit die bloute, kry ek ’n klap teen my skouer van my vrou wat vir my sê ek moet veilig en versigtig ry!

So, eintlik sal daar altyd elemente van my moderne vrou wees wat ek nie verstsaan nie, want dis maar net nie hoe my moderne man-brein werk nie. Wat ek wel verstaan, is dat my lewe dolleeg en vervelig sou wees sonder haar aan my sy. Dis dus nodeloos om te sê dat ek dié soektog met ’n breë glimlag bly voortsit om die antwoord te vind: “Wat is dit wat mý moderne vrou van my wil hê?”

Mag ek uit die slaapkamer praat?


Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za
V: Ek en my beste vriendin gesels graag oor ons huwelike. Ons deel sekswenke en ek sal haar vertel as ek weer kwaad is vir my man. Onlangs het ons saam met hulle gekuier (haar man is ook vriende met my man) en iets is gesê wat hom laat besef het ek bespreek ons sekslewe met haar. Hy was woedend. Ek sien niks daarmee verkeerd nie en voel dis vir my beter om teenoor ‘n vertroueling te bieg as wat ek opkrop. Is dit okay om jou man en jou sekslewe met jou beste vriendin te bespreek? En waar trek ‘n mens die streep?

A: Ek dink meer mense moet begin gesels oor hulle huwelike – die goeie en die slegte daarvan. Die idee dat ‘n mens nie uit die slaapkamer mag praat nie, laat baie huwelike in die donker. Ons gesels tog oor alles anders in ons lewe met ons vriende soos ouerskap, werk, geloof, dieet, ensovoorts. Dié ‘geselsies’ het ‘n dubbele doel in die sin dat dit vir jou ‘n uitlating gee wat keer dat jy nie alles hoef op te krop nie. En tweedens dien dit as ‘n manier om jouself en situasies teen ander te meet. Die meeste mense wat na my kom vir berading is vas oortuig dat hulle die enigste mense is wat met hierdie probleem sukkel. Gedagte begin dan in hulle rond maal: “Dit maak hulle abnormaal, ‘n duidelike teken dat daar fout is met hulle, dat hulle iets verkeerd gedoen het”, en so raak die angs groter en groter. 9 uit 10 moet ek vir hulle vertel dat hulle probleem is eintlik ‘n baie algemene een en is nie reg ‘n probleem nie. Maar hoe sal jy weet dat jou huwelik normaal is as jy nooit daaroor praat met ander mense nie?
Omdat ons nie buite die slaapkamer gesels nie, word ons seksuele frustrasies op gekrop en weet ons nie altyd of ons sakeprobleme normaal is of professionele ingryping verg nie.
Noudat jy die voordele van ‘uit die slaapkamer praat’ met ‘n vertroulike vriendin ken, moet ek jou ook inlig oor die potensiële slaggate, en ook waar om die lyn te trek:

1. Wees versigting om nie jou man se karakter en integriteit af te breek terwyl jy jou gevoelens ontlaai nie.

2. Ek glo aan ‘n intieme huwelik waar man en vrou naak voor mekaar staan (Genesis 2:25). Wat dit beteken, is dat daar geen geheime heers tussen ‘n paartjie nie. Só iets kom altyd uit en dan is dit nie net dit wat jou man moet verwerk nie (mans in baie skamer oor hul seksualiteit as vroue!), maar ook die leun.

3. As jy jou man toestemming gee om ook sy seksuele frustrasies met sy vertroulike vriend(e) te bespreek, sal hy dalk meer inskiklik wees oor jou openhartigheid teenoor jou vriendinne.

4. Onthou egter: Niemand mag gesels as julle nie eers self met mekaar daaroor gepraat het nie.

Om met jou vriendin te gesels, gaan jou dalk beter laat voel, maar dit gaan nie jou seksprobleme oplos nie. Die enigste oplossing is om oop en eerlik met jou man te gesels. Sodoende sal jul huwelik groei.

Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

Help! My man is nie meer lus vir seks nie!


V. “Ek en my man is tien jaar getroud en hoewel daar niks skort met my libido nie, is my man nooit meer in die bui vir seks nie. Dit gaan finansieel goed met ons, hy is gesond en ons verhouding is beter as ooit. Wat kan die oorsaak wees?”

A. Geagte leser, daar kan verskeie rede wees wat ‘n man se libido sal verminder of hom keer om ‘n vol ereksie te kan kry en daardie sal selfbewustheid hom keer om intiem te wil raak.
1. Werk/ of ander stress
2. Mediese redes, soos hartprobleme onder andere
3. Seksuele bevrediging op ‘n ander plek, soos pornografie of ‘n skelmpie
4. Hy kan ‘n onderliggende emosionele wrok teenoor jou koester
5. Dat hy jou in ‘n ander lig begin sien het. Bv. Sommige mans sukkel om seksueel met hulle vroue te verkeer nadat hulle geboorte gegee het, of baie gewig opgetel het of deur ‘n siekte of trauma gegaan het.
6. Dit is ook moontlik dat na 10 jaar se ‘vanilla’ seks, het die eroties en ‘excitement’ die slaapkamer verlaat.

Volgens jou vraag skakel jy so paar van die redes uit. Maar ek sal die volgende voorstel wat jy kan doen.
1. Kommunikasie tussen man en vrou is absoluut van kritiese belangrikheid. Gesels met hom hieroor, moenie tot enige gevolgtrekkings self spring nie.
2. Het hierdie verandering in jou man se libido skielik of oor ‘n gelyktydige tydperk gebeur? Indien dit skielik gebeur het, is daar heel waarskynlik ‘n spesifieke insident of situasie wat dit ge-‘trigger’ het.
3. Daar is ‘n hele paar dinge wat julle kan doen om hulle seks lewe op te ‘spice’ as dit ‘n bietjie ‘vanilla’ geraak het. Eksperimenteer met nuwe posisies, kry vir julle seks-speelgoed, bring rolspel in julle liefde maak roetine in. Dink buite die boks en bring die fun terug

Hierdie situasie moenie geïgnoreer word nie, want dit kan potensieel julle huwelik verwoes as dit gelos word. As hierdie eenvoudige wenke nie genoeg is om julle weer intiem te kry nie, stel ek voor dat julle ‘n afspraak by ‘n seksuoloog maak.

Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

Die Man en sy Grot


Toe ek en my vrou nog uitgegaan het, het ons eendag besluit om elkeen ’n lysie van ons behoeftes te maak en vir mekaar te wys. My vrou was stomgeslaan toe sy my lysie lees en sien dat punte nommer 1, 3 en 5 almal dieselfde was: ‘Spasie’. Ek het vir haar so toe probeer verduidelik…

Hoe stiller die man, hoe louder die vrou
Ons almal ken dit, die vrou begin kla oor dat sy nie voel haar man vir haar luister nie, terwyl hy na die televisie afstandbeheer gryp om die klank op te jaag van sy gunsteling sport geselsprogram. Of net nadat die paartjie ’n onderonsie gehad het, trek die man terug in sy emosionele ‘grot’, terwyl die vrou al die feite van die onderonsie weer van vooraf begin noem.

Elke man weet dat so lank hy sy vrou iewers in die agtergrond kan hoor met hom praat is alles reg, MAAR sodra die vrou stilstuipe kry, dan moet hy weet alles is verkeerd!
Selfde met die vrouens. As die man soos ’n ongeskikte vark haar ignoreer is alles nog okay, want “hy is maar net ’n man”, sal sy vir haarself te rus stel, maar die oomblik wanneer ’n man te veel emosie wys begin ons sy straightness betwyfel.

Die ‘grot’ of die ‘hondehok’?
Ek sal eerder vrywillig in my ‘grot’ gaan as om na die ‘hondehok’ gejaag te word. Kom ons wees eerlik met mekaar, die keer wanneer jy wel jou gevoelens gedeel het, jou hart op jou mou gedra het, jouself kwesbaar gemaak het, het dit horribaal verkeerd gegaan. Wat jy wou sê het nie reg uitgekom nie en jou vrou het net kwaaier geword vir jou. Jy het toe aan jouself belowe dat jy nooit weer so buite beheer wil voel nie. “Ek is die man van die huis, vervlaks!”

Die Man, die Jagter en sy ‘grot’.
Die man is die jagter. Hy sal uit gaan en teen groot gevaar breë bors staan en uitroep “Bring dít!” Maar wanneer die groot gevaar sy vrou is, is die man wapen loos gelos. ’n Man wie lief is vir sy vrou dra ’n sagte plek in sy hart vir haar. Sy alleen kan hom ontwapen met haar kyk. Die jagter instink om te baklei verdwyn en hy word ontsaglik kwesbaar in haar teenwoordigheid en dus, eerder om terug te veg, sal hy grot toe trek waar hy nie die GROOT GEVAAR hoef te trotseer nie.

Natuurlik is die ‘grot’ mentaliteit een wat teen homself werk. Hoe meer ’n man emosioneel gaan onttrek, hoe meer gaan hy emosioneel verwerp voel. Dit is dalk die paradoks van liefde. Jy moet jouself daar buite sit om regtig ’n gesonde en vervulde huwelik te hê.

En nou? Het my vrou my verduideliking verstaan?
Sy het ja! Sy het besef dat ek nie spasie nodig het omdat ek van haar wil weg kom nie, maar omdat ek skrik vir die diep liefde en gevoelens wat ek begin voel het vir haar en vrees dat iets dit kan wegneem. Maar ek het ook geleer, dat ek haar kan vertrou met my gevoelens en nou hoef ek nie meer alleen in my grot te gaan nie!

Wie dra die broek in die huis? (Storie van Adam)


Dit was by ‘n vriend se verjaarsdag partytjie waar ek my ‘Eva’ ontmoet het. Ons het dadelik lekker gesels en in mekaar belang gestel. Duidelik ek meer in haar, want sy soek toe geselskap op van ou skoolvriende, terwyl ek alleen so ‘n meter agterna volg. Elke nou en dan het sy oor haar skouer geloer en hierdie vreemde man gesien wat op sy eie staan en haar aangaap. Dit het seker presies so gebeur met Adam. Hy het ‘n naak Eva deur die tuin van Eden gevolg na die boom van kennis van goed en kwaad en het sonder protes die vrug by haar geneem en geëet. Die mag wat die vrou oor ‘n man het is iets wat ek nog nie volkome verstaan nie.

Dit sit verseker nie in elke man se broek om te erken dat die vrou ‘n sterk en belangrike rol speel in ons mans se lewens nie , en as ons nie verstaan wat dit beteken om die hoof van die huis te wees nie, kan dit ons broekloos los. Om die waarheid te sê, is dit soms lekker as die vrou die broek dra, veral wanneer daar mamma geroep word vroeg in die oggend. Dan is daar ook die tye wanneer dit voordelig is as niemand ‘n broek dra nie.

Ek dink ons kan baie leer van ons oer-oupa oor dié saak, alhoewel hy ‘n broek van vyeblare gedra het!
God het die vrou aspris van Adam se ribbebeen gemaak, nie sodat sy sy eiendom is nie, maar sodat sy by hom sal inpas. Ek glo God het prime rib gebruik en nie spare ribs nie.

Wat ek vir my ‘Eva’ gesê het toe sy uiteindelik omdraai en met my gesels het, was “Ek kry jou man eendag baie jammer.” Intussen het ek geleer om meer opbouende woorde oor haar te spreek en oor my. Die Woord sê tog dat ons die vrugte van ons woorde sal pluk. Dan wonder sommige mans hoekom hulle vrouens so onmoontlik kan wees! As jy haar afbreek sal sy jou afbring, maar as jy haar opbou, sal sy jou ophef!

Met Adam se broekdra verantwoordelikhede het dit maar soms broekskeur gegaan. Hy het haar nie beskerm nie en het toegelaat dat ‘n slang haar en hom verlei. Dit sou beter gewees het vir hom om verantwoordelikheid te neem vir sy optrede in pleks daarvan om sy Eva te blameer. Ons bly verantwoordelik vir dié wie God aan ons toevertrou het.

As ons leer van Adam se foute sal ons nie te lig in die broek gevind word nie.

V: Moet seks ‘n spesiale band wees tussen twee mense?


A: Baie mense het vir my al gesê hulle geniet net ‘casual’ seks wat niks beteken nie. Vir my is dit soos om te sê jy gebruik jou duur selfoon as ‘n opskeplepel. Jy kan dit seker gebruik as een, maar dit is bedoel vir soveel meer! Jy het al seker gehoor dat die kerk praat van ‘soulties’ wat vorm as jy met iemand seks het. Wel wat biologies in jou brein gebeur terwyl jy seks het is dat daar sekere hormone vrygestel word, ‘oxytocin’ wat veral ‘n bandings hormoon is. Dit is dieselfde hormoon wat veroorsaak dat daar ‘n liefdes band ontwikkel word tussen die ma en haar baba terwyl sy haar borsvoed. So hoe meer seks jy het met ‘n persoon, hoe sterker gaan daardie band wees wat jy voel tussen julle twee. En al breek jy op met die persoon en trou met iemand anderste, sal jy altyd ‘n band voel tot jou vorige seks ‘partners’. Wat interessant is, is dat tieners wat opbreek die rede gee dat hulle nog nie reg is vir ‘n ‘serious’ verhouding nie en dat hulle hul space soek. Die probleem is hoe meer jy fisies raak met iemand, hoe meer gaan jou brein jou aan daardie persoon probeer koppel, maar omdat nog nie emosioneel reg is, of die persoon diep genoeg liefhet nie, skrik jy vir wat jou liggaam vir jou probeer sê. En dan raak jy verwar deur al die verskillende dinge wat jy voel en dink, en jy moet uit!

V: Daar was ‘n tyd gelede vreeslike debate rondom voorhuwelikse saambly en ek is baie nuuskierig hieroor. Almal het hul verskeie opinies, maar wat se die Skrif regtig oor voorhuwelikse seks?”


A: Dit is vir my dieselfde as om te vra wat het eerste gekom die hoender of die eier? Die ring aan die vinger of die seks in die bed? Ons mis die punt! Die twee is onskeibaar. 2 wat 1 word! Daar is geen Bybel vers wat spesifiek seks voor die huwelik verbied nie. En ek dink dis is omdat God geweet het dat oor die jare gaan die trou seremonie verander. Byvoorbeeld in Bybel se tyd was dit nie snaaks om meer as een vrou te trou nie, maar vandag sukkel selfs ons politiese leiers om hierdie gebruik te regverdig. Ons fokus moenie wees op wat kom eerste nie, maar eerder dat ons besef die twee hoort saam. Seks moenie gesien word as ‘n eindbestemming wat ‘n paartjie bereik nie, maar eerder as ‘n ‘tool’ wat hulle verhouding of kan versterk of afbreek. En sonder ‘n sterk private ‘commitment’ tussen ‘n paartjie wat oorgevloei het tot ‘n publieke ‘commitment’, sal seks meer afbreek as versterk.

V: Kan Christene maar erotise leesstof as ‘n sekshulpmiddel gebruik of liefs nie?


A: Paulus skryf in 1 Korintiers 10:23 dat alles is toelaatbaar maar nie alles is voordelig nie. Ek glo hierdie vers is relefant vir hierdie vraag rondom erotiese leestof as hulpmiddel in die huwelik. Vir sommige is dit nadelig en ander ‘n hulpmiddel. Erotika kan vergelyk word met dwelms. Dit is die verslawing aan dwelms wat die probleem is en nie die dwelms self nie, want in gekontrolleerde mates gee dit vir ons medesyne. Wanneer erotise leesstof in ‘n huwelik verslawend raak, gaan dit by jou kom steel, dood maak en verwoes. Solank man en vrou eerlik voor mekaar staan en alles wat hulle doen “mutaully agreed upon is”, verminder jy die kans aan verslawing. Daarom sal ek nooit erotise leesstof vir almal aanbeveel nie, terselfde tyd sal ek niemand veroordeel wat alles probeer om hulle huwelik te red en verbeter nie. Kom ons fokus minder op wat “toelaatbaar” vir almal moet wees, en meer op wat “voordeelig” is vir onsself.

Balansering van die moederlike-ma en die sexy-vrou


Balansering van die moederlike-ma en die sexy-vrou
Geskryf deur Timothy Kieswetter

Dit is ‘n feit soos ‘n koei, dat vrouens geniet om oor koeitjie en kalfies te praat, sommige hou selfs daarvan om ou koeie uit slote te grawe. Maar een ding wat ‘n vrou nie van hou nie is om soos ‘n koei te voel nie.
Dit laat my dink aan ‘n droom wat ‘n vrou, moeder van ‘n nuweling gehad het. Sy droom dat sy soos Nebukadnesar saam met die melk-koeie wy. Die laaste ding wat sy kan onthou is dat haar baba aan haar bors aan die slaap geraak het. En nou dié droom, waar sy gelei word vir vêrdere produksie. Sy skrik skielik wakker. Die droom voel so ‘real’, dit voel asof die melk masjien nog op haar is. Sy maak oop haar oë en sien haar man se hand, besig om met haar borste te speel.
So is die nimmer eindende aanvaar, behoefte, demand vir die vrou se lyf. Sodra die kinders se magies vol en ogies toe is, is dit ‘pa’ se beurt vir ogies oop en meneertjie op!

Dit is seker die moeilikste ding om die rol van ‘n goeie moeder en goeie vrou te balanseer. As jy in die spieël na jou borste kyk, wat sien jy? Aan wie behoort hulle? “Baba en man.” Hoor ek baie van julle antwoord. Maar dit is juis waar die probleem lê, jy sien jou borste in dieselfde lig as ‘n koei se spene. Daar vir ander se plesier, eerder as om jou borste te sien as ‘n teken van ‘n volmaakte, spesiale, seksuele, individuele vrou vir wie jy is.

Rol byvoeging i.p.v. rol verplasing.
Die transformasie, metamorfose wat die vrou moet deur gaan van sexy-vrou tot moederlike-ma kan baie stres op ‘n huwelik plaas. Dit verduidelik dalk die hoë egbreuk gevalle wat oor die tydperk tussen swangerskap en babas grootmaak, plaasvind. Dit kan wees omdat nie die man of vrou word gewaarsku of voorberei vir wat voorlê nie. Hierdie proses van rol verandering begin al in ons kinderdae. Kind ontwikkel in tiener, tiener ‘mature’ na volwassene, enkel volwassene raak verloof en verander na man of vrou. Die liefde tussen man en vrou veroorsaak die transformasie na ouerskap toe. Maar dit is belangrik om te besef dat met elke nuwe rol en verantwoordelikheid, bly die vorige rol se behoeftes en begeertes. Die ma moet nog steeds ‘n ‘sexy’ vrou bly, wat steeds haar eie persoon is, wat soms steeds selfsugtige behoeftes koester. Die nuwe rol vervang nie die vorige rol nie, dit voeg net daarby.
Want die vrou wat moeder is vir haar kinders is nog steeds vrou tot haar man. Die uitdaging is om sexy-vrou se nuwe plek te vind langs moederlike-ma.

Wat gaan aan in manlief se kop?
Mans is ook skuldig om in hierdie tyd seksueel terug te trek in die huwelik, want hy wil nie graag nog ‘n ‘kind’ wees wat versoeke ‘demands’ maak op ma se tyd nie. Hy besef sy vrou is uitgeput teen die einde van ‘n dag en wil nie graag vir haar laat voel dat sy nog ‘werk’ moet doen deur om hom te plesier nie. Daarom benader hy sy vrou minder vir seks, maar hy trek ook emosioneel terug. Hy sny homself af sodat hy nie seksueel sy vrou nodig het. Ongelukkig veroorsaak dit ‘n afstand tussen man en vrou. ‘n Emosionele kouete veroorsaak deur ‘n seksuele koudheid. Die vrou voel alleen in haar ouerskap en die man mis sy vrou.

Seks as ‘n werk eerder as plesier!
Seks moet nie gesien word as ‘n plig of ‘werk’ nie want as die vrou slegs seks vir haar man gee omdat sy voel dit sal hom happy hou, gaan daar baie minder kere wees waar seks gaan plaasvind. Sy moet al klaar onselfsugtig wees met haar kinders se behoeftes. Nou moet sy haarself ‘opoffer’ vir haar man se begeertes. Die oplossing? Sy moet haarself sien en respekteer as ‘n seksuele wese. Sy moet seks hê vir haar eie genot! Sy moet seks betree omdat dit vir haar plesier, vreugde en bevrediging gaan gee. God het die vrou ‘n seksuele wese gemaak om haar seksualiteit te geniet. Seks was nie vir die vrou gegee om haar man tevrede te hou nie. Sonder hierdie begrip sal sexy-vrou sukkel om langs moederlike-ma te bly staan.

‘n Groot probleem glip in as die vrou haarself nie eers so gesien het voordat sy ‘n moeder geword het. As seks iets word wat die vrou moet doen vir die man, word dit op dieselfde rak gesit as om kos te maak, wasgoed te was en om die huis skoon te maak. Wie sal ooit seks dan geniet?
“Sex is not between the legs, but between the ears” en dit raak al hoe meer waar wanneer daar ‘n baba in die huis is. Voor die tyd was daar baie tyd vir die ‘mood’ om vanself te ontwikkel tussen jou en jou man, maar met ‘n baba is dit heeltemal ‘n ander atmosfeer wat ons van praat. Moenie wag tot jou omstandighede weer moet terugkeer na ‘normaal’ nie, voordat jy weer intiem met jou man verkeer, want in die lang-wag proses is daar ‘n kans dat julle van mekaar kan wegbeweeg.

Die 3 funksies van seks
Seks het 3 funksies in ‘n huwelik; Reproduksie, Verhouding en Genot. Met reproduksie-seks gaan dit oor die bio-chemiese mens wees. Wanneer ‘n vrou in haar ovulasie siklus is, word daar hormone afgeskei wat haar baie meer lus maak vir seks. Hierdie bewuste of onbewuste begeerte om kinders te kry sal veroorsaak dat sy meer seks wil hê. Maar sodra sy swanger raak het seks sy funksie gevul en is nie meer so nodig nie.
Met genot-seks is dit passievolle, spelerige, eksperimentele en spontane -seks. Dalk met nuwe seks-posisies of speelgoed eksperimenteer. Dalk selfs een of twee fantasie uit te leef.
Met verhouding-seks, is seks soms ‘werk’, in die sin dat ons nie iets dadelik (genot) of sigbaar (reproduksie) daaruit kry nie. Soms is seks nodig sodat ons aan ons verhouding kan werk. Soms moet ons seks hê al voel ons nie lus nie. Verhouding-seks is soos die sement waarmee ons die res van ons huwelik bou.

Wat om te doen?
So hier is so paar praktiese wenke vir die sexy-vrou om aan die lewe te bly:
• Gee vir jou man ruimte en permissie om te masturbeer. Hierdie sal baie druk van jou afhaal om te voel dat jy altyd aan sy behoeftes moet vervul.
• As jy bekommerd is oor waaraan hy gaan dink as hy masturbeer, gee vir hom verleidelike foto’s van jouself, skep ‘n fantasie waarin jy en hy mekaar kan geniet, wees kreatief en gee vir hom iets om aan te dink.
• Soms is jy net fisies en emosioneel te moeg vir penetrasie, maar dit hoef nie te beteken dat julle nie intiem kan wees nie. Vind ‘n ander manier om intiem te wees, wat jy wel voor kans sien, soos orale seks, gesamelike masturbasie of net erotiese tas. Nie alle intieme tye hoef te eindig in orgasme nie. Laat die opwinding opbou oor ‘n paar dae, tot julle al twee so lus is, jy gee nie om jou slaap bietjie uit te stel nie.
• Deur die loop van die dag, begin solank om aan vanaand te dink! Dit help as jy sexy onderklere aantrek of jouself bederf met ‘n nuwe haarstyl of rok.
• Ontdek en geniet jou eie seksualiteit, lingerie, fantaseer oor jou man, raak verlief op jouself!
• Midnight sex! Maak jou man wakker op ‘n ander manier! Jy voel beter na ‘n paar ure se slaap en staan in elk geval op vir baba. Jou man sal nie lank kwaad bly dat jy hom wakker gemaak het nie.
• Moenie dat jou kind saam met julle in die bed slaap nie, dit is ‘n mood-spoiler.
• Vry mekaar voor die kind. Maak jou kinders groot in ‘n huis waarin dit duidelik is pappa en mamma is nog verlief op mekaar.

Slot
Seks is nie net ‘n fisiese daad nie, maar eerder ‘n afkorting vir jou seksualiteit. Jou seksualiteit speel ‘n groot rol in jou algehele identiteit en selfbeeld. So as jy jou selfbeeld van Jersey melk-koei wil verander na ‘n sexy-godin gaan jy jou uitkyk en persepsie oor jou seksualiteit moet verander. En die beste manier om dit te doen is om