50 Shades of Gesonde Seks


chicken-b-25-4-2013

Geskryf deur Janet Kieswetter

Ek het gehoop om die kontroversie van 50 Shades of Grey te ontsnap. Deesdae het elke tweede persoon ‘n opinie daaroor. Ek is seker dat baie van julle, soos ek, moeg is om daarvan te hoor.

Maar ons is Gesonde Seks en daarom moet ons ook ‘n verklaring gee oor die Grey storie. Ons gaan die grys standpunt inneem. Ons dink nie dis baie sleg vir jou nie maar dis ook nie noodwendig baie goed vir jou nie.

Ek het ook gelees van die gevare, mense se bekommernisse en vrese dat die fliek ‘n baie slegte en negatiewe invloed op ons samelewing gaan hê. Ek dink nie dit gaan meèr van ‘n effek op ons hê as enige ander fliek nie. Ons almal kyk elke jaar baie flieks en ons lewens is nie drasties veranderd nie.

Ek dink, eerder as om vir julle te sê Ja of Nee op die vraag “mag ek die fliek kyk?”, wil ons die leemte aanspreek. Die leemte vir erotiese seks! Sekerlik as daar so groot bohaai gemaak word oor die boeke en fliek, wys dit na ‘n reuse seksuele leemte.

Almal wat inskryf tot ons Mentorskap Kursusse ontvang ‘n Seksuele Gesindheids toets. Daarin merk hulle die woorde wat vir hulle die naaste aan hulle gevoelens rondom seks is. Ons sien baie keer dat een eggenoot woorde soos ‘sag’, ‘gemaklik’ en ‘versorg’ merk, terwyl die persoon se maat die woorde ‘sexy’, ‘sappig’ en ‘eroties’ beklemtoon. Ons kan hiervan aflei dat daar ‘n stryd in die huwelik plaasvind, bewustelik of onbewustelik. Die een maat soek meer opwinding en geniet nuwe dinge in hul sekslewens terwyl die ander maat sagte liefkosing en aanraking verkies (‘n gemaklike voorspelbare sekslewe) sonder te veel veranderinge. Hoekom gebeur dit? Omdat die spreekwoord wat lui “Opposites attract” baie waar is. Baie huwelike is opgemaak van twee teenoorgestelde persoonlikhede juis omdat ons as mens iets in iemand anders bewonder wat ons self nie het nie. Die rustige, terugetrokke man geniet sy vrou se waaghalsigheid en energie. Die vrou waardeer weer haar betroubare, staatmaker man. Hierdie persoonlikheids verskille word verseker weerspieël in die paartjie se sekslewe. Daarom word daar baie baklei of in ‘n gesonde huwelik, baie bespreking gedoen totdat daar ‘n goeie verstandhouding is. So groei ons, dikwels uit ons gemaksone, tot ‘n plek waar ons, ons eggenoot se verskille kan waardeer and selfs geniet!

Nou wat het hierdie te doen met die ellendige fliek? Wel, ons stel voor julle bespreek dit met jou maat en hoor hoe graag wil hulle die fliek sien of hoe sterk is hulle gekant daarteen. Besluit dan of julle net gaan uiteet of die fliek saam gaan geniet.

Aan die einde van die dag gaan dit oor julle en het, in ons opinie, baie min te doen met die fliek.

Skryf hier in vir ons Gesonde Seks Mentorskap program

Hoe om jouself voor te berei vir jou kind se eerste “Wys my joune en ek wys jou myne”


show-you-mine

Hierdie is elke ouer se grootste nagmerrie en hoop dat dit nooit met hulle sal gebeur nie. Maar ongelukkig, is hierdie lewensles nie vermeibaar nie en ook moet ons dit nie weg wens nie. Lees gou eers wat een bekommerde mamma vir my gestuur het.

Anoniem vra: Gisteraand het ons groot mense buite gesit by die vuur, het ‘n vleisie gebraai en gekuier vir my verjaarsdag🙂 Kinders het agter in die erf gespeel in die pophuis, my man wat kort kort in die kombuis was met voorbereiding van vleis ens het gesien dat al die kinders daar binne gespeel het (5 kinders). Later het hy weer ingegaan en gesien dat net 2 daar binne is, my dogtertjie 5 en vriende se seun 8 amper 9. My man het gaan kyk en hul het die venster toe gemaak en toe hy die deur oopmaak lê my dogtertjie op die grond broek halfpad af en die seuntjie bo op haar. Hy se sy het haar broek afgetrek en gaan lê, hom aan die voete getrek en dat hy toe bo op haar val en toe try hy opstaan en sy trek hom weer af (wat ek nie glo nie omdat my kind nie so groot gemaak word en bloodgestel word aan seks nie, dit sluit tv ens in ) en sy ma glo hom weer ( volgens haar word haar kind ook nie aan sulke goed bloot gestel nie en sy sê hy het net niggies en het nog nooit so iets oorgekom nie). My dogtertjie sê die seun het gesê sy moet haar broekie aftrek, want hy wil haar verkeerde plek soen/sien en die seun se ma sê haar kind ken nie sulke woorde ens nie. My dogtertjie sê ook dat sy vir hom gesê het nee. Ekt haar gevra hoekom het jy dan geluister en jou broekie uitgetrek en syt gesê sy weet nie. Wie dink jy praat waarheid en is beide skuldig of net een waar kom die kinders aan sulke dinge want ons is goeie ouers wat nie ons kinders blootstel aan dit nie. Hoe benader ek die storie want indien my 5 jarige skuldig is hoe kom sy daaraan? Eks so teleurgesteld in my kind, voel skaam en seer vir my kind maar meestal teleurgesteld. Die ding pla my vreeslik ek kan nie ophou daaraan dink. Ek verbied haar ook om enige mamma en pappa speletjies te speel asook enige dokter dokter speletjies en ook geen man en vrou, so sy weet sy mag dit nie speel omdat ek al gehoor het wat kinders doen met die speletjies. Wat sal die beste wees om die storie uit te sorteer aangesien die ma glo haar kind is heeltemal onskuldig en my dogter alleen skuldig  en hoe maak ek seker dit gebeur nie weer van my kind se kant af nie aangesien sy mos nou die skuldige een is? Ewaarom doen hul dit, en as hul nie so groot gemaak word nie waar leer hul dit, by skole? maats? Help my asb want ek weet nie hoe om na my kind te kyk sonder om teleurgesteld te voel nie

 

Ek dink elke ouers wat kinders het kan met hierdie mamma assosieer, ek weet ek en Janet kan met ons 3 dogtertjies. Ek kan onthou die heel eerste keer toe my kind betrokke was met so ‘n “volwasse-kinder-speletjie”. (En onthou ek is ‘n professionele seksuoloog en werk elke dag met seks en het boeke geskryf oor kinder seksualiteit en opvoeding, so ek het gedog ek is waxed en ek gaan so situasie so kalm kan hanteer mense gaan boeke oor my skryf en liedjies van my sing.) Wel, dit het nie heeltemal so gebeur nie.

Ons was die aand by ons weeklikse selgroepie, wat meer in ‘n gemeenskap kleuter speelgroepie ontwikkel het, want almal daar het so 2-3 kinders van hulle eie. Soos die aand verloop het, kom ons almal agter dat die kinders opgehou het om tussen deur ons rond hardloop, daar is nie meer een wat die ander een laat huil nie en die konstante geraas van kinderspeel het doodstil geword.

Vir enige persoon wat nog nie in so ‘n situasie was nie, as jou kinders vir te lank stil is, gaan kyk wat doen hulle. Ek word genomineer om te gaan kyk. Ek stap deur die gang heel braaf en soos wat ek by die kamer instap waar al die kinders was, hardloop ‘n seuntjie verby my met sy broek uitgetrek en punt in die wind.

Ek skrik myself amper in ‘n geloof in. (Darem nou nie, net in ‘n ander selgroep in)

In daardie oomblik vergeet ek al die teorie wat ek oor die jare geleer het hoe om so situasie te hanteer en ek word oorval met pappa-beer beskermings hormone. Dadelik soek ek my kind. Waar is my onskuldige dogtertjie se gesiggie wat seker in die hoek sit met haar oë toe die hele tyd. Ek sien haar, sy is veilig. Sy lyk nog normaal. Ek tel haar op en gaan terug na die sitkamer toe.

Bleek in die gesig, vra my vrou my wat het gebeur.

“Hulle speel dokter dokter en hardloop kaal rond.”

“So het jy met hulle gepraat?” vra my vrou, met al die vertroue dat haar seksuoloog man die regte persoon is vir die job.

“Hel nee, ek het net ons kind gekry en dink dit is tyd dat ons nou moet ry.”

Liewe anoniem, ek deel hierdie storie met jou om vir jou te wys jou reaksie is normaal. Ek dink nie daar is enigiets wat ‘n ouer kan doen om hom/haarself voor te berei vir wat om te sê of te doen in so situasie nie. Ek weet nie wat ek dan probeer bereik met hierdie artikel nie, maar dit voel soos ‘n goeie idee in elk geval.

So die eerste stap hoe jy jouself kan voorberei is om vrede te maak dat dit GAAN met jou ook gebeur en dat jy ook gaan uitfreak. (Comforting ek weet)

Maar net omdat jy nie jouself kan voorberei nie, beteken nie dat jy nie jou kind kan voorberei nie.

Sien ons maak ouerskap soms ‘n bietjie te veel oor ons en hoe ons kinders se gedrag op ons reflekteer. As ons na anoniem se vraag kyk, dan sien ons dit is die ding wat moontlik hierdie vriendskap nou gaan skade maak. Want elke ouer voel vernederd en beskuldig deur die ander een. Ek het nog nie ‘n ouer ontmoet wat nie gaan opstaan vir sy kind nie, want eintlik staan die ouer net op vir hom of haarself, “maar ek maak nie my kind so groot nie.”

Sien die rede hoekom ons uitfreak het meer te doen oor ons eie insecurities, vrese en persoonlike sieninge en trauma rondom seksualiteit, as enigiets anders.

Maak dit regtig saak wie se skuld dit was?

Is hier regtig iemand skuldig van iets?

Moes hulle dit regtig eers iewers gesien het?

Is dit nie interessant dat as ons kinders gevang word so iets speel, dan is ons reaksie dadelik “is nie my kind nie” en “waar het hulle dit geleer” want dit was duidelik nie van my af nie. Maar die oomblik wanneer jou kind iets kreatief en oulik doen, dan is ons eerste om op Facebook te gaan brag oor hoe kreatief ons kind is en om te dink hulle het dit self uitgedink.

So hoekom is dit normaal vir ‘n kind om kreatiewe dinge te doen en speletjies uit te dink, maar die oomblik wanneer die speletjie ‘n bietjie te veel seksuele konnotasie in hou, dan skreeu ons abuse?

Sulke speletjies is normaal en gaan nie weggaan nie. So bly kalm, dis nie die einde van die wêreld nie.

(Ek wil net hier noem dat daar wel gevalle is waar kinders wat self getraumatiseerd is deur ‘n lang verhouding van molestering sal soms draai tot die seksuele oortreder. Maar nie alle “volwasse-kinder-speletjies” is iemand ‘n seksuele oortreder nie. Ons moet onderskeid kan maak tussen wat is speel en wat is abuse.)

Om terug te kom tot anoniem se vraag oor haar kind se speel. (Dis al wat ek dink hier gebeur het. Speel.)

Maar natuurlik kan speel trauma vir ‘n ander een beteken. Daarom is dit so belangrik om jou kind voor te berei vir wanneer daar so ‘n speletjie oor hulle pad kom.

En hierdie is die doel van hierdie artikel en my Gesonde Seks boodskap vir elke ouer daar buite. Jy kan nie jou kind van sulke interaksie keer nie, maar jy kan hulle voorberei vir wanneer dit gebeur.

HOE?

Deur om vir hulle meer inligting, gesonde inligting te gee oor hulle lyfies, hulle geslag, en hulle privaatheid.

Het jy al ooit gedroom jy staan in die pad van gevaar, maar jy kan nie uit die pad kom nie, want jou bene is gevries. Of waar jy wil gil en vir hulp skreeu in jou droom, maar daar kom niks uit jou mond uit nie.

Wel dis is presies wat ons wil keer wat met ons jong kinders moet gebeur wanneer hulle gekonfronteer word in ‘n moontlike abusive situasie. (Onthou speel gaan hulle speel, en dit is gesond.)

Wat jy wil keer is dat jou kind ooit ‘n slagoffer raak van iets wat nie meer speel is nie.

Wanneer jou kind gekonfronteer word met ‘n situasie wat sy/hy nog geen kennis van dra nie of weet ek kan nie vir mamma of pappa hiervan vertel nie, want hulle gaan met my raas en teleurgesteld wees in my. Gaan jou kind vries en net passief daar lê.

Nee ons moet ons kinders bekragtig met kennis sodat hulle aktief besluite kan neem, tot waar hulle gemaklik voel en wanneer hulle voel dit is nie net meer speel nie, dat hulle kan hardop roep, gil en skreeu of weghardloop, sonder die vrees dat mamma of pappa gaan kwaad wees met my of minder van my dink.

So in ander woorde, begin met om jou kinders die regte name vir hulle geslagsdele te leer. Moenie vir hulle leer dit is ‘n verkeerde plekkie nie. Leer eerder dit is ‘n spesiale plek wat privaat is net vir hulle. Leer hulle om te mag nee sê. (Dit is ‘n groot probleem met ons onderwys sisteem en manier hoe ons ons kinders groot maak in die lewe. Ons leer hulle om ouer mense te gehoorsaam en nie tee te praat nie. Ons stel ons kinders op om passief abuse te word. Nee ek leer my dogtertjies om hulle sê te sê.)

Net gisteraand sê my middel dogtertjie vir my nee, sy dink nie dit is ‘n goeie idee nie. Sy het dit met soveel oorgawe en mening gesê dat sy uit haar aand se bad gekom het.

Die punt wat ek probeer maak is, as ek vir my kind leer dis okay om vir my nee te sê en haar nee goed te verdedig (want ons het geswem pappa, eks klaar skoon), dan is daar ‘n baie goeie kans dat sy nie passief deur die lewe sal gaan en geboelie word deur mense daar buite wat meer wil doen as net speel nie.

En wat die speel aanbetref. Kinders is nuuskiering en daardie nuuskierigheid is gesond en normaal. Bou jy net ‘n gesonde kommunikasie verhouding met jou kind dat hy/sy nie hoef te voel om hulle nuuskierigheid van jou af weg te steek nie, sodat jy jou kind kan begelei en leer hoe om gesonde besluite te neem.

As jy meer wil lees oor wat ek alles in my nuutste boek “Die Naakte Feite” geskryf het oor kinder seksuele opvoeding, kan jy hier kliek: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel/product/143-die-naakte-feite-2-gratis-mp3-s

My man masturbeer, so wat is fout met my?


MasturbeerElke persoon wat sy anoniem vraag in stuur na ons Gesonde Seks Facebook blad dink hulle storie is uniek en net hulle man of net hulle vrou doen dit of dat. Ons wat almal se unieke stories en vrae lees, kom baie vinnig agter almal se huwelike gaan maar op een of ander stadium deur dieselfde dinge.

Een van hierdie ontnugterende dinge wat elke vrou (99.9%) iewers in haar huwelik sal deur gaan is wanneer sy haar man vind besig om te masturbeer, of in die stort of op die bed. (Ek praat nie nou van die masturbeer voor die rekenaar of selfoon nie. Daardie tipe porn-masturbasie verdien ʼn artikel van sy eie. Vandag se artikel gaan slegs oor die porn vrye masturbasie.)

Dit is ʼn mite dat mans net kan masturbeer terwyl hulle porn kyk. Hierdie is nie waar nie en die meeste mans ruk en pluk sommer met hulle oë toe.

Die stort is die algemene plek waar vrouens hulle mans vang masturbeer, want dit is een van die man se gunsteling masturbeer plekke. (Dames moenie te omgekrap word nie, weet darm jou man se genitalieë is skoon gewas. 3 minute op een plek was, is goeie higiëne.)

Maar so normaal soos wat dit vir die man dalk is (hierdie stort masturbasie kom al van sy puberteitsjare)  is dit ʼn groot skok vir die vrou. Die gevoelens en emosies wat die vrou beskryf wanneer sy haar man vang met sy piesang in die hand is een van verwerping, seer, verbreekte vertroue, jaloers, kwaad, hartseer, verkleinering, voel nie goed genoeg nie, voel verneuk, ens.

Al hierdie gevoelens is geldig in die sin dat dit is wat die vrou op daardie oomblik voel. Maar soms word ons gevoelens bepaal deur mites en taboes en nie deur realiteite en feite nie.

Mites en taboes wat die vrou laat voel daar is fout met haar as sy haar man vind op sy eie masturbeer:

#1           Soulmate mite

Soulmate is ʼn term wat opgemaak is sodat ons die soulties kan breek van vorige seksuele maats en die persone in die verhouding  seksueel eksklusief probeer  hou. Alhoewel die twee doele met hierdie soulmate mite mooi en reg is, glo ek die metode om by daardie doele uit te kom is foutief

Sien nêrens in die Bybel lees ons van soulmates of soulties nie. Dit is wel moontlik dat twee mense so intiem kan wees dat hulle meer as net hulle liggame deel, maar ook hulle siele. Enige gewone seks maak nie twee siele een nie. Sulke intimiteit is skaarser as hoendertande.

Ons het die konsep van soulmates gebruik om liefde en seks sinoniem aan mekaar te koppel. Ek het seks met die persoon wie ek lief het en ek is lief vir die persoon met wie ek seks het. Weereens in beginsel stem ek saam en in ʼn ideale wêreld sal dit so wees.

Dit is juis as gevolg van hierdie konneksie tussen die seksuele en liefde wat vrouens verneuk voel wanneer hulle hul mans vind masturbeer (seks hê met hulleself) sonder hulle. Die default reaksie van die vrou is “Maar dis hoekom ek hier is” of “Vind hy my nie meer seksueel begeerbaar nie?”

Met hierdie twee default reaksies wat gegrond is in die soulmate mite (liefde = seksualiteit) kan ons verstaan hoekom die vrou voel soos sy voel wanneer sy ontnugterd word oor haar man se solo-spel.

Liefde en seksualiteit is twee verskillende dinge. (Dit is ideaal en goed as dit saamwerk, maar die is nie gelyk aanmekaar nie.)

Liefde in hierdie konteks kan ons opsom as ʼn keuse. Ek het gekies om met jou te trou en saam met jou te lewe, saam met jou ʼn gesin te begin en saam met jou oud te word. Liefde = keuse.

Seksualiteit in hierdie konteks kan ons opsom as ʼn lus. Ek is nou lus vir ʼn orgasme. Ek is nou lus om aan myself te vat. Ek het lus om lekker te kry. (En ja dames mans kan lus raak sommer sonder enige goeie rede. Wanneer die vrye testosteroon in sy bloed opbou en te veel raak, gaan hy lus raak.)

 

#2           Seksuele openlikheid

Genesis 2:25 praat van die man en sy vrou wat albei kaal staan voor mekaar en geen skaamte ken nie. (Dis die ideaal.) Maar ongelukkig is die meeste paartjies so toe geplak met hulle vyeblare dat hulle nie aan hulle maat al hulle seksuele begeertes, fantasieë en aktiwiteite deel nie. (As gevolg van die vrees dat sodra my vrou uitvind ek het ʼn lus om nog te masturbeer, al geniet ek seks met haar en vind haar lyf begeerbaar, dat sy my skaam en skuldig gaan laat voel oor wat ek gedoen het.)

Omdat hierdie ʼn geheim bly en die vrou heel toevallig haar man vind masturbeer, voel dit asof haar man vir haar gelieg het. Hy steek iets weg. Hoe lank gaan hierdie verneukery nou al aan. En haar hele wêreld val in mekaar.

Dit is nie die maklikste ding om kaal te staan voor mekaar en mekaar nie skuldig of skaam te laat voel daaroor nie, maar om geheime te hou gaan die gevoelens van verraad net soveel groter maak, wanneer dit wel eendag gaan uitkom.

 

#3           Masturbasie is ʼn vreemde konsep vir baie vrouens

Mans masturbeer al vanaf hulle puberteitsjare en vir die meeste het dit  ʼn maandelikse, weeklikse, daaglikse roetine gewond. Daar is niks daarmee fout nie. Die meeste van ons eet drie maal ʼn dag want ons het dit nodig, dit is goed vir ons en ons het lus om te eet.

Moenie vergeet ons is ook seksuele wesens en dit is gesond vir ons om daardie seksuele lus en begeertes na op te sien. Masturbasie is by vêrre die veiligste en maklikste manier om seksueel te ‘eet’.

Net omdat ek voel hier is ʼn paar mense wat nou al so met my verskil, sal ek die volgende verdere vergelyking maak met eet en masturbasie. Al eet ek driemaal ʼn dag, wat niemand snaaks van my gaan dink nie, is dit ʼn sosiale aanvaarbare ding om te doen. Maar die oomblik wanneer ek nie meer tevrede is om my eie kos te eet nie en ek begin ander mense se kos te eet, dit is die oomblik wanneer my eetlus  ʼn oorhand oor my gekry het.

Netso is masturbasie ʼn veilige en veronderstel om ʼn sosiale aanvaarbare ding in die privaat te wees, maar die oomblik wanneer ek my seksuele lus op iemand anders forseer, dan is ek besig om trauma en abuse te veroorsaak.

Manlike masturbasie is dalk nie ʼn goedgekeurde aktiwiteit nie, maar word tog aanvaar deur die meerderheid dat die meeste mans dit tog doen. (Boys will be boys)

Maar wat van vroulike masturbasie?

Verbeel jou jy vind jou tiener seun besig om te masturbeer. Hoe reageer jy?

Nou verbeel jou jy vind jou tiener DOGTER besig om te masturbeer. Hoe reageer jy?

Die meeste mense sal heeltemal anders reageer as dit hulle dogter is want meisies mag dit nie doen nie. Die seksuele taboe is baie meer op die vroulike seksualiteit as wat dit op die manlike seksualiteit is.

Dit is ʼn groot probleem want die vrou gaan deur haar puberteitsjare en baie van hulle gaan deur hulle hele huwelik sonder om een keer aan hulle self te vat en die plesier van ʼn orgasme te beleef. So masturbasie is so taboe en verwyder van haar gedagtes dat wanneer sy uitvind van haar man se masturbasie roetine, is dit iets wat vreemd en onbekend is tot haar.

Dit is ʼn gewilde afleiding wat voel: “Omdat ek dit nie doen of lus het vir dit nie, is jou lus vir dit en jou masturbasie abnormaal.”

So ten slote.

  • Masturbasie is gesond en normaal en voordelig vir beide die man en vrou. Getroud of enkel.
  • Jou maat se masturbasie is nie ʼn bewys dat hy aan iemand anders dink of nie meer van jou hou nie.
  • Jou maat se masturbasie is nie ʼn teken dat seks met jou is boring nie.
  • So in plaas van om jou maat skuldig en skaam te laat voel oor sy naaktheid, begin om hom te verstaan en aanvaar vir die seksuele testosteroon gevulde man wie hy is.
  • En asseblief begin om jou eie seksuele godin wat in jou dormant lê te ontdek deur om met jou eie masturbasie roetine te begin.

Gesonde Seks Movie review – Friends with Kids


Friends-with-Kids-MovieGesonde Seks Movie review – Friends with Kids

Romanties:  3/5

Eroties :  2/5

Gesonde Seks Boodskap: 5/5

Ouderdoms beperking: 16 L,S

Director: Jennifer Westfeldt

Writer: Jennifer Westfeldt

Stars: Jennifer Westfeldt, Adam Scott, Maya Rudoph, Chris O’Dowd

Hierdie fliek het nogal ‘n indruk gemaak op my. Nie omdat dit baie snaaks of romanties of mooi is nie. Maar oor die dieper gesprek rondom wat gebeur met ‘n huwelik wanneer kinders by kom. Die storie gaan oor Julie (Jennifer Westveldt) en Jason (Adam Scott) wie jare lange vriende is. Hulle het al probeer uitgaan maar gesien daar was nie ‘chemistry’ nie.

Hulle voel net te veel soos broer en suster. Ironies genoeg, besluit hulle om saam ‘n kind te hê. Hulle spekuleer dat hulle sal goeie ouers kan wees en mekaar nog ruimte gee om ander verhoudings te hê en sodoende die horibale bakleiery en lelik word van hulle vriende, uitskakel. Want duidelik het kinders kry hulle vriende se huwelike baie skade aangedoen. Dis duidelik baie stresvol en min lekker om kinders saam met iemand anders groot te moet maak. Of is dit? Die storie is lank en bietjie uitputtend maar die einde los jou met ‘n warm gevoel in jou hart.

Die Gesonde Seks les is dat daar ‘n konstante soektog in die huwelik is na ‘equality’. Ons kompeteer teen mekaar sonder om dit ooit te weet. Dis nog altyd daar maar wanneer kinders arriveer, raak die kompetisie strenger. Ons kyk heeltyd of die ander een sy kant bring. En sodra ons voel iets is ongelyk of onregverdig, is daar gevoelens van resentment. Dit kan opbou as dit nie uitgepraat is nie en lei dan na konflik. Sommige paartjies deel alleste netjies in die helfde. Kinders rondry, inkopies doen, aandete voorberei, selfs nag voedings word ge-alternate. Ander besef weer mamma se talente lê in die huishouding, pappa s’n by die geld inbring. En ander probeer saam saam by alles uitkom.

Het julle ‘n sisteem in julle gesin? Het julle al gepraat oor die verdeling van verantwoordelikhede of is dit vanselfsprekend? Voel een dat hy/sy die meeste doen in die gesin? Het julle ‘n skeidsregter nodig? Watookal julle opset, die beste plan bly dat twee beter is as een. Baie hande maak ligte werk. ‘n Tou met twee stringe is sterker. En ‘n huis wat verenig is, bly staan!

Friends with Kids Trailer

Jy mag maar NEE sê.


No more

Geskryf deur Janet Kieswetter

Prediker 3: 1 “Alles het sy bepaalde uur en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd: … Vers 5 “’n tyd om te omhels en ‘n tyd om ver te wees van omhelsing.”

Ek was verbaas om na ‘n onlangse peiling op Facebook waar ek gevra het, “Wie het al seks geweier om hulle eggenoot te straf?” te besef dat baie vrouens nog nooit hulle mans geweier het vir enige rede nie! Ek wil graag hierdie mite aanspreek dat ‘n vrou altyd gewillig moet wees en nooit haar man mag weier nie.

Ek het self in die huwelik ingegaan met hierdie groot ambisie om altyd beskikbaar te wees vir my man. Ek het iewers ‘n tannie vir wie ek groot opsigte gehad het, hoor sê dat sy nog nooit haar man geweier het nie en ek het gedink ‘Dis amazing!’ Dit is toe dat ek besluit het wat ‘n goeie vrou dan is: Sy verstaan haar man se begeerte vir seks, sy is ALTYD daar vir hom en met ‘n glimlag ook! WOW! Hoe onselfsugtig! Om altyd sy behoeftes bô jou eie te stel. Al het jy ‘n lang moeilike dag gehad. Al het jy gekook en geskrop en alles weer netjies gemaak. Al wil jy eintlik net omdraai en slaap, steek jy jou eie gevoelens met grasie weg, en lyk en ruik jy lekker vir jou man. Sodat as hy jou begin liefkoos, gaan jy met ope arms na hom toe. Ek haal my hoed af vir vrouens wie dit wel reg kry! As jou gesindheid so positief bly, dan wil ek jou nie ontmoedig om so aan te hou nie. Ek wil eerder met die vrou praat wie baie hard probeer maar sukkel om die mas op te kom. Die vrou wat ingee maar haar man verwyt en ‘n wrok teen hom begin opbou. Ek wil gesels met die dame vir wie seks ‘n plig geword het. Seks behoort nie ‘n diens te wees wat jy vir jou man lewer nie, dit behoort ‘n plesier en vreugde te wees vir albei partye!

Dalk kom dit van ons oer-oumas af, wat na die Bybels se Goddelike vrouens gekyk het en die bloudruk vir goeie vrou-wees daarvan af gekry. Die matriarg Sara wie onderdanig was aan haar man selfs al was haar reinheid in gevaar. Toe Abraham vir sy lewe vrees en vir Sara versoek om te maak asof sy sy suster is, sodat Koning Abimelek hom nie sal dood maak nie, het Sara gehoorsaam soos ‘n skaap wat na die slagpale toe gaan. Sy was bereid om seks te hê met ‘n ander man net om haar man gelukkig te hou! Dis skrikwekkend! Gelukkig het God tot haar redding gekom (Genesis 20: 3) en Koning Abimelek het haar terug gegee vir haar man. Maar is dit die tipe blinde-gehoorsaamheid wat God van ons as vrouens verwag?

Petrus praat van Sara se voorbeeldige gehoorsaamheid aan Abraham in sy eerste boek, hoofstuk 3:6 “soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.

1Pe 3:7  “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.”

 

Hierdie verse gee vir my ‘n paar riglyne vir seks binne ‘n verhouding: 

 

  1. Daar moenie vrees wees nie. Vrees vir seerkry maar ook vrees dat as jy nie vir jou man seks gee nie, gaan hy dit iewers anders gaan soek. Te veel vrouens lewe met die vrees van egbreuk wat oor hulle koppe hang. Dan sodra hulle dink om hulle mans te weier, keer hulle hulself en ‘gee’ seks sodat hulle hul mans gelukkig kan hou. Ek glo nie dis ‘n gesonde seks verhouding nie!

 

  1. Hoe kan ‘n man sy vrou sonder vrees laat seks aanbied? Om haar ‘eer te bewys’. Dit beteken om haar soos ‘n koningin te behandel en te benader. Prakties, beteken dit, om haar toe te laat om seks te weier indien sy so sou besluit. Dis deel van die ironie van die mensdom: Gee vir ‘n persoon die vryheid om weg te bly as hulle wil, en hulle kies om naby te bly.

 

  1. Die Bybel praat hier van die ‘swakkere’ geslag. Hierdie is alleenlik ‘n fisiese swakheid. Dis waar dat ons maandelikse siklus tye van moegheid en swakheid veroorsaak. Ons libido verander ook met die maan. Dus, het ons nodig dat ons mans ons met deernis en begrip hanteer en nie dit persoonlik neem as ons die aand vra om eerder oor te slaan of uit te skuif na ‘n aand waar ons meer lus voel nie. ‘n Onvolwasse man sal voel sy vrou verwerp hom terwyl ‘n sekuur man sal weet dat dit gaan oor sy vrou se gevoelens.

 

  1. ‘Mede-erfgename’ beteken dat man en vrou albei gelyke in God se oë is. Vir my beteken hierdie, dat mans nie voorkeur moet kry as dit kom by seks nie. Hy mag nie dink dat net omdat hy man is, mag hy voorskryf hoe gereeld hulle gemeenskap het nie. ‘n Gesonde verhouding is een waar man en vrou sit en bespreek wat is elkeen se behoeftes. Hier kan die man met sy vrou deel hoe gereeld het hy ‘n behoefte aan seks, asook watter tiepe seksuele gedrag en praktyke hy sal geniet. Die vrou kan dan saam bespreek wat gaan vir haar werk en daar kan ‘n kompromie bereik word. Moet my nie verkeerd verstaan nie, hierdie gesprek is nie daar om spontaneïteit te ontneem nie. Die doel is om eenheid en eer aan mekaar te toon. Daaruit sal ‘n gemaklike seks verhouding ontaard waar beide die man en vrou seks kan inisieër, maar ook weier indien hulle so voel. 1 Korinthiers 7:5 praat van ‘wedersydse toestemming’ as dit kom by seks onthouding.

 

  1. Petrus bemoedig paartjies om saam te bid (‘julle bid’). Ek wil saam stem en paartjies nooi om oor hulle seks lewens ook te bid. Ons bring alle ander versoeke na die Here. Hoekom ook nie hierdie mees intiemste deel van ons lewens wat God gemaak het en vir ons geskenk het nie?

 

 

Die definisie van intimiteit is ‘om naak te staan voor mekaar en geen skaamte te voel nie’ (Genesis 2:25). Die naaktheid is spesifiek emosionele naaktheid. Oop en eerlik, sonder geheime. Sonder iets wat jy wegsteek. Wanneer ‘n vrou ongewillig seks vir haar man gee, is sy eintlik oneerlik met hom. Haar hart is nie daarin nie. Nou daar is tye in ‘n huwelik wanneer daar opoffering moet wees en ‘n party gee toe vir die gesondheid van die verhouding. Maar in die meerderheid, moet daar totale eerlikheid wees wanneer ‘n vrou (of man) kan bieg dat sy nie nou ‘in die mood’ is nie. En haar man, met liefde, haar vryspreek, en sê, “dis okei, ek sien uit na volgende keer”.  Ek glo, dit is ware intimiteit.

 

Die grasie wat ‘n man dan aan sy vrou skenk behoort liefde en respek weer in haar hart vir haar man te laat groei. Sy moet dan dit haar doel maak om sodra moontlik weer toenadering toe soek en haar man te nooi na ‘n gesonde liefdespel. Nie omdat sy haar plig by hom moet doen nie, maar omdat sy hom en seks saam met hom mis. Omdat sy graag een wil word saam haar geliefde. Omdat sy verlang om plesier en genot te ervaar.

Die ander groot taboe is om jou man toestemming en seën te gee om homself te plesier in daardie tye wat die vrou nie kan nie. Dis ons siening hier by Gesonde Seks dat elkeen verantwoordelik is vir sy eie seksualiteit. As die man altyd na sy vrou gaan kyk om hom te bevredig, gaan sy hom dikwels teleurstel. As die vrou altyd na haar man kyk om haar te laat goed voel en orgasme te laat bereik, gaan sy ook baie keer onbevredig voel. Daarom, is elkeen verantwoordelik om te leer hoe werk hulle liggame, om hulle seksualiteit te verstaan, aanvaar en te bestuur. Met ander woorde, wanneer die vrou seks weier, moet sy dink hoekom weier sy? Het sy nodig om ‘n dokter te gaan sien oor haar hormone? Het sy ‘n berader nodig? En sy maak werk van haar gevoelens sodat sy weer seks sal WIL hê met haar man. Sy praat openlik met haar man oor al die dinge wat in haar kop aangaan. Sy hoor waar is hy in sy seksualiteit. Is sy libido moontlik op hol? Masturbeer hy moontlik al lank in geheim en voel so skuldig daaroor maar het nodig om ontslae te raak van opgeboude testosteroon?

Om op te som:  Dis tyd vir meer eerlikheid in die huwelik. “Faking” is oneerlik. Lê en wag tot dit verby is, is dalk eerbaar maar ongesond vir jou en jou huwelik. Dis nie wat ‘n man wil hê nie. Hy soek nie ‘n blaas-op pop nie. Hy soek seks met sy vrou wie seks met hom wil hê!

Skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap program om ‘n nuwe en vars siening te kry oor seks in die huwelik en as ‘n gesonde deel van jou lewe. Klier Hier of gaan na ons webwerf www.gesondeseks.co.za en kliek op Mentorskap

Kommunikasie as ʼn konneksie en nie as ʼn kakofonie nie.


Die tweede grootste probleem wat ek in berading sien elke dag is die een van kommunikasie. (Die eerste probleem is seksueel van aard.)  En natuurlik as die kommunikasie sterk tussen die paartjie is, is daar ʼn goeie kans dat die intimiteit ook gesond is.

KommunikasieSoos wat ek na my kliënte luister en kommentaar op Gesonde Seks se Facebook blad lees kom ek agter, ons het ʼn baie groot wanbegrip van wat kommunikasie werklik is. Kommunikasie is vir baie slegs om inligting te verruil. Ek voel, dink of beleef iets en wil dit aan jou bekend maak of ek moet lank genoeg stilbly om jou gevoelens, gedagtes en belewenisse kans gee om verruil te word.

Solank soos wat ʼn paartjie se kommunikasie slegs bestaan uit om inligting te verruil, sal hulle nooit intimiteit kan beleef in hulle kommunikasie nie en kan dan maklik disintegreer tot waar die een voel sy inligting is nie meer so belangrik soos die ander een se inligting nie. As dit gebeur dan verdwyn die tye van luister na die ander een se inligting voordat jy gereed maak met jou eie inligting. Omdat jy nou voel jou inligting word nie meer as belangrik beskou nie, begin jy net om harder te werk om JOU inligting aan jou maat oor te dra. Met ander woorde, dit eindig op in ʼn skreeu kompetisie.

Kommunikasie2

Wat ek vir my kliënte uitwys is dat kommunikasie veel dieper kan wees as net ʼn platform waarmee jy inligting verruil. As jy kommunikasie kan sien as ʼn “plek” in plaas van informasie, het jy sopas ʼn groot paradigma skyf gemaak.

Genesis 2:25 praat van die man en sy vrou wat albei kaal voor mekaar gestaan het en geen skaamte geken het nie. Dit beskryf nie wat hulle vir mekaar gesê het nie, maar eerder die konneksie, die plek waar hulle mekaar gevind het.

Kommunikasie3

Die sleutel om ʼn konneksie te maak tydens kommunikasie is nie om te luister of selfs om terug te reflekteer nie (albei van hierdie is baie goeie en belangrike tegnieke in effektiewe inligting verruiling), want om ʼn konneksie te maak is op ʼn dieper vlak, om jouself in die ander persoon se skoene te plaas. Die konneksie tydens kommunikasie is soos ʼn “Ah-Ha” oomblik. Eweskielik voel dit asof tyd stil staan en die wêreld rondom julle verdwyn.

Julle bevind julleself alleen in ʼn baie intieme en broos plek. ʼn Plek waar woorde nie nodig is nie.

Hierdie is ʼn veilige plek. ʼn Plek van eenheid.

Hierdie is ʼn plek waar jy jouself as individu vir ʼn oomblik verloor en een word met jou maat. Jou vrese, emosies en begeertes het vir hierdie oomblik verdwyn en sonder dat jou maat vir jou enige iets hoef te sê of te verduidelik, weet jy. JY is daar. Julle vind mekaar daar.

Jy sal weet wanneer julle ʼn konneksie gemaak het. Dit is soos ʼn kommunikasie orgasme.

Hierdie artikel is maar net om jou bewus te maak van hierdie intieme “konneksie” plek iewers weggesteek in julle kommunikasie. Vind dit deur om jouself in jou maat se situasie te plaas en die wêreld deur hulle oë te sien en doen dit in dieselfde oomblik waar jou maat dieselfde doen om hulleself in jou skoene te plaas, en daar beleef julle iets wat goddelik is. Waar twee een word.

As julle wil verbeter in julle kommunikasie, skryf in vir ons kommunikasie kursusse op ons mentorskap program.

Verbeter jou kommunikasie Deel 1: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse/19-verbeter-jou-kommunikasie-deel-1

Verbeter jou kommunikasie  Deel 2: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse/20-verbeter-jou-kommunikasie-deel-2