Hoe maak ek tyd vir seks as daar kinders is?

Waar vind ek nog tyd vir seks?

Waar vind ek nog tyd vir seks?

Timothy,
“Nee wag, wag net so ʼn bietjie”… ʼn opmerking van ʼn luisteraar wat vra … ” of die twee manne wat soggens so lekker oor seksualiteit gesels kinders in die huis het?”
Uit die epos deur die luisteraar blyk dit dat werklike intiemiteit slegs moontlik is wanneer jy ongetroud en kommerloos die lewe kan geniet.
i. Timothy hoe maak ek intimiteit ’n werklikheid in ʼn besige skedule van mens-wees, ma-wees en vrou-wees?
ii. Sal ek spontaniteit prysgee?
iii. Is dit volhoubaar?…”Laaste ding is dat ek verwagtinge by my man wil skep en dit nie kan volhou nie.”

Antwoord:
i. Ja, ek het kinders in die huis. My oudste dogtertjie is amper 3 en my jongste meisiekind is 4 maande. En ja ek en my vrou maak nog tyd vir ons sekslewe.

Ek is altyd verstom hoe sommige mense sekere dinge met hulle geld kan koop, as ek weet hulle kry so veel soos ekke. Hoe kan hy dit bekostig? Jy maak ‘n plan vir wat vir jou belangrik is. As ‘n dit vir jou belangrik is om die nuutste 4X4 te ry, dan vind jy geld daarvoor.

As jou sekslewe vir jou belangrik is, dan vind jy tyd daarvoor!
En ja soms gaan jy seker besluite moet neem om tyd daarvoor te neem, bv. daar was ‘n paartjie by my vir berading. Vir die laaste 4 jaar slaap hulle kind saam met hulle in die bed. SIT DIE KIND IN SY EIE KAMER. Hy sal huil vir ‘n paar dae, maar druk deur, want jou SEKSLEWE is vir jou belangrik!

Ons het ‘n valse persepsie dat om jou kinders eerste te stel in jou lewe is die beste ding vir hulle. Dit is nie so nie! Die beste ding vir jou kinders is om jou man of vrou eerste te stel in jou lewe. Daar is te veel ouers wat beter verhoudings het met hulle kinders as met hulle huweliksmaat.

So in ander woord, voordat jy die balans gaan kan vind tussen jou seksualiteit lewe en jou besige lewe, moet jou seksualiteit vir jou belangrik wees.

ii. Wanneer daar kinders in die huis is, moet jy juis meer spontaan en kreatief wees as ooit te voere.
Maar hierdie gesonde sekslewe met kinders in die huis, het iets nodig, en sonder dit gaan jy baie sukkel… …’n gesonde verhouding!
Kom ek verduidelik.

Wanneer daar ‘n klein oomblik van geleentheid kom dat julle wel intiem kan raak, MAAR daar is eers stuff wat julle moet deurwerk want julle is kwaad vir mekaar, gaan daar nie genoeg tyd wees om eers weer in mekaar se goeie boekies te kom nie, en dan nog intiem te wil wees nie.

Maar as jy ‘n gesonde verhouding het, en daar is ‘n oomblik van geleentheid. VaVaVoom!!!

iii. Hierdie sluit aan by wat ons laas week oor gesels het, dat jy seksueel selfsugtig moet wees.
As die vrou die hele tyd voel dat sy seks vir haar man moet gee, dan is dit vir haar werk. Net soos wat dit werk is om vir haar kinders te bad, kos te maak en in die bed te sit.
Die vrou moet haar perspektief oor haar eie seksualiteit verander, anderste gaan sy dit nooit kan geniet nie.
So hier is so paar tips hoe om jou sekslewe gesond te hou terwyl daar kinders in die huis is.
• Gee vir jou man ruimte en permissie om te masturbeer. Hierdie sal baie druk van jou afhaal om te voel dat jy altyd aan sy behoeftes moet vervul.
• As jy bekommerd is oor waaraan hy gaan dink as hy masturbeer, gee vir hom verlydelik foto’s van jouself, skep ‘n fantasie waarin jy en hy mekaar kan geniet, wees kreatief en gee vir hom iets om aan te dink.
• Soms is jy net fisies en emosioneel te moeg vir penetrasie, maar dit hoef nie te beteken dat julle nie intiem kan wees nie. Vind ‘n ander manier om intiem te wees, wat jy wel voor kans sien, soos orale seks, gesamelike masturbasie of net erotiese tas. Nie alle intieme tye hoef te eindig in orgasme nie. Laat die opwindend opbou oor ‘n paar dae, tot julle al twee so lus is, jy gee nie om jou slaap bietjie uit te stel nie.
• Deur die loop van die dag, begin solank om aan vanaand te dink! Dit help as jy sexy onderklere aantrek of jouself bederf met ‘n nuwe haarstyl of rok.
• Ontdek en geniet jou eie seksualiteit, lingerie, fantaseer oor jou man, raak verlief op jouself!
• Midnight sex! Maak jou man wakker op ‘n ander manier! Jy voel beter na ‘n paar ure se slaap en staan in elk geval op vir baba. Jou man sal nie lank kwaad bly dat jy hom wakker gemaak het nie.
• Moenie dat jou kind saam met julle in die bed slaap nie, dit is ‘n mood-spoiler.
• Vry mekaar voor die kind. Maak jou kinders groot in ‘n huis waarin dit duidelik is pappa en mamma is nog verlief op mekaar.

2 thoughts on “Hoe maak ek tyd vir seks as daar kinders is?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s