A: Paulus skryf in 1 Korintiers 10:23 dat alles is toelaatbaar maar nie alles is voordelig nie. Ek glo hierdie vers is relefant vir hierdie vraag rondom erotiese leestof as hulpmiddel in die huwelik. Vir sommige is dit nadelig en ander ‘n hulpmiddel. Erotika kan vergelyk word met dwelms. Dit is die verslawing aan dwelms wat die probleem is en nie die dwelms self nie, want in gekontrolleerde mates gee dit vir ons medesyne. Wanneer erotise leesstof in ‘n huwelik verslawend raak, gaan dit by jou kom steel, dood maak en verwoes. Solank man en vrou eerlik voor mekaar staan en alles wat hulle doen “mutaully agreed upon is”, verminder jy die kans aan verslawing. Daarom sal ek nooit erotise leesstof vir almal aanbeveel nie, terselfde tyd sal ek niemand veroordeel wat alles probeer om hulle huwelik te red en verbeter nie. Kom ons fokus minder op wat “toelaatbaar” vir almal moet wees, en meer op wat “voordeelig” is vir onsself.