V: Wanneer is jy oud genoeg om seks te hê?

A: Biologies gesproke is jou liggaam gereed om seks te hê nadat jy deur puberteit gegaan het. In vorige generasies het kinders al op 13 jarige ouderdom getrou en begin met hulle eie families. Ons westerlike samelewing het al ‘n bietjie verander en nou dink ons dat om op 13 jaar oud te trou is nie normaal nie en dat dit onwys en verkeerd is. Deesdae wil ons eers met ons studies klaarmaak, die wêreld reis en gevestig word in ons loopbane voordat ons eers dink aan trou. As gevolg van dit trou ons tussen die ouderdom van 25 tot 30. En omdat ons nog steeds wil reg lewe in die oë van die Here probeer ons om nie te veel seksueel aktief te raak voordat ons getroud is nie.

Alhoewel jou liggaam na puberteit gereed is om voort te plant, is iemand op daardie ouderdom in ons samelewing glad nie emosioneel gereed vir seks nie, soos wat verduidelik word by “Moet seks ‘n spesiale band wees tussen twee mense?” Ons bestaan uit liggaam, siel en gees en seks is een van die dinge wat al 3 saambring en beinvloed. Daarom moet jy nie net oud genoeg wees vir seks nie, maar ook seker maak dit is met die regte persoon.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s