Raad vir “Jong getroudes”

Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

V. Ek is 25 en trou volgende jaar, ek lees nou van mense wat in hul huwelik 10years down the line seksueel sukkel, of hul sien mekaar nie meer soos destyds nie, of pappa sien mamma nou as moeder en nou wil hy haar nie meer raps nie ensovoorts ensovoorts…Op hierdie stadium in my lewe kan ek so iets nie indink nie (ons is jonk en um ja, sien meer uit na die honeymoon as die troue hehe) maar is daar stuff (moets en moenies) wat mens van dag nommer een in die huwelik kan doen of nie moet doenie wat ‘n mens se seksuele kant van die huwelik sal sustain & beskerm? (behalwe obvious goed soos moenie emosionele wrokke laat bou nie, moenie met ander mense flirt nie, moenie ‘n 100kg optel nie) Ek praat van day-to-day living…

In elk geval dis dalk ‘n simpel vraag maar jou antwoord sal my interesseer…

Groetnis

A. Geluk met julle trou datum volgende jaar. Mag julle huwelik ‘n voorbeeld vir almal rondom julle wees. En ek is bly om te hoor julle sien meer uit na die honeymoon as die troue self. Dit sê vir my julle het besluit om te wag tot die honeymoon om saam te slaap. (Well done) Ek en my vrou was self een van die eerste mense wat by ons eie trou gery het 😉
As ek vir jou net een day-to-day living tip moet gee hoe om die erotika tussen julle nog sterk te hou na 25 jaar se getroude lewe is dit die woord “tsâchaq”. Tsâchaq is ‘n Hebreeuse woord wat beteken lag, terg, speel en om jouself te geniet. Gaan lees Genesis 26:8 waar Isak vir Rebekka tsâchaq, en dit is nie die tiepe lag, terg en speel wat gepas is tussen broer en suster nie. Dit is ‘n erotiese lag, terg, speel en om jouself te kan geniet in jou maat se teenwoordigheid.
Ek het die ander dag in ‘n restaurant gesien hoe ‘n sewentig jarige oom vir sy vrou (ook 70) iets in die oor fluister en toe haar oor so bietjie van ‘n nibbel gee. Sy het so bietjie skaam gelag en sy hand vas gehou. Na al die jare tsâchaq hulle nog mekaar. En as jy kan tsâchaq dan weet jy die res van jou huwelik is ook gesond.
Groete
Timothy Kieswetter
Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s