Hoe om ’n ‘affair’ in jou huwelik te voorkom

Daar is ’n stuk in die kinder-animasie ‘Toy Story 2’ wat vir my sowaar is. Mr. Potato Head is in ’n speelgoedwinkel om vir sy vriend Woody te soek, wanneer hy vir Barbie sien. Haar beeldskone voorkoms, lang hare, tergende glimlag is dit alles wat Mr. Potato nodig gehad het om sy Woody te vind! Hy keer homself om enige iets met Barbie te waag deur om hom te herinner dat hy gelukkig getroud is. “I’m a married spud, I’m a married spud”, het hy oor en oor vir homself gesê.
Hierdie het ons ‘default’ antwoord en verdediging geword teen moontlike egbreuk. Dat solank ek gelukkig in my huwelik is en lief bly vir my vrou of man dan vrywaar dit my van enige sulke onheil. Ons dra selfs ’n ring aan ons trou vinger om ons aan hierdie feit te herinner. Hierdie ‘default’ antwoord sit verskriklik baie druk op die huwelik – dat jy ALTYD gelukkig moet wees en dat jy ALTYD lief moet voel vir jou huweliksmaat. Ongelukkig, is die rede vir buite egtelike verhoudings nie uitsluitlik te doen met hoe lief jy jou maat het nie, of hoe gelukkig jy in die huwelik is nie.
Natuurlik sal ongelukkigheid in jou huwelik nie enige situasie help nie, maar ek wil vandag gesels oor die ‘affair’ wat ons nie sien kom nie. Die een wat ons bekruip en voordat ons ons oë kan uitvee vind onsself om dinge te sê soos: “Dit het net gebeur.”

As ek dit moet opsom sal ek sê dit is om op die verkeerde tyd op die verkeerde plek te wees. Amper soos wat Josef homself in bevind het toe hy in Potifar se huis gewerk het (Gen39). Potifar het nie baie goed na sy vrou omgesien nie en so het sy emosionele behoeftes gehad. Sy was nie gelukkig in haar huwelik nie (Verkeerde tyd). Die Bybel sê dat toe sy en Josef alleen in die huis was, het sy hom bespring en hom gesmeek om met haar te slaap (Verkeerde plek). Nou Josef kon dit ‘cool’ speel en maak dat dit hom nie pla of tempteer nie. Hy is ’n goddelike man so hy kon dink dat hy sterk genoeg was om die temptasie te weerstaan. Ek glo dat met so ’n gesindheid sal dit net ’n kwessie van tyd wees voordat hy wel ingegee het. Wat is die beste manier om uit ’n verkeerde tyd en verkeerde plek temptasie te kom? Hardloop!
Daar is te veel van ons wat met ’n gesindheid van hoogmoed rond beweeg dat omdat ek gelukkig getroud is en lief is vir my huweliksmaat, sal niks gebeur wanneer ek myself in ‘verkeerde tyd – verkeerde plek’ situasie bevind. Ons sê: “Ek sal maklik die versoeking kan weerstaan.” Maar partykeer moet jy vir ’n sexy kollega by die werk ’n bietjie meer vermei of die koue skouer gee voordat jy ’n koue stort nodig kry.

Wat kan ek doen om nie in die ‘affair’ gat te trap nie?
Daar is ’n paar dinge wat jy moet begryp wat jou sal help om nie blindelings in ’n ‘affair’ in te loop nie.

1. Erken dat jy en jou huweliksmaat, seksuele wesens is, afsonderlik van jou.
Hier maak baie van ons ’n kardinale fout wanneer ons dink dat die dag toe ons getrou het, word ons seksualiteit aangeskakel en is slegs aangeskakel deur die persoon met wie ons getrou het.

Dit veroorsaak dat ons glo dat ons niemand anders aantreklik sal vind nie of buite ons huwelik seksueel gestimuleer kan word nie. Dis mos nie waar nie! Jy en jou eggenoot bly seksuele individue wat moontlik heeldag seksuele gevoelens en gedagtes het afsonderlik van jou. Ons elkeen het ‘n seksuele geskiedenis wat ons seksuele voorkeure en optrede nou beïnvloed. As jy dit besef, sal jy jou huweliksmaat seksueel beter wil leer ken.

2. Erken daar is mooier mense daar buite as jy
Wow, regtig! Dink jy jy is die beste en mooiste? Nee, die meeste van ons doen nie, maar tog kry ons so seer wanneer ons huweliksmaat ’n opmerking maak oor ’n ander sexy man of vrou.
Wanneer jy besef dat daar konstant mooier mense gebore word as jy en dat jou huweliksmaat ’n seksuele mens is afsonderlik van jou, hoef jy dit nie meer persoonlik te neem nie. Want net omdat daar ander mooi mense is wat jou man of vrou aanloklik vind, beteken nie dat jy nie goed genoeg is nie.

Bv. Jou man kom by die huis en vertel vir jou van sy dag en noem Amanda ’n bietjie te veel vir jou. Jy reageer dadelik en raak aanvallend en bevraagteken sy gevoelens vir Amanda. Hierdie is die verkeerdste reaksie wat jy kan doen. Want wat jy doen, is om iets wat natuurlik en realiteit is (beginsels 1 en 2) in iets lelik en vuil te maak. Hy sal nooit weer enige van sy gevoelens vir Amanda of enige iemand anderste ooit weer met jou deel nie. Hy wil nie weer oop en eerlik met jou kommunikeer net sodat jy hom kan oordeel en hamer daaroor nie. Nou is al die natuurlike gevoelens (God het die man gemaak om van mooi vrouens te hou) in ’n donker privaat kamertjie toegesluit. En waar iets eers niks was nie, het nou ewe skielik die potensiaal om te ontwikkel in ’n affair, want sonde broei in duisternis.

Die beste manier vir die vrou om te reageer op haar man se gevoelens wat Amanda by hom opwek, is om ook haarself kwesbaar te maak. (Genesis 2:24 Man en vrou het naak voor mekaar gestaan en geen skaamte geken nie). Sy kan iets sê soos, “Sjoe, ja ek het haar prentjie op Facebook gesien en sy is nog als mooi.” Dadelik wys sy vrou vir hom dat sy hom verstaan en nie gedreig voel deur die ander vrou nie. Dit laat haar man haar waardeer en admireer en versterk die liefdesband tussen hulle. Dit hou die lyne van kommunikasie oop sodat die man vrymoedig voel om weer iets ‘kaal’ met sy vrou te deel sonder dat sy ontplof. Die kanse dat hy homself in die verkeerde plek op die verkeerde tyd gaan bevind met Amanda is ook minder.

3. Erken dat jy en jou huweliksmaat moontlik kan ‘cheat’
Ons is op die ou ent net mens. Die Bybel waarsku ons teen hoogmoed, dat sodra ons dink ons staan dat ons nie val nie. En om terug te kom na die storie van Josef, omdat hy bewus was van sy vleeslikheid en omdat hy nie blind was vir dit wat Potifar se vrou in hom laat opstaan het nie, het hy homself ‘forcefully’ – selfs ongeskik, uit daardie situasie verwyder. Deur om eerlik met jouself te wees oor jou feilbaarheid, sal jy meer versigtig wees om verkeerde tyd- verkeerde plek situasies te vermy.

Ten slote:Ek dink dit is gepas om alles op te som met nog ‘n les wat ons van Mr. Potato in Toy Story kan leer. In hierdie scenario besluit hy hy wil sy kwaad-stel oe uit haal en aansit. Maar sonder om te kyk haal hy sy ekstra paar skoene uit dit in die plek van sy oe en hardloop in die muur vas.
As ons wil blind bly tot ons vleeslikheid, realiteit en gesonde seksualiteit ignoreer loop ons ook die kans op teen die muur vas te hardloop. Deur om jou oe oop te hou tot wat rondom jou en in jou aangaan, sal jy van ver af Potifar se vrou sien aan kom en vir jou genoeg kans gee om te hardloop.

Skryf hier in vir ons 6 week e-pos kursus oor “Affair-proofing jou huwelik” https://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse/16-affair-proof-jou-huwelik

8 thoughts on “Hoe om ’n ‘affair’ in jou huwelik te voorkom

  1. WOW, dis nou net die tipe “advise” wat ek nodig het om my verhouding te bevorder!

    Dikwels “jump” mens tot “conclusions” nie met die mening om seer te maak en te verdink nie, maar net uit pure mens wees. Ek gun my man die gebruik van sy oe!

  2. dit is n stunning berig, kom ons se net dit moes ek gelees het vandag, dit was vir my bedoel, dankie timothy ek sal warlik elke dag jou blogs kom lees!!!

  3. Dit kom ook neer tot die feit dat jy van jouself moet hou, en gemaklik moet wees met jou “naakte” self, voor jy kan besef dis okay om met jou maat te genes oor daai Sexy stukkie Wat hy in die winkel gesien het. Anders gaan dit seer maak, en jy gaan jammer voel vir jouself…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s