My vriend het ʼn “affair”! Wat moet ek doen?

Kort na die laaste putjie op die gholfbaan, is Jeff haastig om klaar te maak…dit is vreemd dink ek, ons kuier gewoonlik nog na die tyd, dan lui sy foon en hy praat agter sy hand… Die geselsie word kort geknip wie was dit vra ek … Sommer iemand op kantoor, sê hy en dit voel of ek my ou pêl van al die jare nie meer ken nie.

Timothy,
i. In die geval is dit nie nog ‘n sepie nie maar die regte ding ek dink my vriend/vriendin het ‘n affair, hoe hanteer ek dit? Die Bybelse riglyne is liefde en wysheid, maar ek is teleurgesteld en wil dit uitpraat.
ii. Wat as hy volhou met dit? Moet ek sy vriendin/vrou vertel, is dit my Christelike plig?

Antwoord:
Mens kry vriende en dan kry jy VRIENDE! Sommige vriendskappe is oppervlakkig en sommige is vol diep waarde en betekenis. Ek dink een van die heel eerste dinge om te besef is dat jou vlak van verhouding met ’n persoon bepaal jou vlak van inspraak .

Vlak van verhouding = Vlak van inspraak

Nou baie van ons Christene hou nie daarvan om dit te hoor nie, want ons voel geregtig en verplig om vir almal die “Gospel” te gee. Maar ons vergeet wat die “Gospel” beteken. Die Gospel beteken die Goeie Nuus. En om mense die hele tyd te hamer oor hulle sonde en hulle swak punte uit te wys, is verseker nie die Goeie Nuus nie.
Dan is dit belangrik om te verstaan dat ons behavior, dit wat ons doen, is baie maal maar net ’n simptoom van ’n dieper seer, vrees of emosie. As ons die hele tyd net ons vriende of onsself gaan oordeel oor ons gedragpatrone, sal ons nooit by die dieper wortel probleem uitkom nie en dus sal ons nooit kan groei as mens nie.

Daarom is dit belangrik om die tyd te neem en te LUISTER na jou vriend. Hy/sy weet alreeds dat hulle verkeerd doen, anderste sal hulle dit nie probeer wegsteek nie. Hulle het nie nodig dat jy hulle skuldiger laat voel nie. Hulle het ’n vriend nodig wat daar is vir hulle. Wat hulle nie oordeel nie. Wat bereid sal wees om te luister.
As ons in die gewoonte kan kom om vir mekaar ons sondes kan vertel, sal ons ’n baie gesonder lewe kan lewe. Jakobus 5:16 sê presies dit. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.” God het die mens gemaak om sy seer, pyn en emosies met die geliefdes rondom hom te deel.

Hierdie hou ons nog minder van om te hoor, want wat gaan die mense van my dink as ek hulle vertel wat ek aangevang het? Ons is vas gevang in ’n blink buite, maar vrot binne mentaliteit. En die eerste stap wat jy moet doen om van hierdie mentaliteit ontslae te raak is om te besef dat jy ook maar net mens is. Dat die sonde lê en loer vir ons almal. En dat die hoeveelheid van sonde wat ons doen of NIE doen nie, bepaal nie God se liefde, genade of goedheid vir ons nie.
Elke situasie en verhouding het sy eie dinamika, so wat die regte manier vir jou is om op te tree sal anderste wees as die volgende persoon. Maar as jy hierdie paar beginsels onthou, sal dit baie help met wat om te doen en wat om te sê.

Stuur jou vra of kommentaar na timothy@gesondeseks.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s