Wat doen jy as jou man ‘n probleem het met jou gewig?

Wat doen jy as jou man ‘n probleem het met jou gewig?

‘n Luisteraar skryf: “Wat doen mens as jou man heeltyd aanmerkings en opmerkings maak oor jou gewig. Nie direk vir jou sê jy is vet nie, maar aanmerkings maak oor oefening en as ek iets wil eet maak hy deesdae aanmerkings. Ek weet ek is vet, maar dit maak my net nog meer depressed as hy so is”.

Timothy,

Die ou grappie van, laat hierdie broek my vet lyk? Het nou ʼn werklikheid geword.
i. Hoe kan mans en self vrouens hierdie geskilpunt hanteer, wanneer ons met gewigskwessies te doen kry, sodat ons wys en liefdevol die saak benader?
ii. Die vraag is dan moet mens verder in ‘n huwelik nie net oor die aangeleentheid nie, maar oor die algemeen, die hele waarheid deel, wat is die implikasie om te reserveer?

Antwoord:

Daar is niks fout met ’n vet vrou nie. Sy sal vir jou skaduwee gee in die somer en hitte in die winter!!!

Kom ons begin om 2 belangrike beginsels te skei.
1. Eerstens, om oorgewig te wees as gevolg van ongesonde eet gewoontes en geen oefeninge. Hierdie tipe oorgewig sal by jou steel in al die areas van jou lewe, van die energie wat jy beskikbaar het tot jou selfvertroue om jou sekslewe te geniet.

2. Maar, wanneer jy ten spyte van gesond eet en gereelde oefening, nog steeds ’n bietjie oorgewig bly. Moet jy dan net harder oefen en minder eet, reg? Nee, verkeerd. “LOVE WHAT YOU’VE GOT!”
Vir die res van die gesprek sal ons gesels oor die 2de tiepe oorgewig vrou of man. Die vrou wat gesonde eetgewoontes het en gereeld oefen, maar wat nog steeds ’n voller figuur het as die vrou op die tydskrif ‘covers’.
Ons moet besef dat daar nie een figuur is wat globaal as die mooiste beskou was oor die generasies nie. Jy het nog altyd klein figuurtjie en groot figure gekry, al wat verander het oor die jare was die samelewing se aanvaarding en klasifikasie van wat is sexy en wat is nie.

Maar hierdie wat ons samelewing vir ons verkoop as wat die ideal is, is ’n leuen. “As jy net nog 10 kg verloor, dan sal jy gelukkiger wees.” “As jy net ’n bietjie meer geld verdien dan sal jy gelukkiger wees.” “As jy net genoeg spaar om daardie motor te koop, dan sal jy gelukkig wees.”
Hierdie is alles net verkoop tegnieke om jouself ontevrede te maak met wat jy het en wie jy is. Die samelewing moenie vir ons sê wat is mooi en wat is lelik nie. Ons moet self daardie besluit maak. En dit begin by die individu.
Ek dink ’n meer akkurate definisie van wat ‘sexy’ is, moet wees wanneer jy gemaklik is met wie jy is en gemaklik voel met wat jy het.

Die antwoord lê nie in wat jy nog moet bereik nie, die antwoord lê in die feit dat jy vrede het met wie en wat jy is. Amper ’n tiepe van innerlike genade, dat dit maak nie saak of jy ’n bietjie oorgewig is of dalk soos ’n strykplank lyk nie, jy is lief vir jouself. PUNT!

So vir die gesonde oorgewig vrou: Aanvaar wat jy het. Leer om jouself lief te hê net soos jy is. Want as jy gemaklik voel sal mans nie hulle oë van jou kan af hou nie.
Bulimia en anoreksie bewys dat maer meisies nie noodwendig gelukkig en sexy voel nie. So kies eerder om gemaklik te wees met wat jy het.

Wat as my man nie van my lyf hou nie? “Beauty is in the eye of the beholder.” Dit is ’n groter refleksie op hom as op jou. Hy mag dalk voel hy verdien beter. Dat hy uit mis in die lewe. Dat hy nie goed genoeg is vir iets ‘beter’ nie.
Mans wat ’n probleem het met ’n gesonde oorgewig vrou wat gemaklik met haarself is, het probleme van hulle eie en omdat mans nie regtig met hulle emosionele probleme goed kan deal nie, verplaas hulle al hulle frustrasies en onbewuste emosies oor op die vrou.

Aan die ander kant is dit die sosiale aanvaarding en advertensie van hierdie fantasie lyf. Sy is orals op T.V, in die tydskrifte en tot in sy drome. My opinie oor dit is dat sommige mans met hulle eie manlikheid moet vrede maak, hulleself liefhê net soos hulle is, (al was hy nie die kaptein van die eerstespan rugby nie).
Albei die man en die vrou is nie gemaklik met die vrou se lyf nie, wanneer hulle nie goed voel oor hulleself nie.
As ons by ’n punt kan kom waar ons ons eie ‘insecurities’ verwerk het, sal ons die mooi in allerhande mense begin raak sien.

Ten slote:
Daar was ’n baie interessante studie gedoen oor wat beide geslagte as die ideale aantreklike liggaam figuur beskou. Dieselfde vier vrae was gevra vir die mans asook vir die vrouens. My huidige figuur, my ideale figuur, die figuur wat ek dink die ander geslag die mees aantreklikste sal vind en die figuur wat ek in die teenoorgestelde geslag die mees aantreklikste vind. Hulle moes uit 9 figure wat van baie maer tot baie vet rangskik. Die mans se huidige figuur en ideale figuur was baie dieselfde. Waar die vrouens ’n baie interessante en dalk kommerwekkende patroon getoon het. Hulle huidige figuur was groter as wat hulle gedink het die meeste mans aantreklik sou vind, maar hulle eie ideale figuur was NOG dunner as dit. So dit is nie net dat vrouens dink mans oordeel hulle gewig nie, hulleself oordeel hulle eie gewig nog meer strenger.

Vir my is die studie se grootse openbaring dat beide die mans en die vrouens verkeerd geraai het wat die ander geslag die mees aanloklikste vind. Die mans is vas oortuig dat vrouens van ’n groter man figuur hou en die vrouens is oortuig dat die mans van ’n dunner vrou figuur hou.(i)
Wanneer ons na hierdie studie kyk asook na wat die oor die jare en in verskillende kulture beskou was as die perfekte lyf, begin ons agterkom dat daar nie een spesifieke figuur is wat as perfek beskou kan word nie. Hoekom nie? Dalk omdat die Engelse gesegde ’n waarheid beet het. “Beauty is in the eye of the beholder.” Ek dink ons kan nog ’n faset daarby aanheg en dit is dat ware skoonheid straal van binne af. Wanneer die vrou mooi voel, dan lyk sy sommer baie mooier.

i. April E. Fallon en Raul Rozin het hulle bevindings gepubliseer in die “Journal of Abnormal Psychology – Volume 94, Issue 1” met die titel “Sex Differences in Perceptions of Desirable Body Shape”.

2 thoughts on “Wat doen jy as jou man ‘n probleem het met jou gewig?

  1. Ek stem saam dat jy jouself moet aanvaar soos jy is, maar baie mans het met ‘n maer vrou getrou, en daarna is dit 20 kg swaarder. Miskien moet ons meer moeite doen sodat daai vetjies nie saam pak en nodig het om op te gaar nie. Jy wil tog ook mooi en sexy voel. Ek weet want ek is heidiglik oorgewig, ek het 30kg met my swangerskap opgetel en gelukkig nou al 25kg verloor. Ek’s eerlik die gewig het my depresief gemaak en dit maak my nogsteeds, maar met die chinese verslankings pille verloor mense gewig sonder om dit agter te kom. Na die 25kg voel ek soos ‘n beter mens en ek het baie meer self vertroue. Ek het skoon begin om ook die pille ook te verkoop want almal wat my sien wil weet wat ek doen. Mens maak of jy gelukkig is, maar diep binne in jou is jy nie, en as jy jouself in die spieel sien begin dit knaag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s