V. Is vry sonde? Vry bedoelende vat, soen ens ens…

Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

V. Is vry sonde? Vry bedoelende vat, soen ens ens…

A. Ek sal graag wil hoor wat is jou ens ens… 🙂 Die reëls wat die kerk vir ons gestel het rondom ons seksualiteit was bedoel om ons te beskerm, want verhoudings is dié plek waar ons die seerste kan kry. Maar ongelukkig het hierdie “reëls” – “Dit is sonde”, “Dit moet wag tot die troudag”, “Dit sal God se hartseer maak”, “Dit is wellus”, ook skuld gevoelens mee gebring en ’n swaar las op baie individue en paartjies kom sit. Reëls sonder om die groter konsep te verstaan gaan jou of rebels maak teen dit, of dit gaan jou gees knak. In hierdie geval sal seksuele skuld ’n groot gewig rondom jou verhouding wees. So ek gaan nie vir jou sê wat jy mag en nie mag doen nie. Ek gaan vir jou die groter prentjie skilder. Dit is jou lewe, jy kan jou eie besluite maak. (Wat die meeste van ons in elk geval doen)

1. Erotiese liefde (Vry, vat, soen ens ens…) is alles deel van die liefde wat God vir die mens gegee het om te geniet. Spreuke 5:18-19 “Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou, so vol liefde, so mooi soos ‘n takbok, soos ‘n ribbok. Geniet voluit van haar liefkosings, laat dit jou deurentyd bedwelm.”
En is dit nie so dat erotiese liefde ons almal bedwelm nie? Dit is goed dit moet so wees. Geniet dit.

2. Trouheid (Commitment liefde) ’n mens se seksualiteit word nie aangeskakel eers wanneer jy trou nie. Die fisiese aantrekking begin by die oomblik wanneer julle mekaar se oë vir die eerste keer vang. En soos wat julle verhouding en liefde groei raak die trouheid (belofte om nie meer seer te maak nie) groter en groter. Erotiese liefde is blind en dink nie voordat hy iets doen nie, daarom moet ons na Spreuke 5:15-16 ook luister “Jy het tog self ‘n vrou, jy het tog self ‘n put met water: drink die strome uit jou eie fontein. Moet jou fonteine dan ook die wêreld vol loop, jou strome water oral heen vloei?”

Ten slote: Die groot prentjie is dat Erotiese liefde en trouheid behoort saam en daarom kan daar nie ’n reël wees wat deur die bank vir almal geldig is nie, want nie alle verhouding het dieselfde belofte van trouheid aan mekaar nie. En om te trou net vir trou is ook nie die antwoord nie, want wat beteken dit as jy net paar jaar later mekaar skei.
Daarom moet elke paartjie vir hulleself oordeel, wat is vir hulle eties reg of nie.

Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s