Wat moet ek doen as my kind begin vra oor seks?

Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za

Vraag:
My dogtertjie is nou 4 en half jaar oud..sy het eergister by die huis gekom van die skool af en sy het uit die bloute aan tafel gesê dat babas uit jou piepie uit kom..ek het net gevra ..wie se so..en sy sê toe haar maatjie by die skool.. later het sy my badkamer toe geroep en gesê dat haartjies op jou piepie groei, ek het weer gevra ‘oh wie se so..en sy sê toe weer die maatjie..en toe vra ek en wat sê sy nog.. en toe sê sy dat die maatjie het genoem dat sy moet op die klimraam bo gaan lê en toe vat sy aan my piepie..en gister het ek haar onder ‘n stoel gekry waar sy haar broekie wegskuif en aan haar self vat…ek het haar net geroep en haar aandag afgetrek met ‘n werkie wat sy vir my moes doen ….sy het vanoggend vir my gesê ook sonder dat ek haar gevra het dat haar maatjie haar in die sandput gewys het om daar te vat..hoe weet ek hoeveel van die dinge is waar en hoe hanteer ek my kind en die skool..ek het haar vandag by my gehou en net gesê ons gaan bietjie dorp toe.. ek het ‘n afspraak met die juffrou vanmiddag..hoe hanteer ek die skool? My kop sing al want ek weet nie wat om te dink van alles nie…

Antwoord:
Geagte Bekommerde-Ma.
Ek hoor jou bekommernis, maar ek wil jou terus stel dat dit alles normaal is. Hierdie is ‘n goeie geleëntheid vir jou om die verhouding tussen jou en jou dogter te versterk en te sement vir daardie moeilike tienerjare wat voorlê. Neem jou dogtertjie uit vandag en gesels met haar oor seksualiteit. Vra vir haar wat se vraagies het sy nog oor iets wat haar maatjie genoem of gedoen het en dan beantwoord jy dit eerlik sonder om vir haar meer inligting te gee as wat sy voor vra.

Die speel met haarself is baie normaal en gesonde seksualiteit sluit in ‘n gesonde kennis van jou eie liggaam. Kinders gaan deur fases van ondekking en ek glo dat ouers dit op ‘n gesonde manier kan fasiliteer. So lank as dit nie ‘n obsessie raak nie, is dit nie gevaarlik nie. Wat jy gedoen het deur om jou kind te vra om ‘n werkie te kom doen is uitstekend! Jy het nie met haar geraas nie, maar ook nie aandag gegee aan wat sy doen nie.

Jy hoef ook nie te bekommerd te wees oor die maatjie wat aan haar vat en dinge leer nie, want wat jy hier beskryf is baie normaal en onskuldig. As jy of die juffrou gaan raas en ‘n ding daaroor gaan maak gaan hulle meer stoute dinge doen in die geheim. Daar moet toesig wees op die speelgrond om te kyk dat kinders nie seer kry nie. Kinders moet geleer word om nee te sê. Maar dokter-dokter speel gaan daar wees en kinders moet eerder aangemoedig word om bene te verband en pleisters op te sit plaas, in plaas daarvan om aan mekaar se privaatdele te raak.

Leer jou kind dat seksualiteit gesond en goed is deur om nie negatief oor sulke dinge op te tree nie. Ek verstaan dit laat mens skrik, maar jou kind weet nog nie alles wat jy weet nie. Vir haar is dit net nog ‘n interresante liggaamsdeel. Volwassenes maak dit vuil of lelik deur hulle optredes. Jou kind moet veilig by jou voel sodat sy alles met jou kan kom gesels.
Leer haar die verskil tussen wat is vir privaat en wat mens nie in die publiek mag doen nie.

bv. Dit is okay om saam met jou maatjie te praat oor sulke dinge, maar nie okay as iemand aan jou vat waar jy nie van hou nie.

Hoe jy hier gaan optree sal ‘n groot onderbewuste boodskap vir jou dogtertjie stuur oor hoe om oor seksualiteit te voel.

Maak hierdie 3 punte vas:
1. Jy kan altyd met mamma kom gesels
2. Seksualiteit is gesond en goed
3. Wat is okay in publiek en wat moet privaat gehou word

Sterkte met vandag en moenie worry nie jy het tot dus ver alles reg gedoen. (dalk kan jy die juffrou meeting kanselleer of net vra om ‘n oogie te hou, maar ek is net bang sy reageer te streng en dan maak dit die kinders net meer nuuskierig)

Ook sal ek noem net om veilig te wees om nie jou dogtertjie na die maatjie se huis laat kuier of alleen te veel met haar sal speel nie. By die skool en by jou huis, in ‘n groep is fine, maar ons weet nie waar kry die maatjie haar seksuele informasie vandaan nie en ons wil nie jou kind aan daardie source blootstel nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s