Jy kan ook Casanova wees

“Casanova maak laaste klaar in die slaapkamer”
Deur Timothy Kieswetter

Ons almal het al die Engelse spreekwoord gehoor “Nice guys finish last.” Gewoonlik is daar ‘n negatiewe konnotasie daaraan verbonde, maar wanneer dit by die slaapkamer kom is daar heeltemal ‘n ander betekenis aan dié spreekwoord gekoppel.

Mans wat vinnig orgasme bereik kan seker in twee hoofgroepe op verdeel word: Die een wat aspris vinnig klaar maak en die ander man, per ongeluk! Al twee, los hulle vrouens frustreerd en omgekrap. Dit neem nie lank voordat hierdie patroon ‘n vrou oortuig dat seks net vir mans lekker is en maar net nog ‘n werk of verpligting vir haar. Casanova, aan die ander kant, verstaan dat dit beter is om te gee as om te ontvang.

Vir meeste mans neem dit 2 – 5 minute om orgasme te bereik waar vrouens 10 – 20min kan neem. Daarom, om ‘n ware Casanova te wees moet jy baie meer tyd aan voorspel spandeer. Nie net om jou vrou te bederf nie, maar ook sodat jy meer beheer oor jou ejakulasie kan kry. Casanova het homself geleer om sy ‘kom’ te beheer sodat hy ‘arriveer’ net wanneer hy so kies! Vir hom, is voorspel nie net ‘n vinnige vry hier en ‘n fondle daar om die weg te baan vir die ‘big bang’ nie. Maar eerder ‘n verkenning van mekaar se liggame en ‘n liefdevolle dans tussen hom en sy beminde.

Mans moenie dink dat voorspel net daar is om die vrou in die ‘mood’ te kry nie, maar is ook die beste tyd om aan daardie prematuur-ejakulasie te werk. Wees bewus van jou ‘arousal’ vlakke en kommunikeer dit so aan jou vrou. Voordat jy die punt van geen omkeer bereik, STOP wat julle doen, ontspan, haal asem en rus. As jy afgekoel voel, sit die liefdespel weer voort. Orgasme is nie iets wat vir Casanova omkant betrap nie. Hy is bewus van die opbou daarvan en beheer self die tempo van ontploffing. Wanneer ‘n man sy eie seksualiteit kan bemeester, sal sy vrou die een wees wat daarby baat.

Goeie ‘lovers’ verstaan dat seks ‘n groter betekenis het as net penetrasie-seks en is nie skaam om hulle vrou soos ‘n seksgodin te laat voel nie, want hulleself voel self soos Casanova.

One thought on “Jy kan ook Casanova wees

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s