Ek het my vriendin se man per ongeluk gesoen!?!

Vraag – “Ons was onlangs ‘n klomp vriende by ‘n braai en het lekker gekuier. Ek en my vriendin se man het in die gang in mekaar vasgeloop en voor ons ons kon kry, het ons mekaar gesoen. Ons het onmiddelik weer opgehou en albei besef ons het miskien een drankie te veel ingehad. Dit pla my baie. Daar is definitief niks tussen my en my vriendin se man nie, maar wat nou? Moet ek my man vertel dat dit een onbesonne oomblik was? Moet ons die vriendskap verbreek? Of moet ons maak of daar niks gebeur het nie…?”- Anoniem, Standerdton.

Antwoord:
Anoniem as jy al my advies vir ander gelees het, sal jy weet dat ek glo in ’n huwelik waar beide man en vrou 100% alles van mekaar weet en okay is daarmee. Dit is tog die enigste manier om iemand waarlik lief te hê, wanneer jy waarlik die persoon heeltemal ken. So die ideaal is en waarnatoe jy sal moet strewe is om vir jou man te vertel. Die rede hoekom ek nie in geheime glo nie, want dit is soos kanker wat jou van binne opeet. Maar ek moet hier ook noem dat jy jou tydsberekening moet reg kry, want die nuus gaan heel waarskynlik jou man omkant vang. As julle alreeds sterk kommunikasie kanale tussen julle het, gaan voort en vertel hom. As julle nie regtig diep dinge met mekaar deel nie, is dit dalk nie die beste onderwerp om mee te begin nie. Begin om iets uit jou verlede te deel wat hy nog nie van jou weet nie. Wanneer jy en jou maat ‘kaal’ staan voor mekaar deur om oop en eerlik te kommunikeer is dit belangrik om aanvallend of ‘defensive’ te raak nie. As hy kwaad reageer, moenie jouself verdedig nie, bly by ‘ek is jammer ek het jou seer gemaak.’
Aangaande jou vraag oor die toekoms van die vriendskap? Ek dink nie jy hoef enige iets drasties te doen nie, maar waak net jou hart en as jy enigsins gevoelens begin ontwikkel vir hom is dit tyd om drastiese stappe te oorweeg.

stuur jou vrae van timothy@gesondeseks.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s