Seks na Swangerskap

Seks na Swangerskap
Geskryf deur Janet Kieswetter

Wat ‘n opwindende tyd in ‘n vrou se lewe! Wanneer sy mamma word vir die eerste of tweede of derde keer! Soveel emosies wat veg vir aandag. Soms is daar te veel wat aangaan, en al wat jy kan doen is ‘smile and wave’. Hulle het jou gewarsku dat jy min gaan slaap en baie besig gaan wees, maar niks wat hulle gesê het nie kon jou regtig voorberei vir hierdie nie! Dis ‘n geval van ‘jy moet dit beleef om regtig te verstaan’.
En soos die dae aangaan en jy kom in die routiene van baba voed en doek omruil, bad en aantrek, sis en slaap as baba slaap, hang jou man in die agtergrond met ‘n bietjie onsekerheid. Hoe kan hy help? Of is hy net in die pad? En hy help met die karstoeltjie en dra die bad vol water en jaag die familie huis toe as hy sien dit raak vir jou te veel. Deur die nag is jy amper nie bewus van hom langs jou nie. Jys in ‘n dwaal tussen voedings en slaap en die pure plesier van daai klein baba lyfie wat jy moet versorg en liefkoos. En as jy ‘n baie geduldig man het, sal hy jou nie benader vir seks vir ten minste 3 weke nie. Hy weet dinge is nou rof vir jou. Maar hy mis jou.
Maar daar is ‘n paar dinge wat jy moet oorbrug voor jy weer kan seks kan waag met jou man.

Jou Lyf
Natuurlike gaan die maagie nie dadelik weg nie. En as jy keiser gehad het is daar ‘n wond, moontlik ‘n litteken. Tussen melk en bloed, lek jy amper uit elke gaatjie. Dalk het jy steke of ‘n skeur wat moet genees. Jou lyf was deur ‘n groot beproewing, dit kort bietjie TLC en wie beter om dit vir jou te gee as die liefde in jou lewe! Maar jy het ook nuwe bates! Lekker ronde melk borste! Selfs jy moet herken hulle lyk goed! Gewoonlik is jou borste seer en teer so hy kan kyk maar hy mag nie vat nie!

Seks idees om jou skaamheid oor jou lyf te oorkom:
– Seks met julle klere aan. Dra romp of sny gat in ou jeans sodat hy moet hard werk om by jou uit te kom!
– Blinddoek hom!
– Seks in die donker.
– Kry ‘n nuwe haarstyl en koop nuwe slaap klere waarin jy goed voel. Laat die rekmerke en ekstra gewig jou trofee wees wat verkondig jys nou mamma!

Die hormone
Dalk sukkel jy met Baby Blues. Jy wissel af tussen histeries lag tot huil en snik in jou kussing. Libido is skoonveld! Righthealth.com sê dat verlies van libido kan as gevolg van na-geboorte depressie wees. Dis baie normaal om ‘n beitjie af of selfs depressief te voel na die geboorte van jou baba. Snaaks dat die groot vreugde wat jy verwag het, nie nou daar is nie. Dis amper ‘n anti-klimaks. Indien, hierdie gevoel nie na 10 dae self weggaan nie, praat met jou dokter daaroor en kry hulp.
Die ander ding wat vrouens moet onthou is dat wanneer ‘n mamma borsvoed, word oksitosin afgeskei wat die band tussen ma en baba versterk. Hierdie is God se manier om ‘n gesonde band te laat vorm. Daar is dikwels soveel van hierdie hormoon, dat die band tussen man en vrou daaronder lei. Die vrou kry al die fisies aanraking en liefkosing wat sy begeer van borsvoeding en die sorg van haar baba. Haar begeerte vir haar man daal. Wat is die oplossing? Man en vrou moet kreatiewe maniere vind om die band tussen hulle weer te versterk.

Kreatiewe idees om die band tussen man en vrou weer te versterk:
– Speel bordgames of strip poker. Die verandering van aktiwiteit sal jou goed doen.
– Gaan inry toe saam met die baba. Jy kan borsvoed in die kar.
– Kom uit die huis en gaan piekniek.
– Soek ‘n quiz op die Internet waar julle moet vrae beantwoord oor mekaar, sodat julle beter mekaar kan leer ken. (www.quizcat.com)

Jou emosies
Daars onsekerheid, doen jy die regte ding? Daars ‘n nuwe oorweldige besorgheid vir hierdie klein bondeltjie. Jy is verantwoordelik. Sonder jou, gaan sy dood! Wat ‘n reuse las en voorreg! Jy weet jou man wag vir seks, en lateraan voel dit vir jou dat hy nog ‘n kind is by wie jy moet uitkom. Maar onthou, jy hunker ook na liefde en bemoediging. Jy het nodig dat hy jou net vashou en vir jou sê dat jy great doen!

Idees om jou emosies onder beheer te kry:
– Gesels met jou ma of beste vriendin oor alles wat jy deurgaan.
– Skryf in jou dagboek of ‘n brief aan jou man waar jy hom vertel hoe jy voel.
– Sluit aan by Babycentre.com of Immergroenouerskap.co.za waar jy lees van ander mammas wat deur dieselfde gaan en jy kan vrae vra en chat oor jou eie stryd.

Jou tyd
Soveel mense wil die nuweling kom besoek en jou huis is heeltyd vol mense. En as jy ‘n oomblik het vir jouself wanneer jy nie gaan uitpass van die moegheid nie, is daar baie dinge wat jy graag wil by uit kom. Hoe maak jy tyd vir manlief sonder dat dit voel soos nog ‘n werkie op jou lysie wat jy moet afkrap? Meeste dokters raai aan dat ‘n vrou 4-6weke wag om weer seks te hê na geboorte. Dit gee die wond tyd om te genees.
En jy so moeg! Jy kan nie lekker dink of funksioneer as mens so moeg is nie. Slaap is prioriteit #1!

Idees om tyd te maak vir jou man:
– As jy klaar paar ure geslaap het en jy het opgestaan om jou baba te voed, en jy klim terug in die bed, neem dan die tyd om jou man te nader vir seks. Die 15min gaan jou baie goed laat voel. Seks is soms ‘n ontlaaiding. Dit gee uiting tot baie frustrasies en emosies.
– Nooi jou man om middae huis toe te kom vir lunch en ‘n bietjie ekstra. Ek het gevind dat ek so moeg is teen die aand se kant, dat enige lus wat wel daar was deur die dag is nou nie meer te vinde nie.
– Maak plan vir oppassers so gou as moontlik. Dit is moeilik om weg te gaan van jou baba af, veral as jy borsvoed, maar 2 ure is al wat jy nodig het om weer met jou man te connect.

En toe julle dit probeer het, was dit seer
Baie vrouens ondervind ongemak wanneer hulle weer gemeenskap het na geboorte. Elizabeth McGee verduidelik op haar webwerf (http://worry-free-c-section.com/blog/1146/how-to-have-safe-sex-after-c-section) dat om die baba uit te haal, was daar baie getrek en gerek aan jou spiere en ligament deur ‘n keisersnit. Dit kan veroorsaak dat jy weer soos ‘n maagd voel met penetrasie seks. Dit gaan beteken dat jy en jou man dinge weer stadig neem en jou vagina stadig weer gewoond maak aan sy penis. Dit gaan dalk net een keer neem of meskien ‘n hele paar keer so volg hierdie stappe om dit te vergemaklik:
1. Gebruik KY-Jelly of ander lubrication.
2. Laat jou man jou klitoris kielie sodat jy ontspan en oop maak vir hom.
3. Vind ‘n posisie wat vir jou werk. Vrou bo gee jou meer beheer.
4. Man moet stadig beweeg en eers net die punt van sy penis insteek. Laat hy dan in en uit, elke nou en dan ‘n bietjie dieper. As dit te seer raak, vra hom om te stop.
5. Kommunikeer konstant met jou maat sodat hy verstaan hoe jy voel en dit nie persoonlik neem nie.

Dit hoef nie penetrasie seks te wees nie
Nou is die tyd om te liefkoos en aan te raak sonder dat die al die pad hoef te gaan. Kielie en vroetel met mekaar. Orale seks kom nou handig! Gesels oor al jou gevoelens en bekommernisse. Laat jou man jou bedien deur voete of rug te masseer, bad te tap en tee aan te dra. Kreatiewe maniere om weer die begeerte terug te bring in die slaapkamer
5 goeie redes om weer seks te hê na geboorte:
1. Om weer intiem met jou geliefde te voel.
2. Om goeie hormone af te skei sodat jy beter voel.
3. Om fun te hê en te lag saam met jou eggenoot.
4. Om julle huwelik weer te versterk, wat weer gesond is vir jou kinders.
5. Om weer sexy en begeerlik te voel.

Onthou, alhoewel jy die mamma is, het jou man ook Pa geword. Hy het ook nuwe emosies en gedagtes om mee te cope. Laat hy jou daarvan vertel. Hierdie kan ‘n spesiale ondekkingsreis wees waar julle mekaar in julle nuwe rolle leer ken en waardeer, sonder om die paartjie wat julle eens was te verloor.

4 thoughts on “Seks na Swangerskap

  1. Baie dankie , jy en Timothy bederf ons deur ons as FB en Email vriende ons vrae te beantwoord !!

    Liefde groete vanaf Marion Eiland
    Leon

  2. Baie baie dankie! ek het hierdie stuk baie nodig gehad! Ek weet nou hoe baie ek my man afskeep, en wat ek alles kan doen om op te maak daarvoor!!! weer eens baie dankie! Ek prys die Here dat Hy mense soos julle oor my pad gebring het om my oë oop te maak!!!!

    God bless!

    • Ek is so bly. Gaan kyk ‘n bietjie na ons Gesonde Seks Mentorskap kursus wat gaan oor Seks na swangerskap. Dit is ‘n 4week aanlyn e-pos kursus wat vir jou deur al die stappe en uitdagings van seks na swangerskap neem.
      Om in te skryf by Gesonde Seks Mentorskap besoek http://www.gesondeseks.co.za of email gesondeseks@gmail.com

      Kursus: Seks na swangerskap
      Geskryf deur: Janet en Timothy Kieswetter
      Lengte: 4 weke

      Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:
      Baie vrouens sukkel met hul libido nadat hulle geboorte geskenk het. Daar is soveel faktore wat moontlik verantwoordelik kan wees vir die verlies aan libido. In hierdie kursus bespreek Janet Kieswetter fisiese, emosionele en sielkundige redes daarvoor. Daar is ook natuurlik die nuwe pienkvoet wat ‘n vrou uitput en al haar tyd opneem. Hierdie kursus bevat praktiese raad hoe om die baba uit die slaapkamer te skuif tot wanneer om tyd te maak vir liefdemaak as die kleinding eers gebore is. Timothy Kieswetter verduidelik hoe ‘n man voel oor die nuwe rol van sy vrou as ma en hoe om nie die sexy vrou waarmee jy getrou het tussen al die vuil doeke te verloor nie!
      Die eerste e-pos behoort alreeds in inbox te wees!

      Waarna kan jy uitsien:
      · Les 1 – Kry weer jou libido terug
      · Les 2 – Kry weer jou lewe terug
      · Les 3 – Ma-wees en sexy-wees
      · Les 4 – Waar kry ek nog tyd vir seks

      Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoekwww.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na gesondeseks@gmail.com

  3. Hierdie was vir my baie mooi gewees, ons het alles gehad die vol swangerskap, maar ongelukkig het Liewe Jesus hom meer nodig gehad en is hy deel van die engel kinders. Maar so maklik vergeet ons van die ons mans. Ek moes deur die keiser en als gaan en die lyf lyk nog nie lekker nie. My man is die wonderlikste om vir my te se ek bly vir hom die mooiste vrou in die wereld en ek glo vas dat hierdie gebeure ons net nader aan mekaar. Dankie vir julle blog

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s