Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #4 – Blinddoek Seks

Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #4
Blinddoek seks

Omdat seks een van die mees intiemste dinge is wat jy en jou maat kan doen is dit ook een van die dinge wat die meeste kan seer maak. Seks word baie keer as ‘n wapen gebruik en dit maak seer. En daar is net een rede hoekom geliefdes mekaar sal wil seer maak…verlore vertroue. Vertroue neem jare om opgebou te word, maar kan alles verloor word in oomblik.
Die natuurlike verdedigings metode is nadat jy die eerste keer seer gekry het om nie weer so intiem te verkeer nie, en dit beteken om nie weer jou maat so te vertrou nie. Hierdie raak ‘n bose kringloop wat jou huwelik sal verander in ‘n lewensvonnis in plaas van ‘n lewens ‘honeymoon’.

Ons is mens en ‘n mens sal foute maak. God gee vir ons die enigste antwoord om in ‘n intieme verhouding te bly.
1 Korintiërs 13:4-7
“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”

Dit beteken dat ons nie onsself sal toemaak om weer aan die vertroue in ons huwelik te bou nie.
Vandag se huiswerk is so ontwerp om aan daardie vertroue te bou. Elke een gaan ‘n beurt kry so besluit wie gaan eerste geblinddoek word. Hierdie is nie tyd vir rowwe fantasie rolspel nie, die doel hier is om vertroue te bou, so hierdie is die tyd om super-sensitief en liefdevol te wees tot jou maat wat geblinddoek is. Hierdie oefening is nie vir jou om ‘n kick te kry nie, maar om jou maat te wys dat hy of sy jou kan vertrou met alles.

Nadat die persoon geblinddoek is en op die bed lê, kan jy voortgaan om die persoon te begin uittrek. Jy gaan die persoon moet te rus stel met jou woorde, die hele tyd daardie vertroue meer en meer opbou. Nadat julle al twee kaal is kan jy voortgaan om met liefde te maak. Eers as julle klaar is kan julle die blinddoek afhaal.

(Ek wil net hier by sê dat hierdie vir sommige baie oorweldigende gevoelens laat opbring, dus moet julle vooraf besluit op ‘n veiligheid woord. “STOP” as hierdie woord gespreek word, haal dadelik die blinddoek af EN gesels oor die gevoelens tot op daardie oomblik. Verseker jou maat dat jy daar is vir hom of haar.)

As julle hierdie reg doen sal dit voel asof julle op so ‘n diep vlak ge’ connect’ het dat dit waarlik gevoel het asof 2 mense 1 geword het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s