Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #6 – Masturbasie Seks

Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #6
Masturbasie seks

Masturbasie is iets wat gekoppel word aan self-plesier, seks met jouself, selfsugtige seks, ‘immature’ seks selfs as iets sondig en verkeerd. Kom ek begin om sê dat masturbasie is nie ‘n sonde nie en dit is nie verkeerd om jouself te wil plesier nie.

Ek voel daar is te veel druk op die huwelik geplaas om van jou huweliksmaat te verwag om uitsluitlik aan al jou seksuele plesier te voldoen. Alhoewel 2 een word in ‘n huwelik, bly julle jul eie individue. Ek dink die ware betekenis van 2 wat 1 word is wanneer julle jul individualiteit met mekaar deel. Genesis 2:24 “Man en sy vrou het kaal voor mekaar gestaan en het geen skaamte geken nie.”

So vandag se Gesonde Seks huiswerk is om juis dit te doen. Om julle eie individuele seksualiteit met jou maat te deel. Jy gaan neem wat jy gewoonlik in privaat, by jou eie, in die geheim dalk doen en dit voor jou maat doen.
So hier is wat julle moet doen. Man en vrou neem beurte om voor mekaar jouself te masturbeer. Hierdie is seker die moeilikste ding wat ‘n paartjie kan doen. Maar as julle dit reg kry gaan julle ‘n nuwe vlak van intimiteit bereik wat baie min paartjies al bereik het. Deur om jou maat toe te laat om na jou te kyk terwyl jy jouself seksueel plesier kan een van die mees erotiese dinge vir jou maat en vir jouself wees. Dit sal baie self versekering van jou kant neem, maar die doel hier is nie om mekaar skaam te laat voel nie, maar om deur die ongemaklikheid te druk om met jou maat op ‘n nuwe manier te ‘connect’.

Omdat hierdie so ‘n intense uitdaging is gaan ek dit opbreek in 3 Gesonde Seks huiswerk stukke. Doen jy die een wat jy die mees gemaklikste mee voel.

1)Masturbeer jouself voor jou maat wat net mag kyk.
2)Masturbeer mekaar gelyke tyd.
3)Masturbeer op jou eie in die privaat, maar met jou maat se wete en toestemming.

God bless en Gesonde Seks
Timothy Kieswetter
http://www.gesondeseks.co.za
http://www.facebook.com/gesondeseks
timothy@gesondeseks.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s