Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #9 – Broek Seks

Gesonde Seks Vrydag Huiswerk #9
Broek Seks

Hierdie week gaan ons ’n bietjie regres na ons tienerjare toe. So baie paartjies wat my kom sien oor hulle liefdeslewe, vertel vir my dat hulle nie meer seks geniet nie. Ja, die orgasme is lekker aan die einde maar die liefde maak proses voel maar net vir hulle asof hulle deur die ‘motions’ gaan sonder om regtig dit te geniet.
Een van die grootste sondebok hier is dat die volwasse seksuele aktiewe persoon is net klimaks gedrewe. Seks is daar om ’n orgasme te kry! Waar? Nee! Seks moet ’n liefdesdans wees tussen twee geliefdes waar hulle mekaar se gevoelens en emosies kan uitbeeld in ’n seksuele manier. Om net orgasme gedrewe te wees stuur jy die boodskap, ek wil jou net gebruik om myself lekker te maak.

So vandag se huiswerk is spesifiek gefokus om NIE orgasme te bereik NIE en behels GEEN penetrasie NIE.
Broek Seks gaan daaroor om vir mekaar te arouse en om vir mekaar te wys dat jy aroused is. Ons is so gewoond om dadelik van die punt van arousal dadelik oor te beweeg na seks toe. Wag ’n bietjie. Linger ’n bietjie by die arousal fase.

Die doel van Broek Seks is ook nie noodwendig om ’n goeie foreplay te wees nie, maar eerder ’n manier waarop julle deur die loop van die dag met mekaar seksueel kommunikeer.

(Hierdie gaan moeilik wees vir sommige want seks hoort mos in die slaapkamer met die ligte af. Maar hierdie is slegs jou konserwatiewe gesindheid rondom seksualiteit wat praat en dit hoef regtig nie so te wees nie.)

Vir ’n Gesonde Seks lewe in jou huwelik moet jy seksualiteit in elke area van jou huwelik bring en nie net in die slaapkamer los nie. En Broek Seks is een van die maklikste maniere om dit te doen.

Bv. Man betree vrou van agter terwyl sy kos maak voor die stoof. In plaas van net ’n pik soek op die wang voordat hy voor die TV gaan sit, streel hy haar hare en skuif dit een kant toe om haar kaal nek te ontbloot. Saggies soen hy haar op die nek. Met sy hande nou op haar heupe trek hy haar nader, styf teen hom. Sy voel hoe haar boude in sy skoot wegsmelt. Sy voel hoe hy aroused word. Hy hou aan om haar in haar nek te soen. Nou is sy ook lus en net so effens staan sy met haar bene ’n bietjie meer wyer uit mekaar. Hulle acknowledge mekaar se arousal deur om stadig teen mekaar te beweeg en skaaf. In hierdie oomblik van intimiteit is daar geen bekommernisse of verdere verwagtinge nie. Dit is die hier en nou. Dit is Gesonde Seks voor die stoof. Dit is intimiteit sonder penetrasie. Dit is eenwording op ’n sielsvlak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s