Gesonde Seks Huiswerk #15 – Elke dag van die Week Seks

Gesonde Seks Huiswerk #15
Elke dag van die Week Seks

In die begin van ’n verhouding hoef niemand vir seks te skimp, vra of smeek nie – dit gebeur net. Die passie tussen mekaar is wit warm en baie seks is gewoonlik wat volg. (Hierdie is dalk meer van ’n mite as realiteit nie, want ek sien baie nuwe paartjies wat van die begin af sukkel met Gesonde Seks.)

So hierdie huiswerk is vir beide dan. Die paartjies wat al lank saam met mekaar is en waar seks slegs elke nou en dan gebeur, dalk na ’n skimp hier en daar. Asook vir die paartjie wat nog veronderstel is om nog oor te loop met wit warm passie vir mekaar, maar wat agtergekom het Gesonde Seks is harde werk.
Vandag se huiswerk is meer van ’n uitdaging. Ek daag jou uit om al jou ander issues net vir ’n week een kant toe te skuif en seks eerste te plaas. Elke dag van die Week Seks. Geen verskonings, geen verwerping, geen smekery, net eenvoudig Elke dag van die Week Seks.
Net soos wat ’n persoon oefening moet doen om fiks te bly, moet ons ook gereeld Gesonde Seks doen om seksueel fiks te word.
Hier is vir julle so paar posisies om te help as julle ’n bietjie vashaak. (Hierdie posisies is ’n uittreksel uit my boek “Wat Adam my van Seks geleer het” – Salomo, Kamma-kamma of Kama Sutra. Bestel my boek via http://www.gesondeseks.co.za )

1. Die man bo
Hierdie is by verre die mees gewildste seksposisie en staan as die sendeling-posisie bekend. Dit is waar die man bo op sy vrou lê. Hierdie posisie kan baie romanties wees aangesien julle vir mekaar kyk en in mekaar se ore kan fluister. Hierdie posisie ly homself toe dat jy die meeste van die werk doen en jou vrou meer ʼn passiewe rol speel. In hierdie posisie het jy in die algemeen minder beheer oor wanneer jy ejakuleer.
Daar is twee variasies van dié posisie wat maak dat jy jou vrou se G-kol beter met jou penis kan stimuleer. Die eerste manier is om ʼn stewige kussing onder jou vrou se lae rug te plaas sodat haar heupe in ʼn 30 grade helling lê. As jy voel dat jy sterk genoeg is, kan jy ook haar heupe self oplig terwyl jy haar penetreer.
Jou vrou kan ook haar bene optrek en met haar knieë teen jou bors druk. Hierdie posisie verander die vorm van haar vagina om stywer om jou penis te pas. As sy gimnasties is en kans sien, dan kan sy met haar enkels op jou skouers rus terwyl jy penetrasie met snelheid en diepte afwissel.

2. Die vrou bo
Wanneer die vrou bo lê, is sy in beheer van die diepte, tempo en hoek van penetrasie. Sy kan regop sit, vorentoe of agtertoe leuen. Sy kan selfs omdraai en met haar rug na jou toe sit. Wanneer jou vrou bo is, kan sy meer aktief deelneem aan die liefdemaaksessie en kan jy weer die kans kry om ʼn meer passiewe rol in te neem. Jy hoef nie heeltemal niks te doen nie, jy kan steeds jou hande gebruik om jou vrou se borste en klitoris te streel terwyl sy op ritmiese bewegings fokus.
Hierdie posisie is ook baie gewild in seksterapie; dit help die man om in beheer van sy ejakulasie te wees en dis makliker vir die vrou om ʼn orgasme te hê.

3. Penetrasie van agter
Jy kan jou vrou van agteraf penetreer terwyl sy lê, handeviervoet kniel of staan. Sommige mense hou nie van hierdie posisie nie omdat die man en vrou se gesigte weg van mekaar is. As julle eerder intiem wil wees, dan is hierdie dalk nie die beste posisie nie.
Hierdie is ʼn baie meer erotiese posisie en kan baie ekstra sensasie vir beide van julle bied. Om te voel hoe jou vrou se boude teen jou skrotum druk, verskaf daardie ekstra bietjie plesier wat dalk al wat nodig is om julle liefdemaaksessie sensasioneel te maak. Dit laat jou ook toe om haar baie diep te penetreer; wees net sensitief vir haar voorkeure – sy mag dalk nie daarvan hou om té diep gepenetreer te word nie. Jy kan jou hande op haar heupe plaas om te help met die ritmiese bewegings of jy kan haar klitoris of borste masseer. Jou vrou kan ook haar een hand neem en jou skrotum masseer.

4. Sy aan sy
As julle in die bui is om vir ure lank in mekaar se arms te lê en intieme liefde te maak, is hierdie een van jou beste posisies. Omdat penetrasie moeilik is terwyl julle sy aan sy lê, begin dalk eers in die gewone sendeling-posisie voordat julle dan stadig omdraai.
Hierdie posisie laat nie diep penetrasie moontlik nie en die tempo waarteen jy in en uit haar kan beweeg is baie stadig aangesien jou penis baie maklik uit haar vagina kan glip. Hierdie posisie werk goed indien jou vrou swanger is. Jy kan dan ook agter haar lê as haar maag te groot is.
Onthou net dat elke seksposisie het sy eie voor- en nadele en jy moet die regte posisie vir die regte luim waarin julle verkeer identifiseer.

5. Kniel, sit en staan
In elk van die posisies kan een of beide van julle kniel, sit of staan. Hierdie posisies kan julle op amper enige plek doen en is julle nie tot die slaapkamer beperk nie.
Wat ek wil hê jy moet snap is dat jou sekslewe nie vervelig hoef te wees nie en jy hoef nie net een posisie te hê nie. Julle kan gerus met verskillende posisie en style eksperimenteer sodat jy en jou vrou ook soos Salomo en sy beminde saam hooglied kan maak!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s