JOSEF – Versoeking by die werksplek (Uittreksels uit my boek)

href=”https://gesondeseks.files.wordpress.com/2011/09/wat-adam-my-van-seks-geleer-het92.jpg”>JOSEF – Versoeking by die werksplek
“Na sy bevordering in sy eienaar se huis het dié se vrou na Josef gekyk en vir hom gesê: “Kom slaap by my.”<a – Genesis 39:7

Meer oor sy storie

Ons almal ken die storie van Josef . . . hy was sy pa se gunsteling seun gewees en het bekend gestaan as die dromer. Sy broers was jaloers op hul pa se liefde vir hom en ook omdat hy sulke arrogante drome gedroom het. Hulle het hom in ʼn put gegooi en hom later as ʼn slaaf verkoop en hy het op die ou end in Potifar, ʼn koninklike beampte, se huis op geëindig.

Josef is na ʼn rukkie in Potifar se diens bevorder om sy hele huis en besigheid te bestuur. Maar dit was nie net Potifar wat sy talente raakgesien het nie, Potifar se vrou het ook vir Josef in die oog gehad. Josef was baie aantreklik en hy was goed gebou – hy was beslis iets vir die oog gewees!
Potifar se vrou het aanhou en aanhou om Josef te probeer verlei, maar Josef het elke slag geweier om vir haar verleidelikheid te val. Eendag was al die ander slawe weg en net Josef en Potifar se vrou was in die huis. Sy besluit toe om haar move te maak . . . en sy gryp hom en smeek hom om saam met haar te slaap.

Steeds het Josef geweier om teen sy baas en sy God te sondig. Josef het gesien hy sal homself uit die voete moet maak en het weggehardloop. Met die dat Josef uit haar greep losruk, ruk hy ʼn gedeelte van sy kleed af. Sy was woedend en wou hom straf omdat hy nie haar seksuele wense wou vervul nie. Dis snaaks hoe ʼn vrou se seksuele lus in ʼn oomblik in haat kan verander.

Sy het die stuk van Josef se kleed vir Potifar gewys en vir hom gesê: “Kyk, hier is die bewys dat Josef saam met my probeer slaap het.” Soos enige goeie man het Potifar sy vrou geglo en Josef in die tronk laat stop.

Les vir die moderne man

Watse les kan ons hieruit leer? Miskien dat ʼn gekweste vrou ʼn gevaarlike vrou is! Maar ek is seker daarvan jy weet dit reeds. Versoeking by die werksplek is iets waarmee meeste mans al mee gekonfronteer is.
Die Bybel sê glad nie dat Josef haar nie aantreklik gevind het nie. Vir al wat ons weet het Josef Potifar se vrou ook begeerlik gevind, maar tog besluit om nie teen sy beginsels op te tree nie.
Jy moet versigtig wees om nie te vinnig te dink dat jý nooit in ʼn verhouding by die werk betrokke sal raak nie. Thomas Moore skryf in sy boek, The Soul of Sex dat wanneer enige morele waarde, soos in hierdie geval om byvoorbeeld aan jou vrou getrou te bly, oorheersend in jou lewe raak soveel so dat jy glad nie meer enige seksuele gevoelens erken nie, is daar ʼn kans dat jou moraliteit slegs iets word wat jou seksualiteit onderdruk.

Met ander woorde, moenie dink dat deur jou vleeslikheid te ontken jy jou eie geestelikheid versterk nie. Erken eerder jou swakheid wanneer dit by seksualiteit kom, eerder as om dit ten alle koste te ontken en te vermy.
Daar is tog ʼn sekere waarheid in wat Moore hier sê. Wanneer morele waardes en beginsels net van die rak afgehaal word omdat jou geloof, die samelewing en jou vrou dit verlang, sonder dat dit waarlik deel van jou menswees is, loop jy die kans om jouself eendag in ʼn buite-egtelike verhouding te bevind. Dis maklik om te sê dat jy nooit in ʼn buite-egtelike verhouding sal beland nie omdat jy weet dat dit verkeerd is. Maar hoekom is daar dan so baie mans wat verhoudings met hul sekretaresses aanknoop?

Wanneer ʼn man aangetrokke is tot ʼn vrou saam met wie hy werk en dit onderdruk, is hy net besig om dit tydelik te ignoreer en gaan die versoeking nooit weggaan nie. ʼn Man slaap nie saam met ʼn ander vrou omdat hy nie meer lief is vir sy vrou nie. Hy doen dit omdat hy net vir so lank die versoeking kan weerstaan en sy begeerte na die ander vrou kan onderdruk.

Daar is amper altyd ʼn emosionele rede hoekom ʼn man ʼn buite-egtelike verhouding aanknoop. Josef was eensaam en alleen gewees en het geen uitlaatklep vir sy seksuele behoeftes gehad nie. Daar was genoeg redes vir hom om Potifar se vrou se aanbod te aanvaar. Ek is oortuig daarvan dat as Potifar se vrou lank genoeg aangehou het, sou Josef mettertyd ingegee het.

Moet nooit dink dat jy te geestelik is en te hoë morele waardes het om ooit aangetrokke tot ʼn ander vrou te wees nie en nooit in die versoeking sal wees om saam met haar te slaap nie. Wees eerlik met jouself, jy is ʼn man en ʼn man is nie ʼn klip nie. Jy moet hardloop wanneer versoeking al die eerste keer aan die deur kom klop want jy gaan dit nie vir te lank kan weerstaan nie.

Dis belangrik om jouself te weerhou van plekke waar jy weet jy maklik versoek gaan word. Jy moet nie naïef wees en dink jy kan dit maklik weerstaan nie, besef die gevaar van die situasie en maak dat jy wegkom!

Man tot Man

Jy gaan nie getrou bly aan jou vrou omdat jy haar liefhet nie, maar eerder omdat jy weghardloop van versoekings voordat hulle versoenings word.

Wat sê die wetenskaplikes

Samuel en Cynthia Janus het in hul studie oor die seksuele gedragspatrone van die mens gevind dat 36% van Amerikaanse mans en vrouens al een of twee seksuele ervarings by die werk gehad het. Op die platteland was dit slegs 22%. ʼn Moontlike rede hiervoor is omdat werksure in metropole baie langer is as in kleiner, plattelandse dorpies .

’n Ander studie het getoon dat 42% van mans al by die werk versoek was maar dink nie meer daaraan nie. 32% Het egter gesê dat hulle steeds sukkel om hul seksuele gevoelens te verwerk.
Die navorsing is duidelik – die werksplek is ’n kombinasie van verskillende risiko-faktore wat vir baie mans seksuele versoeking kan inhou. Dit blyk egter dat seks in die werksplek eerder net ʼn one night stand is as wat dit ʼn substansiële verhouding tot gevolg het.

Dit maak sin dat die werk ʼn seksueel gelaaide plek kan wees waar die vonke gereeld spat! Maar na die seks-vonke klaar gespat het, spat daar gewoonlik ander tipe vonke wanneer die verhouding op die lappe kom. Baie vrouens wat mans by die werksplek verlei, probeer die man oortuig dat ʼn lewe saam met haar beter as met sy vrou is. As die man haar dan nie iets meer as net sy bedmaat wil maak nie en ook nie sy vrou vir haar wil los nie, raak die vrou bitter. Die een oomblik kan sy nie haar hande van hom afhou nie en die volgende oomblik maak sy sy lewe hel. Vra maar net vir Josef!

Ter opsomming:
• Om jou emosies en gevoelens te onderdruk is gevaarliker as om dit te erken.
• Liefde vir jou vrou is nie genoeg om jou te weerhou van ’n buite-egtelike verhouding nie.
• Erken die gevaar van ’n buite-egtelike verhouding sodat jy jouself betyds uit die voete kan maak.

AS JY MY BOEK “WAT ADAM MY VAN SEKS GELEER HET” BESTEL, DOEN DIT GERUS VIA MY WEBWERF WWW.GESONDESEKS.CO.ZA OF SKAKEL 0861112329

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s