Die drie varkies (vir tieners!) – Gesonde Seks styl

Die drie varkies (vir tieners!)

TIMOTHY KIESWETTER

“Ek sal huff en puff en ek sal jou huisie om blaas” het die wolf vir die drie varkies gesê. Met elke verhouding wat jy aanknoop, is jy besig om ’n liefdes-huisie te bou en, soos die wolf, kan seks dreig om jou huisie om te blaas. Hoe maklik tuimel jóú verhoudings inmekaar? Miskien lê jou antwoord in ‘n eeue-oue sprokie. Leer hoe om jou verhouding teen die huff en puff van seks te beskerm.

Eendag was daar drie varkies wat elk besluit het om hul eie crib te bou. Die een s’n was cool, maar shaky. Die ander ou s’n was bietjie sterker (hy’t nie die eerste, beste bouer gebruik nie!) en die derde varkie s’n was amazing! So, watter huis is joune?

Huisie van strooi
Hierdie tipe ‘verhouding’ is nie regtig ‘n verhouding nie. As jy vra: “Is julle saam?” dan is die antwoord gewoonlik “nee, ons is net friends with benefits!” Daai booty-call. Vry in die bondel, casual sex, rebound, seerkry, whatever, is gewoonlik die trant van dié verhoudings. “Ek sien jy is mooi, so kom spring saam met my in die kooi” is die motto van die verhouding wat van strooi gebou is. Die enigste ding wat jou dryf om ’n huisie van strooi te bou, is die testosteroon (sekshormoon) in jou bloed. Die antwoord om te begin aanbeweeg van so ’n verhouding, lê in dieselfde woord wat in die eerste plek die probleem veroorsaak: tes-TOSS-teroon.

Net omdat jy horny is beteken nie dat jy nou met iemand moet seks hê nie. Baie van hierdie strooihuisies word gebou wanneer jy lékker gekuier het.

Huisie van takke
Verhoudings wat darem as verhoudings beskryf kan word, is wanneer die band nie primêr net op seksuele aantreklikheid gebou word nie. Dis hier waar jy darem meer beheer het oor jou eie seksuele begeertes en geleer het hoe om van die meeste van jou testosteroon ontslae te raak sonder om either ’n ouer te word of om ’n seksuele oordraagbare siekte te kry. Die motto van ’n verhouding wat van takke gebou is, kan opgesom word deur die woorde: “Safe Sex”.

Vir die paartjie wat saam aan hulle liefdeshuisie bou, beteken hierdie safe sex twee dinge: Om ‘n kondoom te gebruik en om seks slegs in dié committed verhouding te hê (met ander woorde eksklusiwiteit). Jy kan al reeds sien hoe die huisie van takke stewiger sal wees as die huisie van strooi, want seks is meer van ’n uitvloeisel van twee mense se liefde vir mekaar.

Huisie van bakstene
Wow! Dié is die huis wat almal wil hê. Dit is sterk, lyk goed, leef lekker en daarbinne gebeur die mees fantastiese, fun dinge! Ongelukkig is dié huisie nie almal beskore nie. Net vir dié wat seks bêre vir daardie spesiale een met wie jy vir ewig en altyd ‘lank en gelukkig saam wil leef’. Natuurlik beteken dit nie dat ‘n paartjie wat hul huis op stene bou boring is nie – ook nie dat hulle niks pret in hul verhouding kan hê nie, maar ‘n paartjie wat hul huis van stene bou, weet dit neem dalk langer, maar die fondasie is reg!
Omdat seks die vermoë het om ’n mens tot op die diepste vlak van jou menswees oop te vlek, gaan casual seks ’n groot deel van jou menswees verdoof en afwater. Later is alles so ‘casual’ dat niks meer wow is nie! Seks hoort in ’n veilige verhouding, een waar liefde en trou aan mekaar beloof is.

So, hoe bou jy jou baksteen-huis?

Begin met die fondasie
Elke baksteen huisie het ’n fondasie wat familie liefde voorstel. Die liefde wat jy van jou ouers ontvang het en tussen hulle waargeneem het, het ’n groot deel van jou liefdestaal gevorm. Soms is daar krake in daardie familie liefde en dit is belangrik dat jy daarop ag moet slaan. Soms is dit nodig om jou ouers te vergewe voordat jy self ’n stewige verhouding kan hê.

Dan die mure
Soos wat julle mekaar leer ken, bou julle aan die mure van jul baksteen huisie. Dit is hierdie vriendskap liefde wat so baie tieners in hulle verhoudinge oorslaan. Die oomblik wanneer jy te veel en te vinnig fisiek betrokke raak by ’n persoon, raak die spreekwoordelike “Die liefde is blind” ’n werklikheid. Jou liggaam is so op ’n ‘high’ as gevolg van al die goedvoel-hormone wat afgeskei word tydens die fisieke liefde dat jy nie die persoon se ware bedoelinge en karakter raaksien nie. Jy mag dalk besig wees om ’n vrot toffie-appel te lek! Hoe meer tyd julle bestee om mekaar beter te leer ken, hoe hoër bou jy die mure van jou verhouding-huisie.

Sit die dak op!
Nadat jy die persoon geleer ken en steeds verlief is op hom/haar, is dit tyd om die dak op jou verhouding se huisie op te plaas. Hierdie is die commitment liefde wat die ernstigheid van die verhouding gaan bepaal. As die verhouding suksesvol is, sal julle eendag aan mekaar trou beloof voor die kansel. Maar as julle nie trou nie, kan jy darem sê dat julle mekaar goed opgepas het.

Moenie van die skoorsteen vergeet nie!
Laaste maar verseker nie die minste nie. Die erotiese liefde van die verhouding word voorgestel met die skoorsteen bo op die dak. Dit is belangrik dat die skoorsteen se opening aan die buitekant van die dak gebou word en nie binne die huisie is nie. Die uiteinde van erotiese liefde is om seks met mekaar te hê, maar as jy te vinnig met iemand slaap nog voor die dak, met ander woorde, die commitment liefde nie stewig in plek is nie, loop jy die gevaar om jou en jou maat in die verhouding huisie te versmoor met die rook van die skoorsteen.

As daar ’n skoorsteen bo-op die dak is, moet daar tog ’n kaggel onder op die vloer wees! Daarom het ek vroeër genoem dat die erotiese liefde begin – nie ná julle met mekaar getrou het nie, dit is dalk wanneer die erotiese liefde tot sy volle reg kom, maar die spark begin al die oomblik toe julle mekaar vir die eerste keer ontmoet het. Hoe wonderlik is dit nie om hierdie ‘bouery’ saam met jou maat aan te pak nie? Maar jy wil nie op die ou end tussen ‘n klomp bourommel en selfverwyt sit nie, so pak die ding reg aan – soos jy weet jy moet. Om ’n gesonde verhouding te hê, is om ’n stewige baksteen huisie te bou, een waarin jy en jou maat vir ewig en altyd gemaklik en lekker in sal kan bly leef.

4 thoughts on “Die drie varkies (vir tieners!) – Gesonde Seks styl

  1. uitstekend, ek dink wel dat daar baie jond mans en vrouens is wat ook hierby gaan baat. ek is al 4 jaar getroud en dit het vir my nogal baie gese. On het die husie van hout begin en dinge het begin uitmekaar val, maar nou is ons weer besig om te bou aan ons nuwe huisie van stene.

  2. Dit is sooooo nie net vir Tieners nie. Dit is die Beste weergawe Ooit. Ek is 26 jaar geteoud en ek en my man het sooooo nodig om dit nou te lees. Ek wens alle getroude Pare kan DIT lees. Dit is amazing oorgedra. Dankie vir dit. Dit het BAIE beteken vir MY vandag. Baie Dankie.

  3. Elke keer dat ek dit lees, het dit nuwe betekenis. So relevant in enige verhoudings. Hier leer ons al weer iets by die diere, nogal by die varke. Mensdom…… diereryk.!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s