Die “Missing” hoofstuk in my boek – Josef, Seks tydens swangerskap

Josef
Seks tydens swangerskap
“Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.” – Matteus 1:25

Meer oor sy storie

Jesus se maagdelike geboorte is een van die hoekstene van ons geloof. Die Heilige Gees het Maria bevrug sodat dié profesie vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en ʼn Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken: God met ons.”

Terwyl die wêreld op die maagd Maria gefokus is, vergeet almal waardeur arme Josef moes gaan. Hy moes uitvind dat sy aanstaande swanger is en hy weet vir ʼn feit dat hy nie die pa is nie. Dit moes vir hom baie erg gewees het! Dit het hom so ontstel dat hy besluit het om die verlowing te verbreek. Daardie selfde nag nog het ʼn engel aan Josef verskyn en alles aan hom verduidelik en vir hom gesê dat hy die seuntjie Jesus moet noem .
Josef het wakker geword en gedoen soos wat die engel van die Here hom beveel het. Tot die dag wat Jesus gebore was (en ek is seker tot ʼn rukkie daarna) het Josef nie seks met Maria gehad nie.

Les vir die moderne man

Ek dink almal is eens dat daar nooit weer ʼn maagd was wat swanger geword het nie – alhoewel sommige vrouens dalk al die verskoning probeer het! Wat op dees aarde is die les wat ons hieruit kan leer? Jy mag nie seks hê as jou vrou swanger is nie? Geensins nie! As julle albei lae libido’s het of vreeslike goeie selfbeheersing, dan is nege maande seker nie te lank om te wag nie!

Ongelukkig is hierdie ook die tyd wat baie mans ontrou aan hul vrouens is. Baiekeer sien die man sy vrou anders wanneer sy swanger is. Hy begin haar as ʼn ma sien en nie meer as sy lover nie en dis dan wat sy oë dwaal. Maar moet nie die fout maak om te dink dat dit nét mans is wat gedurende hierdie tydperk rondloop nie! Sommige vrouens se seksdrang styg geweldig gedurende swangerskap wat maak dat sy konstant seks wil hê. Omdat haar man haar vir bogenoemde redes nie meer begeer nie, mag dit dalk sy wees wat seksuele bevrediging op ander plekke gaan soek.
Kom ons wees eerlik, swangerskap is ʼn geweldige draaipunt julle huwelik maar ook in jou en jou vrou se lewe. Vir sommige raak die lewe dan net beter maar vir ander word dit ongelukkig slegter. Sommige huwelike val uitmekaar na die geboorte van ʼn kind as gevolg van ʼn gebrek aan kennis. . .

Die belangrikste hoeksteen van enige verhouding is kommunikasie. As julle oop en eerlik met mekaar kan kommunikeer dan is die kans vir misverstande skraal. Ons het reeds in vorige hoofstukke (Salomo veral) gesien dat God nie net seks gemaak het vir voortplantingdoeleindes nie. Daarom sal jy ook nie ophou om seks te hê as jou vrou swanger is net omdat julle uit die aard van die saak nou nie meer nodig het om seks te hê nie.
Baie paartjies is huiwerig om seks te hê tydens swangerskap omdat hulle bang is dat die baba kan seerkry. Tensy jy ʼn Babiloniër is, hoef jy nie daaroor bekommerd te wees nie! Die baarmoeder is baie vêr vanaf die vagina – hopeloos te vêr vir jou om by te kom! Ander is weer bekommerd oor die veiligheid van die baba wanneer die vrou ʼn orgasme kry – maar hierdie is ook nie rede om besorg te wees nie. Alhoewel die baba sal rondbeweeg tydens julle liefdemaaksessie, is daar geen negatiewe gevolge vir die baba nie.
Ek wil noem dat as jou dokter kommer uitgespreek het oor moontlike komplikasies tydens die swangerskap, is dit die beste om eerder seks te vermy solank as wat die dokter dit aanbeveel.

Man tot Man
Swangerskap hoef nie vir jou nege maande se droogte te beteken nie. Baie vrouens se seks drang is op haar hoogste tydens hierdie tydperk. Maak daarvan gebruik!

Wat sê die wetenskaplikes

Om seks te hê tydens swangerskap sal julle julle posisies moet aanpas om plek te maak vir jou vrou se maag. Vermy enige posisie wat druk op jou vrou se maag plaas. Die beste posisie vir jou is om onder of agter jou vrou te wees en haar van agteraf te penetreer. Enige staan posisie sal ook werk.
Daar is ’n hele paar voordele om seks te hê tydens swangerskap:
• ʼn Paartjie wat ʼn gesonde sekslewe tydens swangerskap het, lê ʼn goeie fondasie vir die toekoms. Omdat hierdie ʼn tydperk is wat mans en vrouens geneig is om ontrou aan mekaar te wees, is dit belangrik vir paartjies om seksueel daar vir mekaar te wees.
• Omdat meer bloed na die vrou se genitalieë vloei, raak dit makliker vir die vrou om ʼn orgasme te bereik. Baie vrouens wat nog altyd gesukkel het om ʼn orgasme te kry, sal dit nou baie maklik vind.
• Baie mans vind dit eroties om te sien hoe sy vrou se lyf tydens swangerskap verander. Haar borste is groter en haar figuur is voller. Haar hare blink en haar vel is seepglad; die afwesigheid van haar maandstondes dra ook by tot ʼn begeerlike lyf.
• Om sy vrou swanger te maak gee enige man se selfbeeld ʼn hupstoot! Wat beter bewys is daar nie van jou eie manlikheid as om pa te word nie?
• Baie paartjies kom uit hul gewone seksuele roetine en begin mekaar weer van vooraf ontdek. Baie paartjies ontdek weer die genot van gesamentlike masturbasie en orale stimulasie.

As jy hierdie hoofstuk geniet het, dink ek jy sal absoluut mal wees oor my boek “Wat Adam my van Seks geleer het”. Gaan na http://www.gesondeseks.co.za om jou kopie te bestel vandag.

3 thoughts on “Die “Missing” hoofstuk in my boek – Josef, Seks tydens swangerskap

  1. Shoe, die gedeelte is SO WAAR. Die aspekte van die seks tydens swangerskap en Pappa wat ‘n bietjie afdwaal tydens die swangerskap – het met ons gebeur. Dit is ‘n moeilike tyd, maar DANK DIE HERE, ons is daar deur. My man het omtrent gesmile met die tweede swangerskap, my libido was verskriklik hoog gewees. LOL.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s