Gesonde Seks Huiswerk #21 – Commando Seks

Gesonde Seks Huiswerk #21
Commando Seks

Laas week het ons met pepermente geëksperimenteer om nuwe gevoelens en sensasies te beleef tydens voorspel en orale seks. Nou vandag se Gesonde Seks Huiswerk is so ontwerp om nuwe gevoelens en sensasies te beleef tydens die opbou en verwagting tot seks vanaand.

“Going Commando” verwys daarna om geen onderklere aan te trek onder jou gewone klere nie. Die hele idea agter hierdie Gesonde Seks huiswerk is om meer bewus te wees van jou nuwe vryheid en dit behoort jou seksualiteit ’n hupstoot te gee.

Hierdie “Commando Seks” sal ook baie help vir die mense wat sukkel om in die bui vir seks te kom of wat ’n realitiewe lae libido het. Om sonder onderklere te loop gaan jou baie meer laat dink aan dit wat jy beplan vanaand. Natuurlik maak dit net soveel meer sin as jou huweliksmaat bewus is van die speletjie en ook saam speel sodat hy of sy ook “in the mood” is teen die tyd wanneer julle klere uit trek en alles ontbloot.

Nou as jy nie gemaklik is om die hele dag sonder onderklere te gaan nie, trek dan jou mees sexy lingerie aan wat jy besit en dink deur die loop van die dag aan hoe sexy jy lyk. Dink ook aan jou maat wat deur sy of haar dag gaan commando en gee jouself oor aan die nuwe gevoelens en sensasies tydens die opbou tot julle ‘ronde vous’ later vanaand.

Vir die vrouens wat braaf genoeg is, kan altyd wanneer jou man jou uitneem op daardie weeklikse ‘date nights’ van julle, so halfpad deur die aand jou man se hand op jou binne been plaas en in sy oor fluister dat jy geen onderklere aan het nie. Hy sal baie vinnig vir die rekening vra.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011

One thought on “Gesonde Seks Huiswerk #21 – Commando Seks

  1. Timothy,
    I take my hat off to you!
    i am in the process of starting my own business, doing private pamper parties for ladies and couples. There has been a serious lack of discussion on this topic and there are SO many questions that get asked! So well done!
    Keep up the good work!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s