Gesonde Seks Huiswerk #23 – SeksToys reeks – Vibrerende Penis Ring

Gesonde Seks Huiswerk #23
SeksToys reeks – Vibrerende Penis Ring

Dit is net gepas om vandag se Gesonde Seks Huiswerk te maak om oor Seks speelgoed te gaan, aangesien ek net gister die Gesonde Seks Speelgoed en Smeermiddels produkte gelaunch het op my website http://www.gesondeseks.co.za
Nou moet ek sê dat daar heelwat mense is wat kwaad is vir my omdat ek SeksToys begin verkoop en goedpraat. Want dit is mos duidelik verkeerd en vuil en sonde?!?

Ek is nie so seker nie. Ek kan verstaan hoekom mense so sal dink, want vir so lank was daar vir ons gesê dat ons moet pasop vir wellus, die erotiese plesiere van die vlees. Maar soos julle al hier op Gesonde Seks gelees het, waar ek sê dat wellus, die erotiese plesiere van die ‘vlees’ wat God mens mee geskape het van Hom af is en bedoel is genotvol en avontuurlustig te wees.

Nou dit is waar dat nie almal ewe avontuurlustig is nie en dit is goed so. As SeksToys nie vir jou is nie, bly dan daarvan weg. SeksToys is en moet nooit gesien word as ’n plaasvervanger van jou huweliksmaat nie. SeksToys is slegs vir die couples wat saam nuwe dinge mee wil eksperimenteer en ’n gesonde avontuurlustigheid rondom hulle sekslewe het. Dit is ook nie ’n bewys van spice wat kortskiet nie of dat julle wat wel dit gebruik outomaties ’n beter sekslewe gaan hê nie. SeksToys is slegs ’n persoonlike voorkeur.

Daar is geen rede hoekom ons sonde, vuil of verkeerd daaraan hoef te koppel nie.
Ek wil graag met julle ’n gesprek deel wat ek met iemand gehad het oor die reg en verkeerd van SeksToys.

Anoniem: “Bly weg van SeksToys af, jy bring lust in jou huwelik in. Lust is nie van die Here af nie want dan sou die Here vir die man batterye in sy penis gesit het. Ontdek jou maat se liggaam, nie die toy nie.”

My antwoord: “God het dan vir die man batterye in sy penis gesit. Mens noem dit TESTOSTEROON. Ek weet daar is ander ‘kenners’ daar buite wat teen SeksToys preek, maar dit bly slegs hulle eie opinie en daar is geen Skrif wat dit sonde maak nie, en BTW as ‘n man nie ‘lust’ het nie, sou geen man ooit vir enige vrou vra om te trou nie. LUST is ‘n belangrike deel in enige gesonde huwelik. Koop my boek “Wat Adam my van seks geleer het” waarin ek ‘n studie gedoen het van al die mans in die Bybel se seksualiteit om te sien watse lesse die moderne man daaruit kan leer.”

Anoniem: “Dankie Timothy, ek sal definitief jou boek lees. Ek voel net mense gryp te maklik na al die aardse dinge en gebruik nie dit wat die Here hulle mee geseën het nie. Geen man kan kompeteer met ‘n toy nie. Een toy loop oor na ‘n ander en op die ou einde kan ‘n man en vrou mekaar nie meer geniet sonder toys nie. Iewers moet ons leer om die streep te trek.”

My Antwoord: “Ek stem, en daarom is Gesonde Seks informasie so belangrik. Kom ek gee ‘n voorbeeld. net voordat ek my kar lisensie gekry het, gaan een van my vriende dood in ‘n motor ongeluk. Dit sit my af om ooit ‘n kar te bestuur…(en so ook is ons vrees vir SeksToys, soms meer gegrond in vrees vir die moontlike gevaar dat ons nie die moeite meer doen om ons kennis oor die situasie te verbeter, en die wette te volg.) Daar is geen rede hoekom ons nie in ‘n gelowige gelukke gesonde huwelik SeksToys kan geniet nie. En ons moenie te vinnig AL die aardse dinge weg doen nie, want die Here het die aarde gemaak met al sy dinge. En in elke ander aspek van ons lewe gebruik ons aardse dinge om ons lewens te verbeter, bv. rekenaar, selfoon, TV, stoof, kar, ens hoekom dan nie seks speelgoed wat ons huwelik kan verbeter?”

Anoniem: “Dis waar, en ek glo daar is seker baie mense wat dit nodig het. Ek praat net self uit ondervinding, ek en my man, ons het na 16 jaar se getroude lewe het ons die wonderlikste seks (sonder toys). Want jou huwelik is een groot ontdekkingsreis van die dag wat jy voor die kansel staan. Ons het swaar tye gehad, ek sê nie daarmee dat die maanskyn en rose was nie, maar ons het mekaar ontdek, ten volle. Toys is ‘n quick fix.”
My Antwoord: “Daarom verkoop ek nie die toys as ‘n quick fix tot enige iets nie, maar net as ‘n enhancement tot die sekslewe.”

Anoniem: “LOL … Dankie Timothy, dit was lekker om met jou te chat. Mens moet altyd oop wees vir ander se opinies. Love nog steeds Gesonde Seks. Lekke doeks. PS: Sal jy nog steeds volgende jaar vir my as spreker optree? Met SeksToys en al … LOL?”

My Antwoord: “LOL, natuurlik. En dankie vir jou gesindheid. Ek glo dat as meer kinders van die Here kan saam werk al stem hulle nie oor alles saam nie, nog steeds die volwassenheid hê om te sien dat ons almal na dieselfde doel toe werk.”

Anoniem: “AMEN!!! vir daardie een. Baie dankie vir jou ook. Lekker aand.”

Okay so nou terug na die Gesonde Seks Huiswerk – Vibrerende Penis Ring.
Daar is so paar redes hoekom ’n Vibrerende Penis Ring, ’n Gesonde Seks speelgoed produk is.

• Nuwe dinge en sensasies wat jy en jou maat saam ontdek sal altyd julle emosionele “oxytocin” band versterk. Of dit nou ’n nuwe vakansie destinasie is, ’n nuwe stokperdjie wat julle saam ontdek of ’n seks speelding is wat julle mee eksperimenteer.

• Die Penis Ring word oor die man se klaar erect penis aangesit en tot heel onder die base van die penis geskuif. Omdat die ring nou om die man se penis sit, keer dit die bloed om nie vinnig weer uit te vloei en dus sal die man langer en sterker ereksies beleef.

• Die Penis Ring sal ook help om meer beheer oor premature ejakulasie te kry, omdat dit die seksuele gevoelens versterk en gelyktydig drukking plaas op die urethra waardeur die sperm beweeg.

• Wanneer die ring in plek is, kan jy die vibrasie aanskakel en voortgaan met wat julle gewoonweg so doen; penetrasie seks of orale seks. Die enigste verskil nou is dat daar bietjie meer van ’n ‘ritme’ by gekom het. Beide die man en vrou sal plesier vind en nuwe sensasie voel tydens hierdie ‘good vibrations.’

• Die vrou sal ekstra plesier ontvang want die ‘battery pack’ van die penis ring sal strategies haar op haar klitoris stimuleer soos wat julle gewone seks het.

• Tip: Gebruik genoeg water gebaseerde smeermiddels, soos KY Jelly om die penis ring aan en af te haal, sodat dit nie jou seer maak nie.

• Tip: As dit te ongemaklik en seer raak stop en haal dit liewer af en probeer ’n volgende keer weer. Hou in gedagte omdat die ring die bloed terug hou in die penis sal jou are in jou penis dikker word en dit sal ’n nuwe gevoel en sensasies ook verskaf.

Soos julle kan sien, hierdie speelding is ‘n ‘enhancer’ van seks tussen man en vrou en glad nie ‘n plaasvervanger nie.

Waar kan jy vir jouself of jou maat een van hierdie Vibrerende Penis Ringe koop?
Direk vanaf my webwerf http://www.gesondeseks.co.za of by enige sekswinkel (as jy braaf genoeg is om daarin te stap.) Bestelling vanaf my webwerf sal met Diskrete Aflewering na jou koerier word, sodra betaling ontvang is.

P.S en ja one size fits all!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011

2 thoughts on “Gesonde Seks Huiswerk #23 – SeksToys reeks – Vibrerende Penis Ring

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s