Gesonde Seks Huiswerk #30 – Middernag Seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #30

Middernag-Seks

Dis baie kosbaar om mekaar in die middel van die nag te vind. Om te droom van liefdemaak en dan wakker te word en te vind dat julle reeds aan mekaar vat en dan die droom ʼn realiteit te maak . . .

Maar nie almal raak opgewonde oor middernagseks nie as gevolg van ʼn paar redes:

  • Te moeg! Want as jou lyf so swaar voel dat jy nie eers behoorlik kan wakker word nie, is niks pret nie. Wat kan jy doen? Sê vir jou maat dat hy maar met jou kan maak net wat hy wil, maar jy gaan net daar lê as hy nie omgee nie. Dié scenario kan nogal eroties wees…veral as jou lyf begin saamspeel!

 

  • Nie lus om aan aangevat te word nie! Party vrouens skrik wakker om te vind dat hul maat se hand al heelwat ver afgeskuif het. Moenie skrik nie . . . dis jou man se onderbewussyn wat skreeu vir seks! Begelei sy hand tot waar dit vir jou lekker is  en verlustig jou in sy soeke na jou.

 

  • Baba in die bed! As daar ʼn kleinding in die bed is, is seks by die venster uit. Dis interessant om te hoor dat dit dikwels die ouers is wat hierdie reëling verkies. Jou kind sal slaap waar jy vir hom sê om te slaap, maak nie saak of dit op ʼn matras langs jou bed is of in sy eie kamer nie.  Dis net jou eie wil wat jy moet oortuig. Gebruik ʼn baba-monitor as jy bang is jy gaan jou  te veel bekommer, maar uit moet hulle uit! Jou huwelik en jou maat moet eerste kom.

 

  • Nie in die bui nie. Baie paartjies kyk TV tot laat, is op Facebook of werk nog ʼn bietjie voordat hulle bed toe gaan. En as jou maat jou dan nader vir seks, dan raak jy moedswillig: “En nou? Wat soek jy nou?” Ek kan dit verstaan . . .

 

As jy as man deur die dag horny is, moet jy haar met woorde en aksies in kennis stel. Doen wat nodig is om haar ook in die bui te kry. As sy eers spasie nodig het, gee haar spasie. Partykeer het mens nodig om net eers af te skakel en asem te skep. Gun haar hierdie tyd. Dis nou wanneer jy tee aandra, voete masseer en haar vra hoe haar dag was.

 

As julle mόét TV kyk, kyk iets komies dat julle saam kan lag of iets romanties sodat julle kan lus word vir mekaar. Ek kan jou belowe dat CSI voor bed nie tot seks gaan lei nie!

 

As jy moeite doen met voorspel en emosionele konneksie, sal julle al twee in die bui wees vir middernag-seks! As julle klaar is, sal die slaap wat volg diep en soet wees. En dan kan julle weer van mekaar begin droom!

©Gesonde Seks, Janet Kieswetter 2012

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s