Gesonde Seks Huiswerk #32 – Klere-aan-Seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #32

Klere-aan-seks

 

Dit mag dalk vir jou na ʼn fout klink – hoe het ʼn mens seks met jou klere aan? Dis nie ʼn fout nie en as jy dit reg doen, kan ek jou belowe  dat dit jou sekslewe sal opkikker! Meeste paartjies wat wel seks het met hulle klere aan, doen dit omdat hulle te skaam is om naak voor mekaar te verskyn. Sulke paartjies het ook baie keer  ʼn negatiewe konnotasie met seksualiteit.

Hierdie klere-aan-seks is anders. Jy gaan dalk nie fisies naak voor mekaar staan nie, maar julle gaan voor mekaar staan sonder enige skaamte. Jy gaan jou seksuele fantasieë saam met jou maat uitleef sonder om daaroor skaam te wees. Klere-aan-seks is net nog ʼn manier hoe jy jou eie seksualiteit kan vier en geniet!

Ons almal het mooi klere in ons kas wat ons sexy laat voel. Vandag se huiswerk is om daardie goedvoel-hormone wat jy van sexy klere kry in jou sekslewe in te stort. Trek daai hoë, rooihakskoene aan waarvan jou man so baie hou. Die man kan altyd daardie pak klere aantrek wat al vir jare onaangeraak in sy kas hang.

 

Hier is wat jy moet doen:

  • Trek jou sexyste klere aan. As jy nie iets sexy het nie, trek iets aan wat jou baie goed oor jouself laat voel.
  • Begin om mekaar warm te vry – ek hoop julle doen nog baie hiervan!
  • Weerstaan die begeerte om mekaar se klere uit te trek – vandag hou jy jou klere aan.
  • Vry stadig en stop so elke nou en dan om mekaar se uitrustings te komplimenteer. Omdat julle teen hierdie tyd al lekker warm behoort te wees, sal die komplimente ook gelaai wees met seksuele innuendo’s.
  • Gly jou man se gulp oop en trek sy gereedskap liefdevol uit sy broek uit.
  • Die man glip weer sy hand onder die vrou se rok in en trek haar deurtrekke eenkant toe om by haar uit te kom. Deel van die erotiese plesier is om na mekaar deur julle klere te soek!

 

Jy kan ook hierdie huiswerk met ʼn vorige Gesonde Seks huiswerk kombineer – kommando-seks – om makliker oor te skakel na penetrasie sonder dat jy veel van jou klere hoef uit te trek.

Een van die voordele om op dié manier seks te hê, is dat wanneer jy weer oor ʼn week of so hierdie uitrusting gaan aantrek, gaan jy onthou wat jy daarin gedoen het en dit sal jou dadelik weer lusmaak vir jou maat!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s