Gesonde Seks Huiswerk #33 – Kegel Seks


Image
Gesonde Seks Huiswerk #33

Kegel-Seks

No pain, no gain. Practice makes perfect. Dit is ook waar as dit by jou sekslewe kom, dus gaan vandag se Gesonde Seks huiswerk oor oefeninge hoe om jou sekslewe radikaal te verbeter.

Mens kry basies twee tipes oefeninge, fiksheid- en krag-oefeninge. ʼn Paar weke terug het ons na seksuele fiksheid gekyk en julle uitgedaag om elke dag van die week seks te hê. Hoe meer seks jy het, hoe meer wil jy hê. Maar, dit is nie goed genoeg om net baie seks te hê nie – dit moet ook die regte tipe seks wees. Dit moet ongelooflike seks wees!

Ons gaan vandag fokus op kegel-oefeninge. Dr Arnold Kegel, ʼn ginekoloog, het hierdie oefening ontwerp om pasiënte te help om beter beheer oor hul blaas te hê. Hierdie oefening was daarop gemik om jou pelvis spiere te versterk om sodoende beter blaasbeheer te hê. Sy pasiënte het hom meegedeel dat hierdie oefeninge ook hul sekslewe drasties verbeter het.

Hierdie oefeninge is voordelig vir mans en vrouens om hul sekslewe te verbeter en hul orgasmes meer intens te beleef. Dit sal die man ʼn sterker ereksie gee en hom help om langer uit te hou voordat hy kom.

 

Hoe doen mens die kegel-oefening?

Die eenvoudigste manier is om te knyp terwyl jy urineer.  Op dié manier kan jy presies vasstel waar jou kegel-spiere geleë is. Nadat jy presies weet watse spiere om styf te maak, kan jy dit deur die loop van die dag oefen. Soos met enige oefening neem dit tyd en dissipline voordat jy resultate kan sien.

 

Die metode:

Knyp en hou vir so 5-10 sekondes en ontspan.

Doen drie stelle van tien elk deur die loop van die dag. Na 30 dae sal jy al die resultate kan geniet en baie bly wees jy het so mooi geoefen!

 

Kegel-balle

Mans kan gewone vry gewigte gebruik terwyl die vrouens van kegel-balle kan gebruik maak. Daar is klomp verskillende soorte op die mark, maar in beginsel werk almal dieselfde.

Die metode:

Plaas die kegel-bal in jou vagina en doen dan die gewone kegel-oefeninge soos wat hier bo beskryf is. Probeer om dit so lank as moontlik in te hou. Nie net is dit goeie oefening nie, maar dit verskaf plesier en genot soos wat die balle binne in jou rondbeweeg.

Op my webblad, www.gesondeseks.co.za het ek twee kegel-balle spesiaal uitgekies vir hierdie tipe oefeninge. Die duurder produke wat ek verkoop het drie verskillende grotes beskikbaar en kan gebruik word soos wat jou vaginale spiere sterker word.

Dalk dink jy dat hierdie oefening nie die moeite werd is nie. Maar die eintlike waarheid is dat wanneer jou kegel-spiere baie sterk is, kan jy jou man laat kom deur net hierdie spiere te beweeg. En as hy getrou sy kegel-oefening doen, sal hy ʼn sterker ereksie vir langer kan behou. 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s