Gesonde Seks Huiswerk #36 – Love-bite Seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #36 Love-bite Seks

 

Dink terug aan jou skooldae toe jy op ʼn dag ʼn serp in die middel van die somer skool toe gedra het . . . nie omdat dit die nuwe mode was nie, maar omdat jy die love-bite op jou nek wou wegsteek. Mens kan seker verstaan hoekom ʼn tiener so iets wou wegsteek, maar ongelukkig het ons daardie selfde mentaliteit in ons huwelik. Ons voel dat seksualiteit iets is wat weggesteek moet word. Dit is mos iets wat in die slaapkamer moet bly.

 

Deel van Gesonde Seks is om jou seksualiteit te vier en om nie skaam daaroor te wees nie. Dit is iets waarop jy trots moet wees en nie hoef weg te steek nie. My skoonma het eendag vir my gesê dat sy kan sien dat ek haar dogter baie gelukkig maak. My antwoord het haar bietjie onkant gevang: “Dit is omdat ek haar tone laat krul van plesier . . .”

 

Vandag se Gesonde Seks huiswerk gaan juis daaroor om jou seksualiteit en die passie wat julle vir mekaar het aan almal sigbaar te maak. Wanneer die passie hoog is, los jou merk deur vir jou maat ʼn love-bite te gee. Julle kan mekaar terg oor waar presies op mekaar se lywe julle die love-bite wil los. Die idee is om mekaar weer soos verliefde tieners te laat voel. As iemand jou vra wat gaan op jou nek aan, moet jy met trots antwoord dat die vuur in julle huwelik nog witwarm brand!

 

Hoe om die perfekte love-bite te gee

Enige iemand wat al aan die ontvangkant van ʼn love-bite was, sal weet dat dit taamlik pynlik kan wees. So tensy jy iemand is wat van pyn hou, is daar ʼn beter manier om ʼn love-bite te gee. Moet nou nie soos ʼn vampier so vinnig as moontlik en so hard as wat jy kan suig nie. Dis nie romanties nie en dit kan jou maat baie seermaak.

 

Begin met piksoene orals oor jou geliefde se lyf. Wanneer jy die plek gevind het waar jou geliefde die mees positiefste op jou soen reageer, kan jy ʼn bietjie langer soen. Hou aan om jou maat op die een plek te soen en suig konstant. Druk en vryf jou tong teen jou maat se vel en dan net voordat jy wegtrek, gee jy een laaste suig. En soos wat jy wegtrek, trek jy jou geliefde se vel saggies saam om die onderliggende boodskap te gee dat as jy jou sin kon kry, sou jy veraltyd jou maat wou soen!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s