Gesonde Seks Huiswerk #37 – 120km/h Seks

Image

Gesonde Seks Huiswerk #37 – 120km/h Seks

’n Roadtrip hoef nie lank en vervelig te wees nie! Baie paartjies se sekslewe stagneer en moet dit maar terugstaan en plek maak vir al die ander belangrike dinge in die lewe. Vandag se huiswerk vind nêrens anders as in die bestuur-sitplek van jou motor en jou lewe plaas nie.

Die lewe is so dol en veeleisend dat ons partykeer geen aandag aan ons sekslewe gee nie. Die druk van die lewe kan ook maak dat elkeen van ons se libido en passie krepeer. Dis belangrik om altyd agter die stuurwiel van jou sekslewe te wees. Vandag se huiswerk is juis daarop gemik om jou te herinner dat jy in beheer is van die passie in jou verhouding.

Dit sal baie onverskillig van my wees om julle aan te raai om seks te hê terwyl jy teen 120 km/h op die snelweg ry! Maar die beginsel van 120km/h-seks is om liefdevol en suggestief aan jou maat te vat terwyl julle in die kar ry. Hou in gedagte dat hoe langer jou hand in jou maat se skoot rus en kafoefel, hoe vinniger gaan hy die petrol trap!

Julle mag dalk nie ʼn orgasme op die N1 kry nie of dadelik kamer toe hardloop wanneer julle by die huis aankom nie, maar dit is net nog ʼn manier hoe om weer die va-va-voom in julle verhouding te sit.

As julle volgende keer in die kar ry, moenie kla oor die petrolprys of die tolhekke nie, spandeer eerder daardie tyd om aan jou maat te kommunikeer dat julle enjins nog hoog vir mekaar ref!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

2 thoughts on “Gesonde Seks Huiswerk #37 – 120km/h Seks

  1. Dit klink sommer weer na ‘n briljante idee. Dit is nogal so, mens stagneer na jare van getroude lewe. Hoekom dit nie weer doen nie, Dit was gedoen toe ons jonk en jukkerig was. En die kinders is ook nou weer uit die voertuig uit, so daar is nie ander oë wat die kattekwaad sien nie…… Ons gaan dit weer doen….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s