Gesonde Seks Huiswerk #38 – Aflos Seks


Image
Gesonde Seks Huiswerk #38

Aflos-seks

 

Wanneer mens aan seks dink, dan dink jy altyd aan ʼn man en vrou wat saam seks het en as jy baie gelukkig is, bereik al twee ʼn orgasme! Ongelukkig is die realiteit dat baie vrouens nie regtig seks geniet nie en dit maar net vir hul mans se onthalwe gee.

 

Gesonde seks beteken nie dat jy op dieselfde tyd as jou maat orgasme moet bereik nie, maar eerder dat al twee van julle jul eie en mekaar se seksualiteit geniet. Daarom dan vandag se gesonde seks huiswerk: aflos-seks

 

Gedurende aflosresies is daar net een persoon wat op ʼn slag met die aflos-stok hardloop alhoewel daar meer as een persoon in die span is. Aflos-seks gaan daaroor om op jou maat se plesier te fokus en dan later op jou eie plesier te fokus. Neem julle tyd om mekaar af te los en om mekaar seksueel op te wek, te terg en die hoogtes in te stuur. Hierdie seks gaan baie kommunikasie en gesprek vereis, so moenie stilbly nie. Sê wat in jou kop aangaan – wat jy graag wil hê jou maat moet doen en wat vir jou lekker is.

 

Wanneer julle al twee voel dat julle genoeg beurte gemaak het, kan julle besluit om saam oor die wenstreep kom!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s