Gesonde Seks Huiswerk #40 – Suggestiewie Seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #40 

Suggestiewe-seks

 

Ek is altyd verstom as mense vir my sê: “A-nee-a! Mens praat nie oor seks nie.” Hoekom nie? wil ek altyd weet.  Omdat dit vir party mense taboe is om oor seks te praat, het dit ook ʼn negatiewe effek op die gebeure in die slaapkamer.

 

Dis amper asof mense stilspeletjie of stomstreke speel gedurende seks! Die enigste geluid wat uit hul monde glip, is ʼn gesteun so elke dan en wan en dan natuurlik die tipiese opmerkings soos: “Het jy al gekom?”; “Is jy amper klaar?”; “Het jy die deur gesluit?”

 

Ons het reeds vantevore telefoon- en steun- seks huiswerk gehad, maar vandag neem ons dit een stappie verder. Dit is nie beperk tot liefdeswoordjies wat julle in mekaar se oor fluister gedurende seks nie. Dit is meer as dit. Dit is iets wat julle kan doen om seks uit die slaapkamer te neem en ʼn groter plek in julle huwelik te gee as net die vier hoeke van julle bed.

 

Suggestiewe-seks gaan om deur die loop van die dag met mekaar te gesels en baie suggestiewe woorde te laat val. Hier is ʼn paar voorbeelde! As jy aan ʼn goeie een kan dink, lewer sommer dit as kommentaar aan die einde van die inskrywing.

 

  • Ek is lus om vanaand jou cherry te pop!
  • Jy gee my hoë bloeddruk!
  • Jy’s op  my te doen lysie!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

One thought on “Gesonde Seks Huiswerk #40 – Suggestiewie Seks

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s