Gesonde Seks Huiswerk #41 – Duikboot Seks


Image

Gesonde Seks Huiswerk #41

Duikboot-Seks

 

Die lewe kan soms wreed wees sonder genade. Hoe langer jy getroud is, hoe meer is jou verantwoordelikhede. Partykeer fokus paartjies so om kop bo water te hou, dat hulle vergeet om mekaar te geniet. Liefde is ʼn besluit, maar verliefdheid is ʼn gevoel. Hoe meer stres daar in ʼn verhouding is, hoe minder verlief gaan jy voel.

 

 

Vandag se huiswerk gaan daaroor om bietjie stoom af te blaas. Herinner jouself dat dit nie help om oor die toekoms te stres nie, en dat jou huwelik die moeite werd is om daardie verliefdheid te bewaar. Dit beteken om gereeld nuwe en soms lawwe dinge in die slaapkamer te doen . . . of in hierdie geval, die bad!

 

Duikboot-seks is waar die man die rol van ʼn duikboot inneem en die vrou al die aandag kry en plesier ervaar. Tap ʼn lekker bad en klim al twee in. ʼn Dik skuimlaag sal die erotika aanhelp. Die vrou moet terugleun en haar bene oopsprei sodat die man ‘down periscope’ kan gaan.

 

Met sy kop onder water, gaan soek hy vir skatte op die see-bodem. Die man kan borrels uitblaas wat haar op die regte plekke sal kielie. As jy klaar die skat gevind het, kan jy jou duikboot in haar hawe gaan anker.

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

One thought on “Gesonde Seks Huiswerk #41 – Duikboot Seks

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s