Gesonde Seks Huiswerk #44 – Balletjie balletjie, Bal Bal!

ImageGesonde Seks Huiswerk #44

Balletjie Balletjie,  Bal Bal!

 

Dink n bietjie terug na die atletiek liedjie wat jy op skool gesing het “Balletjie Balletjie”, “Bal Bal”, “Wie se bal”, “Jou bal”.

Met vandag se Gesonde Seks huiswerk gaan daardie liedjie ‘n nuwe betekenis inhou vir jou volwasse verhouding. Die man se skrotum (of balsak in plein Afrikaans) is dikwels ‘n afgeskeepte deel van seksuele spel.

Moontlik het vrouens die wanpersepsie dat dit net ‘n plek van pyn is. Ons almal het al gesien hoe ‘n man inmekaar sak nadat ‘n bal hom op die ‘sweet spot’ getref het. Die pyn word veroorsaak deur die knyp of stamp van duisende senuwees wat daar vergader. Maar die sensitiwiteit kan gebruik word tot jou voordeel!

As deel van orale seks kan die vrou elke teste (bal) afsonderlik in haar mond suig of die velletjie saggies trek. Tydens voorspel kan die vrou met die balle speel deur hul te kielie en te betas.  Selfs gedurende penetrasie, kan die vrou op ‘n manier haar hand daar in kry en die balle lekker vashou. Haar man kan haar laat weet hoe hard en styf sy moet vashou. 

Net soos daar meer as een genotvolle deel is van die vrou se geslagsdele, so is daar meer as een plek (en balletjie) waar ‘n man kan lekker kry. So volgende keer as jou man roep “Balletjie Balletjie” antwoord jy met oorgawe “Bal Bal”

“Wie se bal?”

“Jou bal!”

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

One thought on “Gesonde Seks Huiswerk #44 – Balletjie balletjie, Bal Bal!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s