Onan – Masturbasie is vir jou! (Uittreksels uit my boek)

ImageMasturbasie

“Onan het geweet dat die kinders wat gebore sou word, nie as syne beskou sou word nie, en daarom het hy elke keer as hy met die weduwee van sy broer gemeenskap gehad het, gesorg dat sy saad op die grond kom. Hy wou nie dat daar kinders vir sy broer gebore word nie.” –          Genesis 38 : 9

 

 

Meer oor sy storie

Hierdie is een van die Bybel verse rondom seksualiteit wat dikwels verkeerd geïnterpreteer  word. Baie gebruik hierdie storie van Onan om te bewys dat masturbasie verkeerd, sonde en teen God se beginsels gaan. Hierdie is ’n leuen. Masturbasie is nie verkeerd nie of sonde nie. Soos wat ons in die ‘Wat sê die wetenskaplikes’ afdeling sal sien is dat masturbasie ’n baie gesonde en belangrike rol speel veral in ’n man se lewe. Maar eers meer oor Onan se storie.            

Onan se broer het gesterwe sonder om enige seuns agter te los om sy naam voor te sit. Daarom het Onan se pa vir hom gevra om met sy skoonsuster, Tamar te trou, sodat sy ’n kind kan baar vir sy oorlede broer. Maar Onan was nie lus om dit te doen nie, so het hy toe elke keer wanneer hy seks met haar gehad het, coïtus interruptus[1] gedoen, om seker te wéér hoed dat sy swanger kan raak..

God was ontevrede met Onan gewees, nie omdat hy sy saad op die grond gemors het nie, maar omdat hy nie vir haar kinders wou gee nie.  ’n Kind is vir ’n weduwee soos haar uittree annuïteit is. As ’n vrou nie kinders, spesifiek seuns kon kry nie, moes sy nog by haar vader se huis bly.[2] Want sy as vrou kon nie vir haarself finansieel sorg nie. Sy moes of deur haar pa, man of seuns onderhou word.

So Onan het net met haar seks gehad, sonder om verantwoordelikheid te neem. Hy wou net dit geniet, sonder om daarvoor te betaal. Hy het Tamar gebruik om van sy seksdrang ontslae te raak, maar nooit vir haar gegee wat sy nodig gehad het nie.

Les vir die moderne man

Sommige mense redeneer dat God kwaad vir Onan was omdat hy sy saad gemors het. Dus om te masturbeer, sal God ook kwaad maak, want jy is nie besig met prokreasie ‘seks’ nie. Masturbasie is genot ‘seks’ as ons dit in een van die drie funksies móét sit. As hierdie redenasie reg is, dan moet al die voorbehoed middels ook God kwaad maak en sonde wees, want jy mors jou saad. God wil hê dat ons kinders moet kry, verseker, maar Hy het ook bedoel dat ons ons seksualiteit kan en mag geniet sonder om elke keer met prokreasie ‘seks’ besig te wees.

In die hoofstuk Job – Wellus, leer ons presies wat is seksuele wellus en wat is dit nie. Maar die les vir die moderne man, rondom Onan is dat jy nie hoef skuldig hoef te voel elke keer nadat jy gemasturbeer het nie, want dit is nie sonde of verkeerd nie.[3]

Man tot Man

Masturbasie gaan jou nie blind maak of veroorsaak dat jy hare op jou hande gaan groei nie. Dit moet jou ook nie skuldig laat voel nie. Al wat dit jou moet laat voel is…verlig.

Wat sê die wetenskaplikes

Masturbasie maak baie Christen baie ongemaklik, want die kerk se seks etiek lê klem op die verhouding-seks. Daar is ’n wanpersepsie dat ons seksualiteit aangeskakel word wanneer ons trou en slegs gerig is tot die persoon wie daardie ring aan ons vinger gesit het. Hierdie is nie waar nie. Ons is seksuele wesens nog voordat ons getroud is. Al die seksuoloë wat ek al mee gepraat het en wie se boeke ek al gelees het, sê dat wanneer ’n individu sukkel om orgasme te bereik tydens penetrasie seks, lê die probleem baie maal in die feit dat die individu nie ’n goeie en ontwikkelde seksuele self-beeld het nie. Betty Dobson maak ’n radikale stelling wanneer sy sê dat masturbasie is ons primêre seks lewe. Dit vorm ons seksuele basis. En wanneer ons van uit daardie oogpunt na die Bybel vers Genesis 2:25 gaan kyk sal ons sien dat dit wel sin maak. “Die man en sy vrou was albei kaal, maar hulle was nie skaam nie.”

Dink gou ’n bietjie hoe vinnige sal jy jou klere uittrek en voor jou vrou staan as jy nie eers gemaklik is met jou eie lyf nie. Daar was ’n paartjie (meer as 20 jaar getroud met kinders) wat ek beraad het waar hulle mekaar nog nooit eers kaal gesien het nie. Jy sal sukkel om jou seksualiteit, kaal, 100% vir jou vrou te wys as jy nie eers vir jouself in die spieël kan kyk nie.

Die statistiek sê dat 92% van mans en 62% van vrouens het al ten minste eenmaal in hulle lewe gemasturbeer. [4]  Die miete dat masturbasie is iets slegs vir tieners is ook onwaar bewys deur ’n opname van getroude paartjies. Die opnames het gewys dat 72% van mans en 68% van vrouens tyd maak vir masturbasie al is hulle getroud. [5]

Ek glo in ’n huwelik waar die man en vrou kaal staan voor mekaar. Met ander woorde, dat daar niks in die geheim gebeur nie. Masturbasie of enige ander seksuele aktiwiteit wat in die geheim gedoen word, sal skuld veroorsaak en afbreek doen tot die huwelik. Maar dit is nie die masturbasie se skuld nie, eerder die geheim houding daarvan!

Masturbasie hou voordele vir die enkel man asook vir die getroude man in. Dit gee vir die enkel man ’n veilige uitlating vir sy seksuele drange. En is voordelig vir die getroude man wie se seks-dryf (libido) baie hoër is as sy vrou sin. In plaas dat sy elke keer moet instem om seks met hom te hê wanneer hy daarvoor lus kry, kan sy vir hom permissie gee om homself lekker te maak. Speel rond met wat werk vir julle en wat gemaklik is met albei van julle. Dalk gee sy vir jou ’n foto van haarself, of skets vir jou ’n fantasie wat jy kan gebruik tydens masturbasie. Ander kere kan sy vir jou begin of net ’n lekker vry te gee en jou dan stuur vir ’n lekker warm stort!

In opsomming

  • God was nie kwaad vir Onan omdat hy sy saad gemors het nie, maar omdat hy sy verantwoordelikheid nie nagekom het nie.
  • Ons is seksuele wesens nog voordat ons trou.
  •  Masturbasie ontwikkel ’n goeie seksuele self-kennis wat bydra tot jou algemene seksuele bevrediging.


[1] Coitus interruptus is wanneer ’n man sy penis uit die vrou se vagina uit trek net voordat hy gaan ejakuleer. Hierdie is ’n baie primitiewe manier van voorbehoed middels en is nie 100% effektief nie en jy kan ’n vrou swanger maar deur om coitus interruptus te doen.

[2] Genesis 38:11

[3] Wanneer ek ’n “Christen” seks boek optel, blaai ek dadelik na die hoofstuk oor masturbasie en afhangend wat die boek oor dit sê, sal my oortuig om die res van die boek te lees of nie. En een van die “Christen” seks boeke wat ’n baie goeie en oop siening het oor masturbasie is die boek “Die A tot Z van Seks” deur Elmari Craig en Hennie Stander. Volgens my is dit die beste Afrikaanse “Christen” seks boek beskikbaar. ’n Absolute moet lees.

[4] Die Kinsey seks opname is die mees gerespekteerde data oor seksualiteit deur seksuoloë en ander professionele professies.

[5] “Masters and Johnson on sex and human loving.” Bl.296

8 thoughts on “Onan – Masturbasie is vir jou! (Uittreksels uit my boek)

  1. Dit is absoluut die waarheid, Ek stem 100% saam………Hoe anders moet hulle dan van hul seksdrange ontslae raak…….. Masturbasie is daar om te bly……..Dis die beste ding OOIT………..

      • Want het jy al gesien wat gebeur wanneer jy jou natuurlike seksdrang probeer onderdruk vir geestelike redes? Gaan kyk ‘n bietjie na die Katolieke priesters wat selibaatskap afsweer…

        God het ons seksuele wesens gemaak

      • Ek reply nou op gesondeseks se comment hieronder: ons het baie drange, baie van hulle vleeslik. Wat gaan gebeur as ons vrylik toegee aan hulle almal? Wat maak die seksdrang anders as ander drange? Katolieke priesters probeer flees beheer met flees- maar mens beheer jou vlees deur jou gees. Jou vlees moet onderdanig wees aan jou gees. En alhoewel ek saamstem dat Katolieke priesters se selibaatkskap aanleiding gee tot onnatuurlike verligting van die seksdrang is dit nie die geval met alle priesters nie- wat beteken mens kan dit nie ‘n reel maak nie.

        Dis ook n onkomplete argument. Ons redeneer dan uit ‘n menslike perspektief: omdat niemand dit regkry nie beteken dit seker dit moet reg wees. Maar ons kort ‘n hoer standaard as die menslike een.

  2. Ek dink dit wat hier genoem is, is reg. Ek is ‘n vrou van 30 weens omstandigehede as kind het ek myself begin mastrubeer, en ekt myself gehaat daaroor. Vandat ek gesonde seks begin volg het, voel ek dat dit nie sonde is nie, maar bloot net lekkerte!
    As dit verkeerd sou wees in die Here se oë, hoekom ontdel kinders van 1 en ‘n half jaar tot 3 jaar hul geslags dele? My dogtertjie is 17 maande en syt ontdek daar is iets, moet ek as ma nou met haar raas en baklei? Ek voel as dit dan nie moes wees nie, sou die Here mos ‘n mens se privaat deel so gemaak het dat die saksualiteit daarvan eers op 20 of so ontfek geword het!

  3. My opinie oor dit is, dat ek was getroud en is nou enkel vir baie jare al, ek is ‘n mens en het ook behoeftes, so as ek nie mastrubeer wat moet ek doen? rondslaap, dis teen my beginsels, so ek dink nie dis verkeerd nie, dis eerder verkeerd om rond te slaap.

  4. My beskeie mening oor masturbasie is dat dit die individu op verskeie maniere help deur ontslae te raak van seksuele frustrasies, ens. maar meer so help dit dat jy jou liggaam en sy reaksies leer ken in seksuele verband ook dat dit beslis ‘n bydrae lewer om ‘n goeie “Liefdesmaat” te kan wees vir jou verhoudingsmaat.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s