Gesonde Seks Huiswerk #45 – Boob Seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #45

Boob-seks

 

Ek twyfel soms of ʼn vrou ooit sal verstaan hoe baie ʼn man van borste hou. Dit maak nie saak in watse grote of vorm hulle kom nie, daar is ʼn aantrekkingskrag wat nie verduidelik kan word nie. Dit is soos ʼn bok wat vasgevang is in die soeklig van ʼn jagter! Hy weet hier kom gevaar, maar hy is magteloos teen die aantrekkingskrag. Hy staar homself blind. Hy voel hoe hy nader getrek word deur iets groters as hyself. Hy voel weerloos teen ʼn vrou se borste. Selfs die wyse Salomo kon nie uitgepraat raak oor ʼn vrou se borste nie:

Spreuke 5:19 – Sy is die bokkie wat jy liefhet. Laat haar borste vir jou vreugde gee. Laat haar liefkosing jou die hele tyd oorweldig.

Hooglied 7:7 – Jou lenige lyf is soos ʼn palmboom, jou borste soos druiwetrosse.

 

Daar is veral twee verse in Hooglied wat ek wil uitlig en wat aansluit by vandag se Gesonde Seks Huiswerk naamlik boob-seks!

Hooglied 4:5 – Jou twee borste is soos tweeling-takboklammers wat tussen die lelies wei.

Hooglied 1:13 – My liefling is vir my  ʼn sakkie mirre tussen my borste.

Eerstens wat jy van Hooglied moet weet is dat dit ʼn poëtiese brief is waarin Salomo en sy beminde dubbelsinnige metafore gebruik om vir mekaar liefdes briewe te skryf. Die frases, “borste tussen die lelies,” en “sakkie mirre tussen my borste,” is een so ʼn voorbeeld. Lelies wat tussen die borste wei kan moontlik na die man se erekte penis verwys en ʼn sakkie mirre kan in hierdie gedeelte verwys na die man se skrotum. Boob-seks kan ʼn baie erotiese deel van julle voorspel en naspel maak.

Hoe om boob-seks te hê:

  • Vrou – maak seker jou borste is goed geolie. Die man kan dalk begin deur vir sy vrou ʼn vol-lyf-massering te gee.
  • Man – Jy kan nou jou lelie en sakkie mirre tussen haar twee takboklammer laat wei!
  • Kyk hoe lank julle in die vallei van plesier wil speel. Julle kan self besluit of dit is waar dinge eindig of waar dit begin!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

7 thoughts on “Gesonde Seks Huiswerk #45 – Boob Seks

  1. Borste, vir mans is soos klein hondjies/katjies in ‘n hok by ‘n troeteldier winkel vir klein kinders…
    When we see them we just wanna set them free and play with them… 😉

  2. Weet jy Tim van n man se geboorte af maw as hy nog klein klein is sien hy sy Mamma se borste en hy drink daaraan en dit is vir hom lekker ten minste nege maande tot n jaar van sy jong lewe kry hy n tiettie wat sal dan deur die jare hom so verander het?

  3. Baie dankie vir die wonderlike manier hoe julle mense weer geintereseerd kry om weer moeite te doen vir mekaar in hierdie besige tye.

    Ek en my man geniet dit vreeslik om die huiswerk stukkies te lees en dan ook sommer die bybel nader te trek en daar ook die versies te lees wat julle voorstel.

    Dankie julle.

  4. Ag nee. Ek hou glad nie van die moontlike verklaring wat jy gee vir die 2 metafore nie. En nee, ek is nie eng nie. Ons leraar het in ‘n preek eendag gemeld dat die lelies op die skoonheid kan dui, hoe mooi ‘n vrou se borste is en die sakkie mirre verwys na die heerlike geur van die vrou – soos haar beminde dit ervaar. Sy verklaring is definitief meer van ‘n turn on vir enige een.

    • Dit is verseker n moontlike interpretasie. wat ookal jou aanmoedig om seks met jou maat te geniet. my interpretasie is al nie vir almal nie maar dit is verseker n geldige ene

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s