Gesonde Seks Huiswerk #46 – Grootste Seks-orgaan Seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #46
Grootste Seks-orgaan Seks

Seks is nie noodwendig penetrasie nie; hoe beter jy hierdie twee begrippe van mekaar kan skei, hoe meer ruimte gee jy jou seksualiteit om te floreer. Seks gaan oor meer as net  oor geslagsorgane; seks gaan oor liggaam, siel en gees.

Wat is jou grootste seks-orgaan? Nee, nie dít nie. Maar wel jou vel! Bitter min van ons gebruik ons vel gedurende seks om ekstra sensasie te wek. Vel-seks is ʼn uitstekende manier om na-spel te beoefen aangesien jy nie meer krag het om enige iets anders te doen nie.

Idees vir voorspel:

Vind mekaar se erotiese-zones. Druk die twee prentjies uit wat onderaan die artikel verskyn en probeer so veel as moontlik van jou maat se erotiese-zones ontdek. Moenie dadelik op mekaar se genitalieë fokus nie; die hele idee van hierdie week se huiswerk is om seksuele sensasie op ander liggaamsdele te gaan soek sodat jy seks met jou hele liggaam kan beleef.

Idees vir naspel

Daar is baie dinge wat jy kan doen tydens penetrasie-seks om jou vel te betrek. Een manier is om heeltemal naak onder ʼn swaar, warm wolkombers te lê en vry. Fokus op die gevoel van die kombers teen jou vel.

Idees vir naspel

Na ʼn orgasme is jou liggaam besig om terug te keer na sy normale vlakke. Moenie dan dadelik omdraai en gaan slaap nie, neem ʼn veertjie of jou vingerpunte en streel liggies oor jou maat se naakte lyf. Amper asof jy probeer om jou maat hoendervleis te gee. Hierdie sal die euforiese gevoel wat die orgasme bring net langer laat aanhou.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

 

ImageImage

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s