Gesonde Seks Huiswerk #47 – Brasiliaan-seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #47

Brasiliaan-seks

Brasilië is bekend vir hulle pragtige strande, lewendige karnavalle, passievolle sokkerondersteuners en bruingebrande, sexy lywe. Dit is dan geen wonder dat die verwydering van enige pubiese hare word verwys na ’n Brasiliaanse-waks, omdat alles wat Brasiliaans is gelaai is met ’n sekere seksuele energie wat bitter min ander nasies oor kan roem.

Alhoewel die praktyk om jou pubiese hare te verwyder gewild in Antieke Griekeland, Rome, Egipte, Arabië, Turkey en Persia was lank voordat dit as ’n “Brazilian” bekend geword het. Die oudste bewys van ’n Brasiliaanse-waks was in India meer as 3000B.C

Die verskil tussen die antieke haarverwydering en Brasiliaanse haarverwydering, is die motivering daar agter. In die antieke tyd was dit hoofsaaklik gedoen vir higiëniese en rituele doeleindes. Maar die rede hoekom die Brasiliane dit doen, is om sexy te voel.

Brasiliaan-seks gaan nie net daaroor om jou pubiese hare mooi getrim te hou nie, maar om die inner seks-godin en inner casanova te ontdek. As jy sexy voel, sal jou sekslewe ook baie meer gevul wees met euforiese orgasmes.

Die meeste mense sal nie dink dat mans nodig het om meer seksueel te raak nie, hulle is alreeds oorgretig genoeg. Maar dit is juis die hele probleem. Om waarlik in aanraking te kom met jou inner seksuele mens, gaan jy sterk 1)self- respek en 2) respek vir ander hê.Image

Die hoofrede hoekom vrouens hulleself vir enige ou sal gee en hoekom mans vrouens net wil gebruik, is omdat beide nie tevrede is met hulle eie seksualiteit nie en daarom afhanklik is van ander mense om hulle beter te laat voel.

Wenke hoe om die Brasiliaanse-seksgodin in jou te vind:

  1. Gaan kry vir jou ʼn Brasiliaanse-waks, of Veet jouself, of laat manlief jou skeer met die hulp van babapoeier wat vir sommige beter werk as skeerroom.
  2. Trek sexy onderklere aan.
  3. Trek aan voor die spieël en wees positief oor jou voorkoms.
  4. Glo jou man as hy jou komplimenteer, anders gaan hy ophou mooi goed vir jou sê!
  5. Smeer room oor jou hele lyf.

Wenke hoe om die Casanova binne jou te vind:

  1. “Let it hang loose.” Gaan kommando soms (sonder onderbroek).
  2. Slaap kaal.
  3. Laat jou vrou jou boude waks.
  4. Tel jou vrou op en dra haar bed toe.
  5. Doen ʼn strip-tease vir jou vrou kompleet met die skeur van ʼn ou T-hemp.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

2 thoughts on “Gesonde Seks Huiswerk #47 – Brasiliaan-seks

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s