Gesonde Seks Huiswerk #48 – Waks Seks

ImageGesonde Seks Huiswerk #48

Waks-seks

Elke persoon het sy eie seksuele voorkeure en afkeure. Wat vir die een persoon ’n groot turn-on is, kan vir die volgende persoon ’n groot afsit wees. Hopelik vind jy en jou maat mekaar nie aan die teenoorgestelde pole van julle seksuele kink nie.

Dit is belangrik om jou eie asook jou maat se seksuele ‘persoonlikheid’ as’t ware te leer ken. Sommige hou daarvan om te ontvang waar ander meer daarvan hou om te gee. Vir ander is ’n bietjie pyn lekker waar ander weer nie kan sien hoe dit eroties kan wees nie. Pyn hou ’n ná  verband met seksuele plesier. Dit is natuurlik ’n dun lyn en elke persoon moet sy eie en sy maat se lyn goed ken. Die konneksie tussen pyn en plesier is nie net op ’n biologiese vlak nie, maar ook op sielkundige vlak.

Vandag se Gesonde Seks huiswerk is gemik om vir die persoon wat daarvan hou om meer aan die ontvang kant te wees met ’n titsel genot gekoppel aan ’n bietjie pyn.

Waks-seks is waar die persoon gemasseer word met die gebruik van ’n waks-masseer-kers. As jy nog nooit gehoor het van so iets of jy weet nie waar om een te kry nie, moenie bekommer nie. Daar is een in ons Gesonde Seks Plesier Boksie wat jy op ons webwerf kan koop. www.gesondeseks.co.za

Nadat die kers gebrand het en waks gevorm het, kan jy die warm waks oor jou maat se rug gooi en daarmee masseer. As jy nou nie ’n waks-masseer-kers het nie, kan jy gewone baba olie ’n bietjie warm maak en dit gebruik. Asseblief mense, moenie mekaar blase brand nie. En moenie die warm waks of olie oor jou maat se genitalieë gooi nie.

Miskien het jy nog nooit met jou maat gesels oor hoe baie jy van ’n bietjie pyn hou nie omdat jy te skaam gevoel het oor dit. Jy hoef nie skaam daaroor te voel of om te voel dat jy ’n freak is nie. Die filosofie agter ’n Gesonde Seks huwelik is een waar julle kaal voor mekaar kan staan en nie skaam voel nie. Al beteken dit jy moet bieg dat jy van so bietjie pyn hou.

 ©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s