Gesonde Seks Huiswerk #49 – Verrassing Seks

Gesonde Seks Huiswerk #49

Verrassing-Seks

Een van my gunsteling films is Finding Forester. In die verhaal gee die hoofkarakter liefdesraad vir ʼn jong seun en help hom om die sleutel na ʼn vrou se hart te vind.

Dit is ʼn onverwagte geskenk op ʼn onverwagte tyd.

Hoe langer twee mense saam is, hoe meer gemaklik raak julle met mekaar en loop julle die gevaar om nie meer vir mekaar te veg nie. Vlerksleep is nie net daar om die meisie te kry nie, maar ook om haar te behou!

As daar ooit ʼn film oor jou sekslewe gemaak moes word, sal dit mense aan die slaap maak of hulle witwarm maak?

Verassings is nie iets wat net ʼn vrou se hart laat smelt nie, maar ʼn man sin ook. Verras bietjie jou man vanaand met daai seksposisie wat hy al lankal voor skimp. Verras hom deur die seks-godin binne in jou wakker te maak. Verras hom deur vir ʼn slag die een te wees wat seks inisieer. Verras hom en begeer hom. Verras hom en geniet hom. Verras hom in die slaapkamer of dalk in die voorportaal wanneer hy vanmiddag by die huis kom!

Vandag se huiswerk is eenvoudig. Vind ʼn manier om jou maat te verras en doen dinge ʼn bietjie anders as gewoonlik. Wys vir jou maat en vir jouself dat hierdie verhouding nog die moeite werd is om voor te baklei. Verras mekaar met ʼn nuwe opgewondenheid oor julle huwelik. Verras jou maat en sê vir hom of haar dat jy jammer is. Verras mekaar en bou saam aan ʼn toekoms en vergeet van die verlede. Verras mekaar en gee ʼn onverwagte geskenk op ʼn onverwagse tyd!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s