Gesonde Seks Huiswerk #51 – Motor Seks

Gesonde Seks Huiswerk #51

Motor-Seks

Ons almal het al ’n film gesien waar daar passievolle seks in die agterste sitplek van ’n motor plaasvind. Seker die mees bekendste een is waar die twee hoof karakters van Titanic die agterruit opwasem! In werklikheid is ’n motor seker een van die mees ongemaklikste plekke om seks te hê! Maar seks gaan nie net oor gemak nie. Vra vir enige vrou wat met hoëhakskoene loop. Dit is nie gemaklik nie, maar dit is verby sexy!

Ek voel ek moet ’n waarskuwing hier gee. Moenie nou die kar langs die pad iewers in ’n veld gaan trek en passievolle seks hê nie. Jy mag dalk net jouself as nog ’n slagoffer van ’n kaping bevind. Hoekom gaan julle nie een aand garage toe in plaas van bed toe nie?

En ja, dit mag dalk nie die aand wees wat julle gemaklik of selfs die beste seks gaan hê nie, maar dit is ’n aand wat julle darem gaan onthou. Gesonde Seks gaan nie oor die beste seks die hele tyd nie, dit gaan oor om herinneringe saam op te bou. Hoe meer dinge julle saam beleef en oor kan lag, hoe nouer gaan julle liefdesband wees.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s