Die voordele van masturbasie vir die tiener- seun en dogter!


Niks fout met ‘n bietjie solo-aksie nie!

Deur Timothy Kieswetter

Pasop! As jy te veel masturbeer gaan daar hare op jou hande groei, maar moenie worry nie – jy gaan ook terselfdertyd blind raak, so jy sal nie die hare op jou hande raak sien nie! Jy moet natuurlik ook onthou dat elke keer wat jy masturbeer, God ’n klein katjie doodmaak (ja, dit is inderdaad wat die oumense gesê het) En as dit waar sou wees, is dit dalk die enigste rede hoekom katte nege lewens het – omdat die Here geweet het hulle gaan dit nodig kry!

Daar is allerlei mites en bangmaakstories oor masturbasie want behoede ons voorgeslagte as jongmense net sou dínk aan seks!  Vandag aanvaar almal die statistiek dat 99% van seuns masturbeer terwyl die ander 1% daaroor lieg. Maar steeds durf jy dit nie geniet nie want, meen die doemprofete daarbuite, jy is besig met wellus! Jy sukkel met selfbeheersing! En ‘n meisie wat daaraan dínk om te masturbeer, is sy summier ‘n goedkoop floozy…

Is dit nie absurd nie? Eintlik verklap ons samelewing se vrees en verdoemenis van masturbasie eintlik net hoe ons werklik oor seksualiteit voel. So, vergeet al die waarskuwings en stellings hierbo en relax!

Masturbasie speel ʼn baie belangrike rol in die ontwikkeling van elke tiener-seun en dogter se identiteit. Wil jy eendag  ʼn goeie lover wees? Leer dan om gemaklik met jou eie seksualiteit te wees. Omdat ons geleer is om skuldig te voel oor masturbasie –  iets wat ons eintlik kan help om langer maagde te bly en ons voor te berei vir vervullende seks in die huwelik –  het dit nou iets geword wat verhoed dat ons ons seksualiteit kan geniet.

Kan masturbasie regtig jou virginity help bewaar?

Slegs drie generasies terug het die gemiddelde persoon puberteit ongeveer tussen 18-19 jaar bereik; vandag is dit nader aan die ouderdom van 10 jaar. Waarom die dramatiese verandering? Die kos wat ons eet het bygedra hiertoe. Amper elke anorganiese produk wat ons in ons monde sit bevat groei hormone. Hierdie groei-hormone het ongelukkig ʼn negatiewe effek op die liggaam se ontwikkeling en daarom bereik tieners al hoe vroeër puberteit.

Saam met hierdie vervroegde seksuele-ontwikkeling, trou ons ook baie later as ons oupa- en oumagrootjies. Die gemiddelde ouderdom om te trou, het ook intussen verskuif vanaf 20-25 na 26 – 30  jarige ouderdom. Dit het veroorsaak dat daar  vyftien tot twintig jaar is wat ons verbete ons jillende hormone op hok moet probeer hou! Dat ons selibaat moet bly gedurende ons seksuele piek … geen wonder daar staan vandag so min maagde voor die kansel nie!

So, wat is die oplossing? Jy kan óf begin rondslaap om van daardie seksuele frustrasie ontslae te raak, in welke geval daar waarskynlik ‘n onbeplande swangerskap op jou wag en jy moeilike keuses moet maak, jy ‘n seksueel oordraagbare siekte (of selfs VIGS) kan opdoen en jou jong lewe met ‘n sak vol bagasie moet begin. Of jy kan leer om jouself te bevredig sonder om skuldig daaroor te voel of bang te wees daarvoor. Dit is ‘n veilige uitlaatklep vir die opgeboude testosteroon in jou lyf. En dit kan jou ‘n beter kans gee op ‘n gesonde sekslewe wanneer jy die dag getroud is.

En mag ‘n girl enigsins in daardie rigting dink?

Hoe baie gebeur dit nie, dat ’n meisie met haar heel eerste kêrel op ’n date gaan waar hy ’n bietjie sy luck push. Hy vat aan haar been en sy bly sit, want dit is lekker. Sy hand glip hoër. Of hy begin by die skouer en stelsel matig glip sy hand al hoe laer… Interessant hoe seuns nie altyd oplet in biologie-klas nie, maar oor die vrou se anatomie is hulle kenners!

Teen die einde van die aand is jy in die sewende hemel en smoorverlief. Geen ander ou het jou al ooit so laat voel nie; dis die eerste keer dat jy sulke warm gloede kry en dinge daaronder warm raak! Jy is oortuig daarvan dat hierdie ou die liefde van jou lewe is en jy dink al name vir julle kinders uit. Kort voor lank word jy gekonfronteer met die versoek: “As jy my liefhet, sal jy saam met my slaap.” Dis nie eintlik reg volgens wat jou ouers en die kerk jou geleer het nie, maar jy moet op  ʼn manier jou liefde vir hierdie ou bewys … nee wat, dit is eintlik jou lyf wat praat.

En  ʼn meisie wat gemaklik is met haar liggaam en haar seksualiteit en dit al voorheen op haar eie ontdek het, ken die gevoel van seksuele prikkeling. Sy weet wanneer is dit haar hart wat praat en wanneer is dit haar lyf. Sy weet hoe dit voel as sy haarself aanraak. Daardie gevoel is nie liefde of verliefdheid nie. Dit is eenvoudig jou liggaam wat seksueel reageer as die regte knoppies gedruk word. Jy is ingelig oor die onderwerp en gaan nie sommer val vir die “as jy my liefhet . . . “ storie nie.

Jy geniet jou seksualiteit en jy pas dit op tot eendag wat jy gereed is om dit vir jou huweliksmaat te gee. Saam gaan julle seks geniet en nie net daar lê en dink dis iets wat jy vir jou man moet gee nie. Jou seksualiteit  is nie in enige man se hande nie, maar in jou eie.

Vergeet die porn!

Dit neem die gemiddelde man 3-5 minute om ʼn orgasme tydens seks te bereik waar dit ʼn vrou ongeveer 15-20 minute neem. Ek was nog nooit goed met wiskunde nie, maar hierdie is  ʼn duidelik probleem wat selfs ek kan insien. Die ideaal sal wees vir jou om jouself te leer om ʼn bietjie langer uit te hou sodat jy en jou vrou albei saam ʼn klimaks kan bereik.

Baie seuns maak die fout om te masturbeer terwyl hulle na pornografie kyk. Pornografie is ‘n issue vir ‘n ander dag en ‘n onderwerp wat allerlei probleme kan veroorsaak. Maar in hierdie verband laat dit jou skuldig voel. Jy wil dit so gou moontlik oor en verby kry – met die gevolg dat jy jou liggaam train om al hoe vinniger ‘n klimaks te bereik. Jy fokus nie op die gevoel en sensasie van jou eie lyf nie, maar oorstimuleer jouself en jou uithouvermoë raak al hoe swakker! En waar laat dit jou die dag wel getroud is en goeie seks wil hê?

Vergeet van die kaal (en unreal) lywe op prentjies. Fokus eerder op jou lyf se reaksie en leer jouself só om langer uit te hou en beheer te neem. So kan jy en jou vrou eendag ‘n fantastiese sekslewe he!

Masturbasie gaan daaroor om jou seksualiteit in ʼn veilige omgewing te ontdek, te leer ken en te bemeester. Jy hoef en mag nooit van iemand anders afhanklik te wees om jou eie liggaam te leer beheer nie. Pornografie maak dit moeilik vir ʼn seun om homself te beheer en sy liggaam reg te leer.

En as ʼn meisie dink dat die eerste ou wat haar seksueel prikkel haar trouman is, is die kanse baie goed dat haar hart en haar maagdevlies gebreek gaan word!

So, wees rustig. Smyt die skuldgevoelens by die deur uit en beskou jou seksualiteit as jóúne. Iets wat jy mee mag eksperimenteer in jou eie kamer (solank dit nie inmeng met jou sosiale lewe en skoolwerk nie want dan raak jou plesiertjie ‘n obsessie!). Jy het tien tot vyftien jaar om ‘n meester van jou lyf en jou seksualiteit te word en dan en niks daaraan is vuil of vieslik nie. Jou seksualiteit is deur God aan jou gegee. Dit is ‘n geskenk, so embrace dit en sê dankie – maar pas dit op. As jy nóú jou seksualiteit reg bestuur, kan jy en jou huweliksmaat eendag ‘n gesonde en baie vervullende sekslewe geniet.

Maak seker jy kry ons 1uur praatjies vir tiener seuns en tiener dogters oor gesonde seksualiteit GRATIS saam met my nuutste boek oor Tiener seksualiteit “Die Naakte Feite”. 

https://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel/product/143-die-naakte-feite-2-gratis-mp3-s

 

One thought on “Die voordele van masturbasie vir die tiener- seun en dogter!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s