Die pleit van ‘n stukkende man.

Soms is daar niks om te sê nie. Ek deel hierdie man se brief aan my met julle nie om julle kommentaar te kry nie, maar net om te luister, in te neem en daarop te reflekteer. Soms moet ons die advies aan ander terug hou en net luister na hulle pyn en seer.

Anoniem skryf:
Dis intresant om boeke te lees oor goeie gesonde sex. Soe ennigge man se droom.
maar nerens lees n mens van as jy getroud is e

n jou vrou kraak jou die afgelop 24 jaar so af oor sex dat sex al n vloek woord geword het in die huwelik nie.Sien ek is n gesonde 50 jaar oud. Getroud op 26. Het nooit sex gehad voor die troue. Het my self gespaar om n pad met my vrou te loop. Het n vrou ontmoet wat gese het sy het die selfde beginsels. Sy is n jaar ouer.

die probleem het al met die eerste nag begin. as jong man is jou hormone hoog en om vir die eerste keer saam met n vrou in die bed te klim wat sy se n maagd is is iets om van te droom. Wel.. kom ons gaan slaap sex kan wag vir later.. se sy. Soe.. dit is veronderstel om die groot oomblik te wees.

Die daar op volgende jare is dit n geval van… soek jy alweer sex. en dit na n week of twee.. of jy moet hoor nou kom dan maar maak net gou.. ek is moeg of besig. Of jy hoor na selfs twee jaar van geen sex, jy is gelukkig my vriendinne se mans is nie so gelukkig. Of jy moet hoor sex is onodig.

Brr. Sien sy werk ook. (Haar keuse), Ons het geen kinders. Het wel probeer.

Wel ander vroue raak al mooier. Die begeerte om iemand te liefkoos raak groot. Ouder dom staan nie stil. om oor sex te praat is taboe by haar want dan hoor jy dis al waar aan jy dink.

Net n huweliks belofte en die gevoel van n man se woord is sy eer hou ons bymekaar.

Nou sien ek jou boeke wat jy skryf hoe wonderlik sex moet wees en jy wonder of die presoon weet waarvan hy skryf. Jy se vir jouself, gee hom net kaans, een van die dae praat hy n ander storie.

Nou moet ek erken, ek vertrou vroue nie meer. Vir my eie vrou voel ek niks meer. Ons leef soos broer en suster in een huis. Ek huil in my binneste al vir jare vir die behoete aan liefde.

Nou is die vraag. Wat moet n man doen?? N callgill kry en die moonlikheid wat siektes mis kyk?? Soos Simson en die ander bybel vegure begin leef??

Jip die lewe is nie altyd n storie boek

 

Gebeur dit met jou dat jy so graag goeie en nuwe seks met jou man wil hê, maar jy sukkel om te dink aan kreatiewe seks idees? Wel, moenie langer bekommer nie. Bestel my boek “Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis” om vir die volgende jaar elke week ‘n nuwe vars en kreatiewe Gesonde Seks Huiswerk op jou man uit te oefen.

Om jou boek nou te bestel besoek: http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

5 thoughts on “Die pleit van ‘n stukkende man.

  1. Dis hart verskeurend dat ‘n mens in ‘n huwelik sit so eensaam kan wees.
    Daar is ‘n gesegde wat ene Dr Creflo Dollar gemaak het: If you blame somebody else, you give up the right to change within yourself.
    Graag wil ek jou ‘n voorstel maak deur CUM Boeke toe te gaan en vir jou die 4DVD stel te gaan koop van Mark Gungor “Laughf your way to a better marriage”
    Dié is uit en uit ‘n belegging vir jou huwelik en vertel ek mense daarvan sover ek kan.
    Want die het my perspektief gegee hoekom ‘n vrou sekere dinge doen en hoekom ‘n man sekere dinge doen.
    Onthou net die volgende: As julle nie met mekaar gaan geséls nie sal niks vir julle uitgesorteer word nie. Asook baie belangrik dat julle beide deel in mekaar se behoeftes as mens en as “couple”
    Sterkte en BID BID BID…..!

  2. Ek sit soos die skrywer in dieselfde boot. Die ander komentaar op die storie weerspieel duidelik dat as jy nie self daar is nie dan verstaan jy nie waardeur ‘n man moet worstel as sy vrou hom in die slaapkamer verwerp nie. Jou selfbeeld vat ‘n lelike ‘knock’ want jy gaan soek die fout by jouself. En al die DVD’s en boeke by CUM gaan jou net mooi niks help as jou vrou nie WIL werk aan die ‘probleem’ nie, want sy sien dit nie as ‘n probleem nie, dus is daar maar min raad wat help. Volg maar die bybelse voorbeeld en leef soos ‘n Salomo of Dawid, kan tog nie so verkeerd wees nie of hoe?

  3. Ek as dame sit weer in hierdie boot, ek dink nie net dat dit mans is wat verwerp word in die slaapkamer nie maar ook ons as die Eva geslag. Ongelukkig of gelukkig is ek een van die Evas wat met meer as net warm bloed gebore is maar manlief is weer die ysbeer. Menigte argumente het al ontstaan as gevolg hiervan. Wat ek nie kan verstaan is nie hoekom gebeur dit? Dit is nie dat ek minder aandag aan myself of aan manlief gee nie… Hy het net nie lus nie. Is altyd moeg of die sport op televisie is meer belangrike as bedspel saam met my. Ja nee dit lyk my die gesegde is waar elke huis dra maar sy kruis in die geval elke bed het maar sy ysblokkie..

  4. Anoniem, dit is hartverskeurend om hierdie klas goed te lees. Soos jy sit ek in dieselfde bootjie, behalwe dat ek ‘n vrou van 48 is. Is 23 jaar getroud, en vir die laaste 10 jaar is daar GEE intimiteit tussen my en my man nie, en voor dit het dit ook maar selde gebeur. My man het net besluit (sonder dat ons dit bespreek het) hy stel nie belang in die mees natuurlikste iets ter wereld nie. Ek het vir hom boeke gegee om te lees, een was “wat se God oor seks in die huwelik”, hy het gese dis ‘n klomp twak en nie eers moeite gedoen om die boek te lees nie. Dit het rampspoedige gevolge, my selfbeeld is daarmee heen, ek sukkel met vertrou (het per geleentheid deur die jare gereeld kondome in sy kas gekry) dit het my agterdogtig gemaak. Ons is ook soos broer en suster, slaap elkeen op sy eie bed. Ek het in die begin baklei, gepleit, gevra is daar fout met my, en nou na al die jare is ek moeg, maar die gemis na liefkoos, vashou, kameraadskap, intiem wees bly steeds daar. Die woord se in 1 Kor. 7:5 “Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer by mekaar, sodat die satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.” Dit praat ook van “wee die een deur wie die sonde kom”. Ek het al oorweeg om vir my ‘n “boyfriend” te kry, maar sal dan as ‘n slegte vrou uitgekryt word. In my hart is daar ‘n haat teenoor mans, wat verkeerd is ek weet, maar kan nie help om so te voel nie. Sterkte vir jou!!!

  5. Ek as vrou het ook n liefdelose huwelik ervaar. En n man wat my geweier het maar rondgeloop het. My n koue skouer gegee en afgejak het maar met ander gechat en besoek en en en. Dit maak mens dood en laat n mens twyfel aan jouself.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s