Q & A “Gesonde drank gebruik in huwelik!?”

Hierdie vraag en antwoord verskyn in die Intiem tydskrif Des/Jan uitgawe. www.intiem.co.za

Vraag: 

Ek is hierdie jaar 5 jaar getroud..  ek het my man ontmoet waar hy n gereelde drinker was, hy hou van sy drank.

Ek het nie veel daarin gelees nie want ons is jonk en dis nie abnormal vir n jong man om

Te wil kuier en drink nie,

Maar tyd het aangestap en ek het agter gekom hy drink glad nie minder nie.

Na ons kinders gebore is, het ek baie verantwoordelik begin raak,  My man staan nog steeds daar waar hy gestaan het in die lewe. (ek verstaan nou hoekom mans kan se n vrou verander na sy die huwelik kontrak teken) – inteendeel ons wil verantwoordelik raak en mans wil stil staan in die lewe.

Hy drink elke aand tussen 2 en 5 glase drank (of dit nou bier of brandewyn of OBS is)

Ek het al vir hom gesê hy’t n probleem, maar hy se al wanneer hy n probleem het is wanneer hy

Begin bottles per dag drink en in kroeë rond hang ..

Wel my probleem is,  hoe hanteer ek dit van my kant af,  los ek hom om aan te gaan sal hy dalk in n volledige alcoholic verander en hys nie ‘in my oe” n baie goeie voorbeeld vir ons 2 dogtertjies nie, (nie as hy elke dag drink nie)

Of  hou ek aan moan en verloor dalk so my man, want as ek met hom daaroor praat dan baklei ons

My man word nie gou dronk nie, hy sal ook nie in n kroeg gaan rond le nie, hy kan net dood eenvoudig nie

Net n glasie Coke of sprite drink as hy dors is nie, daar moet altyd drank in wees. En even as niemand drink nie

Sal hy nog steeds drink, al drink die res van die mense tee of koffie, hy sal dood eenvoudig sy bottle uit haal en vir Homself skink, (ek hang dan my kop in skaamte)

Is ek verkeerd?  Is dit normal, en sal hy dit ontgroei as ek hom net los.

Let wel: ek karring glad nie aan hom hieroor nie, ek sal net nou en dan vir hom vra, waar kry hy geld vir n bottle as daar nie geld is vir kos nie, of ek dink hy drink bietjies baie vanaand.

Timothy Kieswetter antwoord:

Liewe anoniem, jy is verseker nie die enigste vrou wat in hierdie situasie haarself bevind nie. Kom ek begin om vir jou te antwoord op jou vraag, sal hy dit vanself ontgroei? Nee, ek dink nie so nie. Niemand van ons gaan somer net vir geen rede uit enige iets groei nie. Daar moet ’n ontwaking plaasvind. En vir sommige van ons vind so ’n ontwaking slegs plaas nadat ons ons koppe lelik gestamp het. Jou ontwaking het gebeur nadat jy kinders gekry het. Vir sommige vrouens voel ma-word soos een groot kopseer. Maar dit forseer jou om te groei en volwasse te raak.

’n Man aan die ander kant bly vir langer ’n ‘kind’ in baie opsigte want eers was dit hulle moeders wat vir hulle gesorg het en nou is dit hulle vroutjies. Hulle kan nog steeds terug sit en doen wat hulle wil.

Maar hier kom die probleem om die hele tyd jou man se drank probleem op te bring. Hy dink nie dit is ’n probleem nie, want volgens hom moet hy eers elke dag bottels uitdrink en in die kroeg eindig, voordat hy ’n probleem het. (Wat vir my sê daar is iemand in sy kinderjare wat vir hom hierdie voorbeeld gestel het) So om elke keer met hom te baklei oor sy drankprobleem en hy is nie in die kroeg nie, gaan hy net jou bekommernis afskryf aan vroulike bitchiness.

So hier is wat jy aan hom moet kommunikeer. Hoekom is sy huidige drank gebruik vir jou ’n probleem?

Tree hy anderste op as hy dronk is? Praat hy sleg met jou? Is hy kortaf met die kinders dan?

Jy moet vir hom wys dat sy huidige drank gebruik al sit hy nie in die kroeg nie, ’n probleem is.

Maar as jy slegs ’n probleem het met die drank omdat dit sosiaal sleg lyk of dat dit nie jou smaak is nie, dan stel ek voor jy ondersoek jou hart vir die eintlike probleem en ware issue. Dalk is dit omdat jy voel jy is die enigste ouer en dat hy jou nie genoeg help nie? Dan het die probleem niks te doen met sy drank gebruik nie, maar dat jy uitgeput en alleen voel. Kommunikeer dit so oor aan hom en los die drank, want dit is dan nie die rede hoekom jy so kwaad voel nie.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

One thought on “Q & A “Gesonde drank gebruik in huwelik!?”

  1. Ek stem saam met Timothy Kieswetter. Ek is uit my eerste huwelik a.g.v. drank. My man het nooit meer saans huistoe gekom voor soms middernag en selfs vroeë oggend ure. Toe trou ek met ‘ngalante man wat ‘n regte charmer is. Ek het geweet hy drink,matig, nooit dronk. Tot paar jaar nadie troue. Nou praat hy lelik metmy, wil my beheer, sal glo “SELF OPHOU DRINK” ha ha h. Emosionele manipuleerder in die ergste graad.
    My raad is, bly by wat jy het en WERK aan jou huwelik. Dis nie maklik nie, maarglo my die gras anderkant die draad is net groener omdat daar meer str.. Bollie is!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s