Baie waar. Genesis 2:25 “Die man en sy vrou het naak voor mekaar gestaan, maar geen skaamte geken nie.”

Om perfekte liefde in n huwelik te hê gaan jy moet leer om twee dinge te doen.
#1 Om jou beskermende hoë mure te laat sak (naak staan) en
#2 Om nie iets te sê of doen wat veroorsaak dat jou maat weer daardie hoë mure oprig nie. (aka nie jou maat skaam, skuld of seer te laat voel nie.)

tamatieland

Donderdag 22 November 2012

Ek het die afgelope tyd gewonder oor die weerloosheid van die mens. Dit is vir my een van die mooiste goed in mense: die weerloosheid en kwesbaarheid; die menslikheid. Om te besef dat ons almal dieselfde behoeftes en onsekerhede het, dat ons almal erens nog ‘n bietjie broos is.

Dit is ook vir my opvallend hoe ons dit probeer wegsteek. Dat dit ‘n slegte ding geraak het om sag te wees; om weerloos te wees. Mure op, wapens gelaai, come backs gereed. Laat niemand sien dat jy seerkry nie, laat tog net nie dat iemand weet jy is nie bullet proof nie.

Al is ons almal eintlik so kwesbaar.

Ek vermoed dat ons slegs waarlik kan liefhê, as ons weerloos is. Die skerms laat sak, iemand inlaat, al weet ons dat ons gaan seerkry. En die deur van ons hart nogsteeds oop te los al kry…

View original post 270 more words

2 thoughts on “

  1. Baie waar. Die mooiste waarheid in ons huwelik is dat my man my kan lief he nes ek is …ek is nie ‘n slanke vrou nie – nr. 18 . Dit laat die mure verdwyn ..My man se dit en bevestig hoe hy my nr. 18 lyf liefhet …en die mure het geen staankans nie ..

  2. Ek dink om weerloos lief te he is baie lekker!! En baie belangrik! Maar jy moet ‘n opregte diep mens wees om dit reg te kry, en dis moeilik! Jy moet jou hele wese oop stel vir iemand anders en die vertroue in daai persoon moet volkome wees!!!

    Nou wonder ek soms, ek was bevoorregt genoeg gewees om die liefde van my lewe te he, maar Onse Vader het hom net vir ‘n baie kort rukkie vir my gegun, en nou rus hy by Hom! Nou hoe nou? Nou smag ek na daai soort liefde en wonder of mens dit weer gaan kry?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s