Is ek normaal om aan seks die hele tyd te dink?

Die stryd tussen gees en vlees is een wat in elke warmbloedige Christenman woed. In my eie lewe was dit vir lank die nommer een doring in my vlees.

Ek kan onthou hoe ek voor die Here geween het en gepleit het om my seksdrang weg te neem. Ek het nie skuldig gevoel omdat ek iets verkeerds gedoen het nie. Ek het net skuldig gevoel dat ek die hele tyd aan seks gedink het. Alles het my daaraan laat dink. Alles en almal was vir my mooi. En ek kon nie sien hoe dit okay was nie. My hart het agter God gesmag, maar my hormone agter seks. Weet jy wat het die Here vir my toe geantwoord op my versoek om my seksdrang weg te neem? So duidelik soos daglig, antwoord die Here my met die woord: “Nee! Ek gaan dit gebruik tot eer van My koninkryk” Dit was vir my die begin om vrede te maak met my hormone, want dit was deur God vir my gegee, nie as ‘n straf nie maar as ‘n seëning.

Dieselfde hormoon wat jou lus maak, maak jou ook baas!

Ons moenie dink dat die man se seksdrang ‘n bose gees met die naam wellus is nie. Jou seksdrang is niks anderste as ‘n hormoon wat in jou brein en bloed leef. Testosteroon! Hierdie is nie iets wat die duiwel vir die man gegee het nie, maar iets wat God vir die man mee toe vertrou het. Studies het gewys dat dit hierdie selfde hormoon is wat verantwoordelik is vir die man se lewenslus en ambisie in die werksplek asook om hom warm maak in die bed. Kyk na al die suksesvolle manne in die wêreld, en jy sal nie lank hoef te soek voordat jy vind dat hulle ook met ‘n hoe seksdrang worstel. (Tiger Woods, Bill Clinton en Donald Trump is goeie voorbeelde waar sukses in die werksplek is gelyk aan sekskapades.) Die man met lae testosteroon gaan nie net sukkel om die corporate ladder te klim nie, maar hy gaan ook sukkel om die mas op te kom in die slaap kamer.

Mans van die Bybel het ook met hulle seksdrang gesukkel

Job was die rykste en mees suksesvolste man in sy land gewees. Maar hy was ook ‘n man wie se hart na God gedraai was. Sy stryd tussen gees en vlees het hom gebring tot ‘n punt waar hy ‘n belofte gemaak het om nie na jong meisie te kyk en hulle te begeer nie. (Job 31)

Koning Dawid was die mees suksesvolste koning wat Israel nog ooit gehad het, en hy het ook gesukkel om sy testosteroon in toom te hou en het Batseba vir te lank vas gehou. (2 Samuel 11)

Dit is nie verkeerd om ‘n hoe seksdrang te hê nie.

God het testosteroon vir jou gegee om jou te help om ‘n sukses in die lewe te maak en ‘n seks volle huwelik te hê. Wat ons kan leer van al die testosteroon gevulde manne van die verlede is dat dit nie verkeerd is om so te voel nie, maar as ons nie leer hoe om dit te beheer nie het dit die potensiaal om ons lewens en die geliefdes rondom ons baie seer te maak.

So volgende keer as jou lus vir seks jou begin pla, dank God dat Hy jou gemaak het met die regte stuff om ‘n sukses te maak. Vra Hom dan ook vir wysheid om dit reg aan te wend.

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? – Ja, maak seker jy lees my boek “Wat Adam my van seks geleer het”. Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

One thought on “Is ek normaal om aan seks die hele tyd te dink?

  1. Stunning…lol…Ek hoop al die mans lees dit en voel soos jy. So wat van warm vrouens is ons ook BAAS?! ;o)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s